Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Diens vir die Diagnosering van Plantsiektes
DESCRIPTION:
Die Plantpatologielaboratorium by Elsenburg bied 'n diens vir die diagnosering van plantsiektes aan die publiek van die Wes-Kaap.

Die spesialisasieterrein is siektes wat groente, kleingraansoorte, peulgewasse en canola aantas.

Die toetse wat die laboratorium uitvoer, is op die identifisering van siektes gemik wat organismes van die volgende tipes tot gevolg het:
  • Swamme
  • Bakterië
  • Virusse
  • Mikoplasmas
INSTRUCTIONS:
Ten einde die toetse uit te voer, word die volgende monsters benodig:
  • Heel plante (waar moontlik)
  • Sade
  • Vrugte (vir na-oes-siektes)

Monsters moet van 'n voorleggingsvorm vergesel word wat op die Elsenburg Webwerf verkry kan word.

Die monsters moet in so 'n toestand ontvang word dat hulle geskik sal wees vir die uitvoer van standaard-plantpatologietoetse.

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou en sy werknemers aanvaar geen verantwoordelikheid vir die resultate van die ondersoeke nie.

Vir verdere inligting, skakel asseblief:

Lizette van Deventer
Tel: 021 808 5269
lizettevd@elsenburg.com
PROVIDED AT:
These facility categories:
PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
Technology, Research and Development (Department of Agriculture, Provincial Government of the Western Cape)
PRICE:
Vanaf 1 April 2006 sal die tariewe soos volg wees:
  • Makro- and mikroskopiese ondersoek: R85
  • Toets vir swamme (konvensioneel): R150
  • Toetse vir bakterieë (konvensioneel): R220

Die tariewe vir saadtoetse wissel na gelang van die organisme waarvoor getoets word. Elke geval word indiwidueel gehanteer.

Tariewe sluit BTW in, en is aan periodieke prysverhogings onderworpe.

Fakture word per pos aan die verantwoordelike persoon gestuur, soos deur die kliënt op die voorleggingsvorm aangedui.
The content on this page was last updated on 6 April 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo