Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Registrasie van Vervaardigers, Invoerders en Bouers van Motorvoertuie
DESCRIPTION:
Alle voertuie wat in Suid-Afrika vervaardig, gebou of na Suid-Afrika ingevoer word, moet geregistreer word voordat dit versprei of verkoop word.
INSTRUCTIONS:
As die vervaardiger of invoerder van 'n voertuig moet u vorm MVR1-MIB by 'n motorregistrasiekantoor invul om die voertuig te registreer.Die vorm moet van die volgende vergesel wees:
  • die identiteitsdokument van die titelhouer van die motorvoertuig (indien die voertuig volgens 'n huurkoopooreenkoms gekoop is)
  • die identiteitsdokument van die eienaar van die motorvoertuig
  • die toepaslike registrasiegeld
  • 'n sertifikaat wat deur die vervaardiger, bouer of invoerder uitgereik is, en wat die volgende bevat:
    • die onderstelnommer
    • die enjinnommer
    • die fabrikaat
    • die modelnaam
    • die tarra in kilogram
    • die enjinvermoë in kubieke sentimeter
    • die netto enjinkrag
    • die hoofkleur
    • die modelnommer
  • 'n polisieklaringsertifikaat
  • 'n padwaardigheidsertifikaat.
PROVIDED AT:
These facility categories:
PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
Roads Infrastructure Branch (Department of Transport and Public Works, Provincial Government of the Western Cape)
The content on this page was last updated on 11 March 2004
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo