Steun vir AgriSake
DESCRIPTION: |
Die Department van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme kan boere verwys na 'n wye reeks inligting-, steun- en opleidingsprogramme. Daar word tans baie gekonsentreer op die ontwikkeling en bemarking van organiese produkte weens 'n toenemende plaaslike en internasionale vraag na organiese produkte, die voordele wat dié tipe boerderymetodes inhou vir biodiversiteit en volhoubaarheid, en die feit dat organiese boerdery maklik inskakel by kleinskaalboerdery. Opleiding, sake- en bemarkingsteun is vir organiese boere beskikbaar deur die agrisakesteunprogram. Die ontwikkeling van boere wat organiese produsente kan word, word gesteun deur die Landbounavorsingsraad, 'n statutêre liggaam met 'n nasionale mandaat, en Elsenburg. |
INSTRUCTIONS: |
Skakel vir meer inligting: Khalid Khan 7de Verdieping, Waldorfgebou, St George-wandellaan, Kaapstad Tel: 021 483 8767 Faks: 021 483 3018 Kkhan@pgwc.gov.za |
PROVIDED BY:
|
GOVERNMENT BODY:
|
Economic Sector Development (Department of Economic Development and Tourism, Provincial Government of the Western Cape) |
The content on this page was last updated on 31 October 2005