Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Kaapstad se Werkskeppingsgroepe en die Premier's Vrou se Liefdadigheidsfonds Span saam om Kinders van Lappieswerkkomberse te Voorsien
3 February 2004
SOURCE: Premier of the Western Cape (Provincial Government of the Western Cape)
Meer as vyftig inwoners van 'n Kaapse tehuis wat omsien na weeskinders wat aan ongeneeslike siektes ly, is vandeesweek die ontvangers van 'n eerste skenking kinder-laslapkomberse - die jongste projek van die Wes-Kaapse Premiersvrou Liefdadigheidsfonds. Premiersvrou Suzette van Schalkwyk en haar komiteelede oorhandig vanoggend (Dinsdag, 3 Februarie 2004) dié komberse by die Nazareth-tehuis in Vredehoek, Kaapstad.

Dié projek is sowat ses maande gelede as 'n inisiatief van mev. Van Schalkwyk begin. Die komberse word deur Wes-Kaapse werkskeppingsgroepe soos die Chrysalis Akademie in Tokai en die Christenvroue Aksiegroep in Eersterivier vervaardig. Dié groepe word deur die Premiersvrou Liefdadigheidsfonds vergoed met geld wat by fondsinsamelingsfunksies geïn word, terwyl die materiaal vir die komberse meestal deur skenkings verkry word. Materiaal is onder meer reeds deur 'n bekende Kaapse klere-ontwerper en 'n voorste kinderklerewinkel geskenk.

"Ons het besluit om komberse te maak, omdat dit nie net 'n praktiese doel dien nie, maar kinders dikwels ook 'n gevoel van veiligheid en sekuriteit gee - soveel te meer wanneer hulle siek en behoeftig is. Terselfdertyd word broodnodige werk verskaf aan groepe wat besig is om hulself en ander rondom hulle te bemagtig. Ons beplan om die komberse in die toekoms aan nog kinderhuise te skenk, asook plekke wat omsien na jong Vigslyers, én die skenkings na die Wes-Kaapse platteland uit te brei," sê die Premiersvrou.

Die Wes-Kaapse Premiersvrou Liefdadigheidsfonds het ook 'n samewerkingsooreenkoms met die naaimasjiengroep, Elna, en die kinderklerewinkel, Keedo, wat op die oomblik 'n kompetisie aanbied vir die mees indrukwekkende kombers. Deelnemers kry hiermee die geleentheid om hul inskrywings vir liefdadigheid te skenk, asook 'n Elna Funstyler-naaimasjien of 500 Keedo-koopbewyse los te slaan. Die sluitingsdatum is 31 Mei 2004.

Enige werkskeppingsgroepe wat betrokke wil raak, of mense wat materiaal, vulsel of komberse wil skenk, of 'n kombers teen R50 wil borg, kan mev. Jorietha Henn by tel. (021) 483 4705/6 skakel.

Die oorhandiging van die eerste kinderkomberse vind om 10:00VM, op Dinsdag, 3 Februarie 2004, by die Nazareth-tehuis, Derrystraat, Vredehoek, plaas. Alle media is welkom.

Navrae: Riana Geldenhuys - 082 376 4709
 
This content also available in English
NEWS ARCHIVE
2008:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2007:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2006:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2005:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2004:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2003:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
The content on this page was last updated on 22 March 2004
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo