DESCRIPTION: |
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde is verantwoordelik vir die regulering van die gehalte van Suid-Afrikaanse produkte en dienste. Die Kommersiële Dienste-afdeling is verantwoordelik vir sertifisering en onderrig in verskeie nywerhede regdeur Suid-Afrika. Die Standaarde-afdeling verskaf standaarde wat die mededingendheid van Suid-Afrika verhoog, en wat die basis verskaf vir verbruikersbeskerming, -gesondheid en -veiligheid, asook omgewingskwessies. Die Ontwerpinstituut bevorder die voordele van ontwerp ten einde ekonomiese en tegnologiese ontwikkeling in Suid-Afrika te koester. Die Instituut fokus op ontwerponderrig, -nywerheid en -inligting, en sluit ń aantal toekenningskemas en ontwerppublikasies in. Die Reguleringsafdeling administreer ongeveer 70 wettige verpligte spesifikasies oor 'n breë spektrum. Hierdie verpligte spesifikasies is wettige maatreëls en vereistes om te verseker dat produkte wat plaaslik vervaardig of na Suid-Afrika ingevoer word, of van Suid-Afrika uitgevoer word, voldoen aan die minimum vereistes vir gesondheid en veiligheid soos uiteengesit in die toepaslike Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde. |
INSTRUCTIONS: |
Nadere besonderhede: Die Kommersiële Dienste-afdeling SABS-ontwerpinstituut Privaatsak X191, Pretoria, 0001 Reguleringsafdeling Dr. Lateganweg 1, Groenkloof, Pretoria Standaarde-afdeling Privaatsak X191, Pretoria, 0001Tel: (012) 428 6666 Faks: (012) 428 6928 info@sabs.co.za |
|
GOVERNMENT BODY:
|
SA Bureau of Standards (SABS) |