Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Musiekopleiding
DESCRIPTION:
Leerders kan gespesialiseerde musiekopleiding kry by die WKOD se musiekopleidingsentrums:
  • Die Beau Soleil-musieksentrum
  • Die Hugo Lambrechts-musieksentrum
  • Die Frank Pietersen-musieksentrum.

DIE BEAU SOLEIL-MUSIEKSENTRUM

Die sentrum het omtrent 500 leerders en spesialiseer in opleiding op die viool, viola, tjello, kontrabas, fluit, hobo, klarinet, fagot, saksofoon, Franse horing, trompet, tromboon, tuba, eufonion en slaginstrumente.

Die skool het ?n reeks stryk- en blaasorkeste en ?n simfonieorkes. Die Musiek vir Afrika-ontwikkelingstrust is deur die skool gestig om uitreikprogramme aan te bied vir leerders van benadeelde gemeenskappe.

Leerders moet ?n oudisie bywoon om toegelaat te word tot die skool en keuring is gegrond op meriete.

Tree vir meer inligting in verbinding met:

Die Beau Soleil-musieksentrum
Salisburystraat 12, Kenilworth, 7700
Tel: 021 761 1894 en 021 761 9005
Faks: 021 762 8310
roots@bs.wcape.school.za

DIE HUGO LAMBRECHTS-MUSIEKSENTRUM

Omtrent 430 leerders woon die sentrum by uit gebiede soos Caledon, Hermanus en Piketberg. Hulle woon klas by in orkesinstrumente soos strykers, houtblaas-, koperblaas en slaginstrumente. Die skool het vyf blaasorkeste, vyf strykorkeste en ?n simfonieorkes. Daarby is dit die enigste sentrum wat harplesse gee.

Om aansoek te doen om die skool by te woon, moet leerders ?n oudisie bywoon.

Tree vir meer inligting in verbinding met:

Die Hugo Lambrechts-musieksentrum
Pictonstraat, Parow, 7500
Tel: 021 939 9105
Faks: 021 939 9123
hugolmc@mweb.co.za

DIE FRANK PIETERSEN-MUSIEKSENTRUM

Dié sentrum bied instrumentopleiding en ?n ensembleprogram aan. ?n Afrika-musiekprogram, waaronder speel in ?n marimbaorkes, word semi-privaat aangebied. Solosang en koorwerk word ook aangebied in ?n jeugkoor en ?n volwasse koor.

Tree vir meer inligting in verbinding met:

Die Frank Pietersen-musieksentrum
Sanddriftstraat, Noorder-Paarl, 7646
Tel: 021 872 2123/4
Faks: 021 872 7651
principal@fpmusiccentre.org.za
INSTRUCTIONS:
Jy kan ook die Direkteur van Leerplanontwikkeling skakel vir meer inligting:Jenny Rault-Smith
Tel: 021 467 2622
Faks: 021 467 2880
jrault-smith@pgwc.gov.za
PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
Curriculum Development (Western Cape Education Department, Provincial Government of the Western Cape)
The content on this page was last updated on 14 February 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo