Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Onvrugbaarheidsprogram
DESCRIPTION:
Die diens help vroue en mans wat nie in staat is om kinders te hê nie. Berading en inligting oor die onderskeie behandelingsopsies wat beskikbaar is, word voorsien. Die geskiedenis van die paartjie word gevra en ondersoeke word uitgevoer. Na gelang van die uitslae word vrugbaarheidsbehandeling verskaf of die paar word afgeraai om dit te beproef.
INSTRUCTIONS:
Daar is geen diens vir onvrugbaarheid op die vlak van primêre gesondheidsorg nie, maar die Tygerberg and Groote Schuur tersiêre hospitale bied omvattende ondersoeke en behandeling aan.'n Verwysing na 'n tersiêre hospitaal waar verskeie vrugbaarheidsbehandelinge aangebied word, is nodig. As jy vir die eerste keer die fasiliteit besoek, sal jy 'n vorm moet invul en 'n lêer sal vir jou oopgemaak word. Neem jou ID saam en jou hospitaalkaart as jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
PROVIDED AT:
These facility categories:
PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
Department of Health (The Government of South Africa)
PRICE:
'n Koste is daaraan verbonde. Die bedrag sal van die paar se inkomste en getal afhanklikes afhang, volgens die hospitaal se tarieweskaal. Diegene wat aan die program deelneem, moet vir die behandeling wat enigiets van R150 tot R6 600 kan beloop, betaal. Die hospitaal sal 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vereis.
The content on this page was last updated on 19 January 2004
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo