DESCRIPTION: |
Indien u nie 'n prokureur kan bekostig nie, kan u regshulp ontvang (finansiële bystand vir die betaling van prokureurskoste). U sal 'n 'middeletoets' moet slaag, wat beteken dat u moet toon dat u minder as 'n bedrag wat deur die Regshulpraad vasgestel word, verdien. Die omvang van hierdie bedrag hang daarvan af of u enkellopend of getroud is, en verander van tyd tot tyd. U moet ook toon dat u nie ander 'likiede bates' het, soos geld in 'n spaarrekening, wat gebruik kan word om u regskoste te betaal nie. U kan regshulp slegs vir sekere tipe sake ontvang. In die volgende gevalle is regshulp NIE beskikbaar nie:
U kan regshulp ontvang vir 'n egskeidingsaak, maar NIE indien:
U kan regshulp ontvang vir 'n arbeidsaak:
|
INSTRUCTIONS: |
Gaan na 'n Regshulpraad-takkantoor of, indien daar nie een in u omgewing is nie, na die naaste landdroshof om navraag te doen oor regshulp. Elke landdroshof beskik oor 'n regshulpbeampte wat u sal help met regshulpnavrae. Die regshulpbeampte sal vasstel of u aan die middeletoets voldoen en of u saak binne die bestek van die riglyne wat deur die Regshulpraad gestel word, val. Indien u kwalifiseer, sal 'n prokureur 'n "regshulpopdrag" ontvang om u saak te behartig. 'n Prokureur het die reg om 'n regshulpopdrag te weier, maar dit gebeur gewoonlik nie. Indien die persoon wel weier, kan die regshulpopdrag aan 'n ander prokureur gegee word. Neem asseblief kennis dat die Regshulpraad nie 'n gratis regsadviesdiens is nie. Dit verskaf finansiële ondersteuning vir regsake aan armes wat nie regskoste self kan dra nie. U kan egter regsadvies en hulp ontvang van regsklinieke aan universiteite, en dikwels ontvang hierdie klinieke ook regshulpopdragte van die Regshulpraad. Op Stellenbosch is die twee organisasies in dieselfde gebou. Regshulpraadkantore (ook Regsentrums genoem) Athlonetak: Kaapstadtak: Stellenboschtak: Worcestertak: Regshulpraad-hoofkantoor Universiteitsregshulpklinieke: Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) Regshulpkliniek Universiteit van Kaapstad (UK) Regshulpkliniek Banghoekweg 44, Stellenbosch Oor US se Regshulpkliniek E-pos: ck@sun.ac.za Tel: 021 808 3432 / 3925 Fax: 808 3720 |
PROVIDED AT: |
These facility categories: |
|
GOVERNMENT BODY:
|
Legal Aid Board |