Die Kaapse Akademie vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie
DESCRIPTION: |
Die Kaapse Akademie vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie in Constantia in Kaapstad is 'n nuwe staatskool wat die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) spesifiek vir leerders met 'n besondere aanleg vir wiskunde, wetenskap en tegnologie op die been gebring het. Die skool vorm deel van 'n breër strategie om die aantal leerders, veral dié van benadeelde gemeenskappe, wat met dié vakke op 'n hoër graad matrikuleer, te verhoog. Afgesien van gespesialiseerde steun vir die Senior Sertifikaat-eksamens, bied die skool 'n unieke geleentheid aan, aangesien leerders ook beurse vir verdere studie by hoër onderwysinstellings kan kry. Die akademie is 'n gemengde instelling wat ook verblyf vir koshuisgangers bied. In 2004 sal die skool voorsiening maak vir leerders in Graad 10, gevolg deur Graad 11 en 12 in daaropvolgende jare. Die skool bied leerders die volgende voordele:
|
INSTRUCTIONS: |
Nog inligting en aansoekvorms is beskikbaar op die verwysing na die Kaapse Akademie op die WKOD se webblad of skakel:Dr C. Coetzee: 021 467 2120 Dr R. Bouma: 021 467 2121 Mnr T. Olivier: 021 467 2118 Me A. Pearce: 021 467 2125 Me B Slabber: 021 467 2027/8 (Faks: 021 425 7465) |
PROVIDED BY:
|
GOVERNMENT BODY:
|
Western Cape Education Department (Provincial Government of the Western Cape) |
The content on this page was last updated on 10 June 2004