Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Toegang tot Argiewe
DESCRIPTION:
Die Argief-en Rekorddiens van die Wes-kaap gee die publiek toegang tot regeringsdokumente en private versamelings wat 20 jaar of meer oud is. Die argief word gebruik vir akademiese, regerings- en private navorsing. Die argief word die meeste vir genealogiese navorsing gebruik.
INSTRUCTIONS:
Om toegang te kry tot argiefdokumente en dit te lees, moet jy na die Argief-en Rekorddiens van die Wes-kaap gaan te Roelandstraat 72, Kaapstad.

Dokumente kan net by die argief gelees word en die ure is: Maandag tot Vrydag 08:00 - 16:00 en die eerste Saterdag van die maand 09:00 - 12:00. Donderdag 08:00 - 19:00.

Wanneer jy by die argief aankom sal jy 'n toegangskaart moet invul. Vra 'n leeskamerbeampte om jou te help om 'n bron op te spoor. Anders kan argiefmateriaal opgespoor word met die opsoekstelsel of die aanlyninventaris (NAAIRS).

As jy die bron opgespoor het, moet jy 'n rekwisisievorm invul met die besonderhede van die bron en dit aan 'n beampte gee. Die beampte sal die bron vir jou na die leeskamer bring.

Om navorsingsnotas te maak sal jy potlood en papier moet bring - balpunte en vulpenne word nie toegelaat wanneer daar met argiefdokumente gewerk word nie. Jy kan jou skootrekenaar saambring want inproppunte word verskaf.

Fotokopië van uitgesoekte items kan teen 'n tarief gemaak word. Om fotokopië aan te vra sal jy 'n vorm moet invul om aan 'n beampte te gee. Die beampte sal jou inlig wanneer die kopië gereed sal wees om af te haal.

Mikrofilmkopië word ook teen 'n tarief verskaf. Vul 'n vorm in om mikrofilmkopië aan te vra en gee dit aan 'n beampte. Jy sal geskakel word wanneer die mikrofilmnegatief gereed is om afgehaal te word. Jy sal dan die negatief na 'n verskaffer moet neem met 'n mikrofilmleser/drukker.

Die kontakbesonderhede vir die Kaapstadse Argiefbewaarplek is:Die Hoof
Posadres: Argief-en Rekorddiens van die Wes-kaap, Privaatsak X9025, Kaapstad, 8000
Straatadres: Roelandstraat 72, Kaapstad
Tel: 021 466 8100
Faks: 021 465 2960
enquirieswcape@dac.gov.za vir algemene korrespondensie
rmwcape@dac.gov.za vir navrae oor dokumentbestuur

PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
Department of Arts and Culture (The Government of South Africa)
The content on this page was last updated on 26 March 2007
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo