Transportakte: Bewys van Eiendomeienaarskap
DESCRIPTION: |
Wanneer jy 'n eiendom koop, moet jy die transportakte op jou naam oorgedra kry. Dié akte is die bewys dat jy die eienaar van die eiendom is. Jy sal die dienste van 'n aktebesorger nodig hê om jou te help om die Transportakte op jou naam te kry. Jy sal eers die eienaar van die eiendom word nadat die Registrateur van Akte die oordrag onderteken het. 'n Afskrif van die transportakte word in die Aktekantoor gehou. Enigeen kan by die Aktekantoor nagaan wie die eienaar van 'n eiendom is. |
INSTRUCTIONS: |
Jy kan met die Registrateur van Akte in verbinding tree by: Privaatsak X9083, Kaapstad, 8000 Nuwe Inkomstekantoor, Pleinstraat 90, Kaapstad, 8001 Tel: 021 464 7600 Faks: 021 464 7725/27 Kontakpersoon: Mev Bell |
PROVIDED BY:
|
GOVERNMENT BODY:
|
Department of Land Affairs (The Government of South Africa) |
The content on this page was last updated on 25 January 2010