DESCRIPTION: |
'n Buurtwag is 'n groep inwoners van 'n woonbuurt wat ooreenkom om 'n buurtwag te vorm nadat hulle die gedagte met mense wat in hul omgewing woon, bespreek het. Die oogmerk van 'n buurtwag is om 'n goeie verhouding onder inwoners te bevorder en om te dien as 'n 'waghond' vir daardie gemeenskap, soms deur patrollering, en soms bloot deur bedag te wees op kriminele aktiwiteit, en die polisie in kennis te stel wanneer dit voorkom. Die polisie sal probeer om polisiereserviste toe te wys om toesig te hou oor patrollies wanneer buurtwagte ook al patrolleer. Party buurtwaglede kan polisiereserviste word. Elke buurtwag het 'n gebied met duidelike grense binne 'n polisiegebied. Indien polisiegebiede baie groot is, kan daar meer as een buurtwag in 'n gebied wees wat deur een polisiestasie gedek word. Julle buurtwag behoort geregistreer te word by die plaaslike polisie en Gemeenskapspolisieforum (GPF) in julle polisiegebied. Om te registreer, moet julle 'n grondwet en gedragskode aanvaar in lyn met die Provinsiale Grondwet en Gedragskode vir Buurtwagstrukture. Vroeg in 2003 was daar 277 geregistreerde buurtwagte in die Wes-Kaap. Wanneer julle buurtwag geregistreer is, kan julle aansoek doen om finansiële en organisatoriese ondersteuning, asook toerusting en opleiding, by die Wes-Kaap se Departement van Gemeenskapsveiligheid. Meer as 150 buurtwagte in die Wes-Kaap het reeds toerusting en opleiding van die Departement ontvang. Die Departement verskaf opleiding oor die volgende onderwerpe:
|
INSTRUCTIONS: |
HOE OM JOU BUURTWAG TE KONTAK Om jou buurtwag te kontak, gaan hierdie lys deur. Die kontakpersoon vir elke geregistreerde buurtwag word gelys. Onthou, daar kan meer as een buurtwag in jou polisiegebied wees. Anders kan jy jou naaste polisiestasie of Gemeenskapspolisieforum kontak.HOE OM 'N BUURTWAG TE REGISTREER Om julle buurtwag te registreer, moet julle by die plaaslike polisie en plaaslike GPF, en ook by die Departement van Gemeenskapsveiligheid registreer. Julle behoort heel laaste by die Departement te registreer, omdat dit een van hul vereistes is dat julle moet kan toon dat julle eers plaaslik geregistreer het. Die plaaslike polisie en plaaslike GPF sal die volgende inligting omtrent julle buurtwag vra wanneer julle dit by hulle registreer:
Die Departement van Gemeenskapsveiligheid sal vereis dat julle 'n vorm moet indien. Op die vorm moet julle sê dat julle by julle plaaslike polisiestasie en GPF geregistreer het en dat julle 'n grondwet en gedragskode het wat in lyn is met die Provinsiale Grondwet en Gedragskode vir Buurtwagstrukture. Indien julle enige navrae het oor die registrasie van julle buurtwag, kontak: Julle kan ook by hom aansoek doen om toerusting. OPLEIDING VAN BUURTWAGLEDE Om aansoek te doen om opleiding vir julle buurtwag, kontak:Isak Kamaar Direktoraat Sosiale Misdaadvoorkoming, Departement van Gemeenskapsveiligheid Tel: 021 483 3954 Faks: 021 483 3485 Selfoon: 083 686 1727 ikamaar@pgwc.gov.za |
PROVIDED AT: |
These facility categories: |
|
GOVERNMENT BODY:
|
Department of Community Safety (Provincial Government of the Western Cape) |