DESCRIPTION: |
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) mag 'n vuurwapen in die volgende omstandighede afneem:
|
INSTRUCTIONS: |
ONWETTIGE BESIT VAN VUURWAPENS Enigiemand wat 'n vuurwapen sonder 'n lisensie het, pleeg 'n oortreding. Indien jy daardie oortreding by die SAPD aanmeld, kan hulle die vuurwapen sonder 'n lasbrief soek en daarop beslag lê. Lê 'n verklaring aan die SAPD by 'n polisiestasie af wat meld dat jy iemand ken wat 'n vuurwapen sonder 'n lisensie het. Vra die SAPD om 'n dossier oop te maak en die saak te ondersoek. Die SAPD sal die vuurwapen afneem en 'n kriminele saak sal volg. EIENAARS VAN GELISENSIEERDE VUURWAPENS As jy dink dat 'n eienaar van 'n gelisensieerde vuurwapen gevaarlik en ongeskik is om 'n vuurwapen te besit, lê 'n verklaring daaroor by die polisiestasie af. Vra die aangewese vuurwapenbeampte (AVB) om 'n 'Artikel 11-verhoor' te hou om die persoon ongeskik te verklaar om 'n vuurwapen te besit. Die SAPD kan so 'n verhoor hou indien die eienaar van die vuurwapen:
Die SAPD sal 'n skriftelike kennisgewing by die persoon aflewer om hom of haar in kennis te stel om die verhoor by te woon. Die SAPD kan terselfdertyd 'n lasbrief vir die vind van en beslaglegging op die vuurwapen uitreik. Die verhoor word gewoonlik deur 'n superintendent van die SAPD of iemand met 'n hoër rang gehou. 'n Prokureur kan die persoon by die verhoor verteenwoordig, hy of sy kan getuies roep (ook die persoon wat die verklaring teen hom of haar gemaak het) en hulle onder kruisverhoor neem. Indien gevind word dat die persoon ongeskik is om 'n vuurwapen te besit, moet alle vuurwapens en lisensies aan die SAPD oorhandig word. 'n Verklaring van ongeskiktheid is gewoonlik vir 'n tydperk van minstens twee jaar geldig. Die Wes-Kaapse SAPD hou meer suksesvolle Artikel 11-verhore as enige ander provinsie in Suid-Afrika. Ingevolge die Wet op Wapens en Ammunisie van 1969 is 'n persoon wat aan die volgende oortredings skuldig bevind word, outomaties ongeskik om 'n vuurwapen te besit:
Enigiemand wat skuldig bevind is aan enige van bogenoemde oortredings moet sy of haar vuurwapen aan die SAPD oorhandig. As jy iemand ken wat 'n vuurwapen het en aan 'n vuurwapenverwante oortreding skuldig is, lê 'n verklaring daaroor by 'n polisiestasie af. Vra die AVB om seker te maak dat die persoon die vuurwapen oorhandig. PERSONE WAT AAN ANDER OORTREDINGS SKULDIG BEVIND IS Howe het die diskresie om iemand ongeskik te verklaar om 'n vuurwapen te besit indien so 'n persoon skuldig bevind word aan sekere oortredings, veral as geweld daarby betrokke is. Indien u 'n slagoffer van 'n oortreding was waarin geweld betrokke was, is dit die moeite werd om die hof te vra vir 'n verklaring van ongeskiktheid. Die aanklaer moet dit doen nadat die persoon skuldig bevind is, en terwyl daar op die straf besluit word. Mense wat aan die volgende misdade skuldig bevind word, kan ongeskik verklaar word om 'n vuurwapen te besit: hoogverraad; opstoking; terrorisme; subversie; sabotasie; openbare geweld; intimidasie; moord; kwaadwillige beskadiging van eiendom; verkragting; aanranding; diefstal; wilddiefstal; inbraak of betreding van enige perseel, hetsy onder die gemenereg of ingevolge 'n statutêre bepaling, met die bedoeling om 'n oortreding te begaan; ontvoering; kinderdiefstal; strafbare manslag; of enige sameswering, aanhitsing of poging om enige oortreding hierbo genoem te pleeg. |
|
GOVERNMENT BODY:
|
South African Police Service |