Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Steun vir Opkomende Uitvoerders - Uitvoerontwikkelingsprogram
DESCRIPTION:
Ondernemings wat wil leer hoe om produkte uit te voer na internasionale markte, of hulle prestasie te verbeter, kan inligting en opleidingsgeleenthede by die volgende organisasies kry:
Wesgro

Wesgro het 'n Uitvoerderontwikkelingsprogram wat uitvoerkursusse bied vir uitgesoekte klein ondernemings in die Wes-Kaap om hulle vermoë te verbeter om internasionaal mee te ding. Drie vlakke van opleiding word aangebied:

  • Vlak 1 Uitvoerbewustheidkursus: Dié tweedag kursus dek uitvoerbestuur, bemarkingsplanontwikkeling, finansiële bestuur en uitvoerlogistiek.
  • Vlak 2 Uitvoeroriëntasiekursus: Dié kursus, vir mense wat reeds Vlak 1 voltooi het, dek die voordele van uitvoer, die uitken van uitvoerrisiko's, beplanning vir uitvoer, bemarkingsaspekte en elemente van uitvoerlogistiek. Dit word deeltyds aangebied met een volle dagsessie elke 10 dae, altesaam agt dae oor drie maande.
  • Vlak 3 Gespesialiseerde Eendagkursusse: Dit is vir ervare uitvoerders wat meer gespesialiseerde opleiding nodig het. Onderwerpe wat gedek word is onder meer Incoterms 2000 en uitvoerkostebepaling, metodes van betaling in internasionale handel, uitvoerdokumentasie en die rol van buitelandse valuta in internasionale handel.

Wesgro bied ook 'n reeks van eenmalige seminare en slypskole gesubsidieerde mentorskap aan, veral vir maatskappye wat ingeskryf het vir die Vlak 2-kursus. Mentorskap loop parallel met die opleidingsprogramme, met mentors wat toegewys word aan maatskappye na 'n uitvoergereedheidstoets.

Besoek vir meer besonderhede Wesgro se webwerf.

Kaapse Streekskamer van Handel en Nywerheid
Die Kamer van Koophandel bied af en toe slypskole aan oor onderwerpe wat insluit:
  • Uitvoerdokumentasie
  • Incoterms & Kostebepaling
  • Betaalmetodes
  • Internasionale bemarking
INSTRUCTIONS:
Skakel vir meer inligting oor datums en koste: Edith Jacobs
Tel: 021 402 4300
edith@capechamber.co.za
PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
Economic Sector Development (Department of Economic Development and Tourism, Provincial Government of the Western Cape)
PRICE:
Die enigste koste is die registrasiegeld van R400. Daar word egter van ń kursusganger verwag om ń deposito van R1 000 te betaal wat terugbetaalbaar is na voltooiing van die kursus.
The content on this page was last updated on 31 October 2005
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo