Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Registrasie van Voertuigondersoeker en Bestuurslisensie-eksamineerder
DESCRIPTION:
Lisensie-inspekteurs, voertuigondersoekers, bestuurslisensie-eksamineerders, verkeersbeamptes en verkeersopsigters moet geregistreer word.Die minimum vereistes is soos volg:
  • U moet 'n toepaslike diploma hê.
  • U moet 'n geskikte persoon wees.
  • U moet opleiding ten opsigte van die wette van toepassing op die vervoer van gevaarlike goedere hê (slegs verkeersbeamptes).
INSTRUCTIONS:
Om aansoek te doen om te registreer, moet u vorm RO invul en die registrasiegeld by die Departement van Vervoer en Openbare Werke se Wetsadministrasie-afdeling betaal.

Wanneer u die vorm indien, moet u ook die volgende toon:

  • identiteitsdokument
  • diploma
  • bestuurslisensie.

Skakel die volgende nommer vir meer besonderhede:
Carene Matthee
Telefoon: 021 483 2074
chmatthe@pgwc.gov.za
PROVIDED BY:
GOVERNMENT BODY:
Roads Infrastructure Branch (Department of Transport and Public Works, Provincial Government of the Western Cape)
PRICE:
Vir elke kategorie waarvoor u registreer, is 'n bedrag van R50 betaalbaar.
The content on this page was last updated on 11 March 2004
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo