Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Wêreldomgewingsdag
28 May 2004
SOURCE: Department of Environmental Affairs and Development Planning (Provincial Government of the Western Cape)
Die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (OS&OB) het Wêreldomgewingsdag (WOD) op Woensdag 2 en Donderdag 3 Junie op Oudtshoorn gevier.

Terwyl klem gelê is op die nasionale tema vir WOD, naamlik "'n Dekade van volhoubaarheid. Ons omgewing! Ons toekoms", is 'n meer gerigte internasionale tema, "Gesoek! See en Oseaan, Dood of Lewendig", ook belig by die uitstalling wat plaasgevind het by die Bridgton Gemeenskapsentrum op Oudtshoorn.

Leerders en opvoeders, asook lede van die publiek uit daardie omgewing, is uitgenooi na die uitstalling. Skole het die geleentheid gekry om deel te neem aan 'n kunskompetisie wat aspekte van die temas sou uitlig, met inbegrip van besoedeling en afval. Verskeie pryse kon gewen word.

Dit was 'n belangrike geleentheid om op uitstalling iets te sien soos 'n taspoel met verskillende seediere daarin, items gemaak van hersikleerde produkte en 'n poppekas, asook uitstallings oor gemeenskapsveiligheid deur die SAPD, MIV-vigsopvoeding en die brandweer, en selfs drama- en dansonderrig, om maar enkele van die interessanthede te noem. Daarby het die geleentheid vir sommige besoekers om plase en grotte in die omgewing te besoek bygedra tot die opwinding. Vir meer inligting, skakel vir Russell Mehl op (021) 483 2752 of 082 448 4763, epos rmehl@pgwc.gov.za of besoek ons webwerf by www.capegateway.gov.za.


 
This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa
RELATED
NEWS ARCHIVE
2008:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV     
2007:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2006:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2005:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2004:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2003:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
The content on this page was last updated on 28 May 2004
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo