Hoe om jou Gemeenskapspolisieforum te kontak
DESCRIPTION: |
'n Gemeenskapspolisieforum (GPF) bestaan uit organisasies en instellings soos skole, belastingbetalersverenigings, burgerlike organisasies, besighede en godsdienstige instellings wat in vennootskap met die plaaslike polisie werk. 'n GPF se oogmerk is om 'n veilige omgewing te skep en in stand te hou vir burgers wat in die GPF se gebied woon. Die GPF ontwikkel elke jaar planne vir gemeenskapsveiligheid wat prioriteite en behoeftes vir die betrokke gebied identifiseer. Hierdie prioriteite en behoeftes word in samewerking met die GPF deur die gemeenskap bepaal en vorm deel van die plaaslike polisiestasie se operasionele plan. 'n GPF kan ook sy eie veiligheidsprojekte beplan en implementeer en kan by die provinsiale regering aansoek doen om die befondsing van hierdie projekte. Stasiebevelvoerders van plaaslike polisiestasies is daarvoor verantwoordelik om GPF's in hul gebiede te vestig. Feitlik elke polisiegebied in die Wes-Kaap het 'n GPF. Elke GPF het sy eie grondwet (gebaseer op 'n eenvormige grondwet) en doelwitte, en kan ook subforums met spesifieke doelwitte hê. 'n Uitvoerende Komitee van die GPF moet gereeld verkies word. Die Stasiebevelvoerder moet altyd 'n lid van die Uitvoerende Komitee wees, maar nóg die voorsitter nóg die ondervoorsitter mag 'n lid van die polisie wees. |
INSTRUCTIONS: |
Jy kan jou GPF kontak deur met jou plaaslike polisiestasie in verbinding te tree. Jy kan vasstel of jou polisiestasie 'n GPF het deur hierdie lys deur te gaan. |
PROVIDED AT: |
These facility categories: |
PROVIDED BY:
|
GOVERNMENT BODY:
|
Department of Community Safety (Provincial Government of the Western Cape) |
The content on this page was last updated on 28 March 2004