Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Belegging in Kultuur: Finansiering vir Kuns- en Kultuurprojekte
DESCRIPTION:
 
       
 
rounded corner
BELANGRIKE INLIGTING
rounded corner
   
       
 
rounded corner
AANSOEKE
rounded corner
   


Spertyd vir aansoeke:
13 Junie 2006

Pos asseblief jou voltooide aansoekvorm aan Me K Mongane, Belegging in Kultuur, Privaatsak X897, Pretoria, 0001.


Die Provinsiale Departement van Kulturele Sake en Sport, deur die Belegging in Kultuurinisiatief, soek aansoeke vir finansiering van kulturele projekte.

BELEGGING IN KULTUUR: AGTERGROND

Die Belegging in Kultuurprogram se oogmerk is die ontwikkeling van kapitaal deur bronne toe te ken om 'n opbrengs op beleggings te verseker wat sal voldoen aan die sleuteloogmerke van die Departement van Kuns en Kultuur en breër imperatiewe van die regering in ooreenstemming met:

  • die Uitgebreide Openbare Werkeprogram (UOWP),
  • die Provinsiale Groei- en Ontwikkelingstrategie (PGOS),
  • die Geïntegreerde Volhoubare Plattelandse Ontwikkelingsprogram (GVPLP,
  • die Stedelike Vernuwingsprogram (SVP) en
  • die Versnelde Gedeelde Groei-inisiatief-Suid-Afrika (ASGI-SA).
Die hoofdoel is om toegang te verskaf tot vaardighede en markte as 'n hulpmiddel vir stedelike herlewing, plattelandse ontwikkeling en werkskepping.
INSTRUCTIONS:
WIE KAN AANSOEK DOEN OM FINANSIERING?
  • Prioriteit sal gegee word aan voorheen-benadeelde gemeenskappe.
  • Projekte moet kuns-, kultuur- en erfenisverwant wees.
  • Daar moet goeie bewyse wees van bevoordeeldes se vernuf-potensiaal of vermoë om te leer.
  • Produkte en dienste van die projek moet van goeie gehalte wees en behoort beide plaaslik en oorsee bemarkbaar te wees.
  • Produkte moet die potensiaal hê om selfonderhoudend te wees.
  • Projekte moet waar van toepassing voldoen aan wetgewing.
  • Projekte moet regverdig handeldryf.
  • Projekte moet geplaas wees in armoedenodusse en provinsiale prioriteitsgebiede.
  • Projekte behoort gemeenskapsgedrewe te wees en besit word deur, of die gemeenskap direk bevoordeel wat betref óf werksgeleenthede, opleiding óf vennootskappe.
  • Projekte wat roumateriaal gebruik behoort seker te maak dat die bronne ekovriendelik is en omgewingsvolhoubare oes- of benuttingspatrone gebruik.
  • Projekte behoort die doel te hê om 'n kleinonderneming of sake-eenheid vir die skepping van werk te stig.
  • Projekte behoort die potensiaal te hê om toerisme te steun en te bevorder.
  • Projekte behoort unieke inheemse produksie te hê.
  • Vroue, die jeug en gestremdes behoort voorkeur te kry.
  • Agente, konsultante of enige ander diensverskaffer kan nie die bevoordeelde wees nie.
  • Projekte moet regeringsprogramme steun in ooreenstemming met die Uitgebreide Openbare Werkeprogram (UOWP), die Versnelde Gedeelde Groei-inisiatief-Suid-Afrika (ASGI-SA), Provinsiale Groei- en Ontwikkelingstrategie (PGOS), Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), Geïntegreerde Volhoubare Plattelandse Ontwikkelingprogram (GVPOP), en die Stedelike Hernuwingsprogram (SHP).

HOE OM AANSOEK TE DOEN

Voltooide aansoeke moet ingedien word by:

Me K Mongane
Belegging in Kultuur
Privaatsak X897, Pretoria, 0001

Die spertyd vir aansoeke is 13 Junie 2006. Geen gefaksde afskrifte sal aanvaar word nie. Alle aansoeke sal gehaltebeoordeling ondergaan deur 'n ewekniehersieningsproses.

KONTAKBESONDERHEDE

Die Belegging in Kultuur het Provinsiale Koördineerders aangestel in elke provinsie om enige vorm van steun en hulp te verskaf. As jy meer inligting nodig het, skakel asseblief:

Nontuthuzelo Nqabeni
Wes-Kaapse Provinsiale Koördineerder vir Belegging in Kultuur
Sel: 082 884 6869
Tel: 012 441 3000.
PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
The content on this page was last updated on 26 May 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo