Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Registrering van Private Versamelings van Fossiele, Argeologiese Artefakte en Meteoriete
DESCRIPTION:
Regtens het eienaars van privaat versamelings van fossiele, artefakte en meteoriete wat ingevolge vorige wetgewing versamel is, tot 1 April 2002 gehad om hul versamelings by die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) te registreer.

Daar is heelwat voordele verbonde aan die skepping van 'n register van hierdie items:

  • Elke versameling het 'n katalogus, wat sorg dat die inligting nie verlore gaan nie.
  • Voorsiening word gemaak vir nalating van die versameling aan familie, vriende of 'n instelling.
  • Kenners wat hierdie versamelings bekragtig, kan die eienaar van raad dien en bystaan.
  • Die versamelings word wettig.
  • Belangrike inligting in hierdie versamelings word deel van die gedeelde nasionale erfenis.

Die registrasieproses raak nie die eienaarskap van die geregistreerde versamelings nie - die versameling bly die eiendom van die eienaar. Hierdie registrering van private versamelings sorg dat inligting daaroor behoue bly vir toekomstige geslagte.Versamelings wat by die SAEHA geregistreer moet word, sluit die volgende in:

  • Alle versamelings van argeologiese artefakte, asook artefakte ouer as 100 jaar, rotstekeninge of rotsgraverings, artefakte wat opgegrawe of versamel is uit persele met 'n militêre geskiedenis ouer as 75 jaar, en artefakte van skepe en ander wrakke ouer as 60 jaar.
  • Alle versamelings van fossiele en ander paleontologiese materiaal (spoorfossiele soos voetspore uit die oertyd ingesluit).
  • Alle versamelings meteoriete.
INSTRUCTIONS:
Nadere besonderhede en registrasievorms is beskikbaar by Mary Leslie (mleslie@sahra.org.za) by die SAEHA- hoofkantoor of u kan met u streekkantoor in verbinding tree.Wes-Kaapse Provinsiale Kantoor van die SAEHA:
Harringtonstraat 111, Kaapstad, 8001
Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap, Posbus 2771, Kaapstad, 8000
Tel: 021 465 3622
Faks: 021 461 0738
bcrouts@sahra.org.za
PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
SA Heritage Resources Agency
The content on this page was last updated on 23 February 2004
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo