Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteke
DESCRIPTION:
Hierdie diens word gelewer deur munisipaliteite in samewerking met die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens. Biblioteke is hulpbronsentrums vir volwassenes en kinders. Die publiek kan toegang verkry tot boeke, oudioboeke, musiek-CD's, video's, CD-ROM's, koerante en tydskrifte by hul plaaslike biblioteke, of hierdie items uitleen.

Biblioteke vorm deel van 'n gemeenskapsdiens wat lees aanmoedig, geletterdheid bevorder, videovertonings aanbied, byeenkomste hou, vakansieprogramme aanbied vir leerders en storietye vir kleuters. Hoekies vir Klein Besighede by sommige biblioteke bied aan entrepreneurs besigheidadvies deur middel van literatuur.

Om biblioteekmateriaal te kan leen, terugbring of hernu is 'n biblioteekkaart nodig. Biblioteeklede kan items ook op lening aanvra van ander biblioteke. Biblioteke lewer ook fotokopieerdienste aan die publiek, en sommige bied gratis internettoegang aan.

Tydelike lidmaatskap is beskikbaar vir leners wat biblioteke buite hul munisipale gebied gebruik.
INSTRUCTIONS:
'n Biblioteeklidmaatskapkaart word uitgereik by registrasie by u plaaslike biblioteek. U moet u ID- boekie saambring en 'n vorm invul om aansoek te doen om 'n biblioteekkaart. U behoort u nuwe lidmaatskapkaart binne twee weke per pos te ontvang.
PROVIDED AT:
These facility categories:
PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
Library and Archival Services (Department of Cultural Affairs & Sport, Provincial Government of the Western Cape)
PRICE:
Biblioteeklidmaatskap is gratis.
The content on this page was last updated on 29 July 2004
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo