Aanlyn Regeringstenders
DESCRIPTION: |
Nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsliggame steun baie private ondernemings deur kontrakte toe te ken vir enigiets van die verskaffing van skryfbehoeftes tot padbou. Om 'n regeringskontrak te kry, sal jy 'n bod moet indien in antwoord op 'n tender. Jy sal eers moet uitvind watter tenders tans oop is, of geadverteer word. Die meeste van die inligting is aanlyn beskikbaar: NASIONALE REGERING Vir inligting oor nasionale regeringstenders, laai die weeklikse Tenderbulletin af. Dit bevat besonderhede van alle tenders, waaronder sluitingsdatums, wie gekontak moet word met vrae en waar aansoeke ingedien moet. WES-KAAPSE PROVINSIALE REGERING Wes-Kaapse Provinsiale Regeringstenders is beskikbaar op die tenderafdeling van die werf , wat elke week opgedateer word. Jy kan deur die insette soek deur of die kategorie te kies (bv. medies of rekenaartoerusting) of deur enige ander sleutelwoord wat jy kies. STAD KAAPSTAD Die Stad Kaapstad publiseer al hulle oop tenders op die Stad Kaapstad se webwerf . |
INSTRUCTIONS: |
Registreer as 'n Verskaffer Enigeen kan tenders indien vir regeringskontrakte - maar om 'n kontrak af te handel met die Provinsiale Regering of die Stad Kaapstad, sal jy jou moet laat registreer op die Wes-Kaapse Verskaffersdatabasis. Registrasie is gratis, en beide die provinsie en die stad gebruik dieselfde databasis, so jy sal jou net een keer hoef te laat registreer. |
PROVIDED BY:
|
GOVERNMENT BODY:
|
|
The content on this page was last updated on 8 August 2006