DESCRIPTION: |
As jy 'n getuie is en vrees vir jou veiligheid weens redes wat verband hou met jou getuienis, kan jy aansoek doen om getuiebeskerming. Jy kan vrese hê oor jou veiligheid of dié van iemand wat verwant is aan jou. Jy kan bang wees vir een persoon of vir 'n groep mense. Enigeen wat 'n lid is van jou huishouding of familie, of wat op enige manier na aan jou is, kan aansoek doen om beskerming vir jou as jy dit nie kan doen nie. Jy kan aansoek doen vir 'n kind sonder die kind se voog (ouer of ander persoon wat verantwoordelik is vir die kind) se toestemming as:
Jy is 'n getuie as jy op die oomblik getuienis aflê (in 'n hof getuig of 'n beëdigde verklaring aflê) of as jy dalk in die toekoms getuienis kan aflê, of as jy in die verlede getuig het. Dié getuienis kan wees in 'n ernstige strafsaak, 'n ondersoek, 'n kommissie of 'n tribunaal, 'n ondersoek deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat of 'n batebeslagleggingsaak. Jy of enigiemand ander wat bedreig word sal so gou as moontlik uit die gevaarlike situasie verwyder word. Jy sal in 'n tydelike getuiebeskermingsprogram geplaas word, waarna jou aansoek vir permanente beskerming oorweeg sal word. As jou aansoek goedgekeur word sal jy in permanente getuiebeskerming geplaas word. |
INSTRUCTIONS: |
Jy moet 'n getuie wees, of aansoek doen namens iemand wat 'n getuie is, om vir getuiebeskerming te vra. Jy moet jou vrese aanmeld, die rede vir jou vrese gee en sê dat jy aansoek wil doen om getuiebeskerming by enige van die volgende mense, wat jou sal help om aansoek te doen:
Die persoon by wie jy aangeklop het sal reël dat jy so gou doenlik verskuif word as jy in onmiddellike gevaar is. Jy sal 'n aansoekvorm moet invul nadat jy uit die gevaarlike situasie verwyder is. Die Direkteur van die Getuiebeskermingseenheid sal binne 48 uur ingelig word dat jy verwyder is na 'n tydelike plek van veiligheid. Jy sal nie langer as twee weke in tydelike beskerming gehou word nie. In dié tyd sal 'n getuiebeskermingsamptenaar jou aansoek ondersoek, waaronder risikobeoordeling en 'n beoordeling van jou deur 'n sielkundige. Die amptenaar sal verslag doen aan die Direkteur, wat dan sal besluit of die tydelike beskerming verleng moet word, jy in permanente beskerming geplaas moet word, of die aansoek sal afkeur. Die Direkteur kan die aansoek afkeur as hulle dink dat daar ander maniere is waarop jy beter beskerm kan word as deur jou in die permanente beskermingsprogram op te neem. As die Direkteur besluit dat permanente beskerming die beste is, sal jy 'n beskermingsooreenkoms moet onderteken. Met dié ooreenkoms stem jy in om die reëls van die beskermingsprogram te gehoorsaam, wat oor die algemeen behels dat jy nie inligting oor die program mag bekend maak nie, sowel as enige besondere voorwaardes wat in jou geval van toepassing mag wees. Jy sal nie in permanente beskerming geplaas word as jy nie die ooreenkoms onderteken nie. Die ooreenkoms is opgestel om jou eie veiligheid te verseker, sowel as die veiligheid van die getuiebeskermingsamptenare en almal wat te doen het met die program. Al die getuies wat gehou het by die reëls van hulle beskerming het veilig gebly. Permanente beskerming beteken nie dat jy vir die res van jou lewe in die beskermingsprogram sal wees nie. Permanente beskerming duur net so lank as wat die bedreiging teen jou duur, plus 'n uitfaseringsprogram van ses weke, gevolg deur ontslag. Ontslag kan beteken dat 'n nuwe identiteit vir jou geskep word en jy hervestig word. Permanente beskerming, wat duur totdat jy ontslaan word, behels onder meer die volgende:
Jy kan uit die beskermingsprogram verwyder word as bevind word dat jy enige van die reëls verbreek het, of as vasgestel word dat jy die program op enige manier misbruik. Die program verdra nie 'inligtingsmokkelaars' nie, mense wat voorgee dat hulle getuies is sodat hulle in die program opgeneem kan word. Die Getuiebeskermingseenheid verskaf ook nou 'nasorg' om jou te help aanpas nadat jy uit permanente beskerming gekom het (dit is, wanneer jy ontslaan word). In die uitfaseringstydperk sal ander risikobeoordelings gedoen word. Ontslag uit permanente beskerming sal waarskynlik beteken dat jy jou identiteit moet verander. Jy sal gehelp word om weer by die samelewing in te skakel. Jy sal dalk ook permanent moet verskuif weg van waar jy gewoonlik gebly het. As 'n voorbeeld van hoe dit gedoen kan word, as jy 'n HOP-huis in een gebied besit, kan dit geruil word vir 'n HOP-huis in 'n ander gebied. Alles wat gedoen word met getuiebeskerming word gedoen kragtens die Wet op Getuiebeskerming, Wet 112 van 1998. Daar is nege streekskantore van die Getuiebeskermingseenheid, een in elk van die provinsies. Waar hulle presies geleë is word egter nie bekend gemaak nie. As jy enige navrae het wat jy aan die Getuiebeskermingseenheid self wil rig, moet jy in verbinding tree met die Hoofkantoor van die Getuiebeskermingseenheid, wat in Pretoria is en deel vorm van die Nasionale Direktoraat van Openbare Vervolgings, die vervolgingsgesag van Suid-Afrika. GetuiebeskermingseenheidNasionale Vervolgingsgesag Tel: 012 845 6000 |
|
GOVERNMENT BODY:
|
South African Police Service |