Permitte om met Voertuie op die Strand te Ry en Lisensies om Geriewe vir die Tewaterlating van Bote te Bedryf
DESCRIPTION: |
Die Department oorweeg aansoeke vir permitte om met voertuie op die strand te ry vir die doeleindes van wetenskaplike navorsing, ontspanning, die bedryf van toerisme en toegang tot private eiendom waar daar geen ander toegangspad is nie. Die Department oorweeg ook aansoeke vir lisensies om geriewe vir die tewaterlating van bote te bedryf. Die aansoeke word ooreenkomstig die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur van 1998 geëvalueer, met spesifieke verwysing na Artikel 24(7) van die Wet, ten opsigte van die ondersoek, assessering en kommunikasie van die potensiële impak van die aktiwiteit waarvoor aansoek gedoen word. Die Department sien toe dat hierdie aansoeke met ander verwante aansoeke gekoördineer word, byvoorbeeld 'n huurooreenkoms ooreenkomstig die Strandwet van 1935, of 'n OIA-aansoek waar aansoek gedoen word vir konstruksie onderkant die hoogwatermerk. Op grond van hierdie assessering sal 'n besluit deur die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning geneem word of die aktiwiteit waarvoor aansoek gedoen word, gemagtig word of nie. Die skriftelike besluit word 'n Verslag van Besluit (VVB) genoem. Dit is 'n regsdokument waarin die voorvereistes vir die beskerming van die mens se gesondheid en dié van die omgewing uiteengesit word. Indien die aktiwiteit gemagtig word, word 'n permit of 'n lisensie by die Verslag van Besluit aangeheg - na gelang van watter een toepaslik is. |
INSTRUCTIONS: |
Nadere besonderhede: Janette de Jager Omgewingsbestuurder Privaatsak X9086, Kaapstad, 8000 Tel: 021 483 2994 Faks: 021 483 4372 jdejager@pgwc.gov.za |
PROVIDED BY:
|
GOVERNMENT BODY:
|
Department of Environmental Affairs and Development Planning (Provincial Government of the Western Cape) |
The content on this page was last updated on 31 March 2004