Projekbefondsing vir die Ontwikkeling van Kultuur- en Erfenistoerisme
DESCRIPTION: |
Befondsing is beskikbaar vir kuns- en kultuurprojekte wat deur kultuurorganisasies onderneem word. Projekte behoort gerig te wees op die ontwikkeling van kultuur- en erfenistoerismeprodukte en -infrastruktuur.Twee tipes befondsing is beskikbaar, naamlik jaarlikse toekennings vir voortgaande projekte, en ad hoc-projektoekennings vir eenmalige projekte. |
INSTRUCTIONS: |
Wanneer u aansoek doen om befondsing moet u dit doen as verteenwoordiger van 'n kultuurorganisasie en u projek moet betrekking hê op kuns en kultuur. Die fokus moet egter ook wees toerismeontwikkeling. U sal 'n aansoekvorm moet invul wat beskikbaar is van die sekretaresse van die Hoofdirekteur of aanlyn. Om aansoek te doen om 'n ad hoc-toekenning moet u die aansoekvorm vir ad hoc-projekte (vorm NZA1) invul. Om aansoek te doen om 'n jaarlikse toekenning moet u die vorm getitel 'Besigheidsplan/Jaarlikse Herhalende-uitgawe-toekennings' (Vorm NZA2) invul. Maak seker dat u hou by die belangrike datums van u projek, aangesien geen befondsing agterna goedgekeur sal word nie. Kultuurrade wat ingevolge die Wes-Kaapse Kultuurkommissie en Kultuurradewet, Wet 14 van 1998, geregistreer is, moet vorm WC3 invul. Aansoeke moet gerig word aan: Die Sekretaresse van die Hoofdirekteur Faks: 021 424 0462 tweidema@pgwc.gov.za |
PROVIDED BY:
|
GOVERNMENT BODY:
|
Cultural Affairs (Department of Cultural Affairs & Sport, Provincial Government of the Western Cape) |
The content on this page was last updated on 28 June 2004