Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Besigheidslisensies
DESCRIPTION:
Benewens die registrasie van besighede word ingevolge die Wet op Besighede van sekere besighede vereis om besigheidslisensies te kry.'n Besigheidslisensie word gewoonlik vereis vir sakeondernemings wat aan gesondheid- en veiligheidregulasies moet voldoen. Lisensies word vereis vir ondernemings wat met die volgende te make het:
  • voorbereiding of verkoop van voedsel wat kan bederf of sleg word
  • gesondheid- of ontspanningaktiwiteite (ondernemings wat sauna's, massering, snoeker, biljart, muntdobbelmasjiene, nagklubs en bioskope aanbied).
INSTRUCTIONS:
Jou plaaslike munisipaliteit hanteer besigheidslisensies en jy kan hulle skakel vir besonderhede oor lisensiėringsprosedures en die verskillende gesondheid- en veiligheidregulasies wat vir verskillende tipes ondernemings vereis word.

Na gelang van die tipe besigheid kan daar van jou verwag word om aan die volgende vereistes te voldoen:

  • soneringvereistes
  • gesondheidvereistes
  • veiligheidvereistes (veral brand).
As jy aan al die vereistes voldoen, sal 'n lisensie aan jou uitgereik word. Indien nie, kan jy om 'n grasietydperk van 14 dae aansoek doen waartydens jy veranderinge aan jou perseel kan aanbring om aan die vereistes te voldoen.
PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
The content on this page was last updated on 26 March 2004
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo