Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Inligting oor Nywerheidsektore
DESCRIPTION:
U kan inligting oor provinsiale en nasionale besigheids- en nywerheidsektore deur ń verskeidenheid staatsdepartemente en openbare entiteite verkry.

Wesgro het gedetailleerde agtergrondstudies oor talle sektore in die Wes-Kaap onderneem en het ook maklik leesbare feiteblaaie gebaseer op hierdie verslae opgestel.

Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika se sektorale strategiese sake-eenhede verskaf ook inligting oor en hulp aan die volgende sektore:

  • agro-nywerhede
  • chemikalieë
  • bemagtiging
  • entrepreneursmynbou en juwele
  • internasionale finansies
  • metale, vervoer en masjinerie
  • die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
  • tegno-nywerhede
  • tekstiele, klere, leer en skoene
  • toerisme
  • groothandelfinansies
  • hout, papier en ander
  • media en rolprente.

Handel en Belegging Suid-Afrika verskaf inligting oor die agro-verwerkingsektor, die motornywerheid, die inligting- en kommunikasietegnologiesektor en die tekstiel- en kleresektor.

As deel van sy besigheidsteundienste verskaf die Sakeverwysings- en Inligtingsnetwerk (BRAIN) inligting oor ń groot getal sektore.
INSTRUCTIONS:
Kontak die Direktoraat van Nywerheidsontwikkeling oor nadere inligting.

Ontwerpsektor
Shuray Bux
Tel: (021) 483 4603
Faks: (021) 483 4616
sbux@pgwc.gov.za

Landbousake- en Metaalsektor
Khalid Khan
Tel: (021) 483 3381
Faks: (021) 483 4616
kkhan@pgwc.gov.za

Hoëtegnologie-sektore
Nigel Gwynne-Evans
Tel: (021) 483 3859
Faks: (021) 483 4616
ngwynne@pgwc.gov.za
PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
Department of Trade and Industry (The Government of South Africa)
The content on this page was last updated on 5 September 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo