Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Dept Landbou en Instituut vir Dowes vat Hande
13 October 2005
SOURCE: Department of Agriculture (Provincial Government of the Western Cape)
Ds At Smit van die Instituut, Minister Cobus Dowry en Dr Pieter van Rooyen, Departementshoof van Dept Landbou, in die voedselverwerkingsaanleg saam met een van die personeellede.Ds At Smit van die Instituut, Minister Cobus Dowry en Dr Pieter van Rooyen, Departementshoof van Dept Landbou, in die voedselverwerkingsaanleg saam met een van die personeellede.
Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Cobus Dowry, het onlangs die Instituut vir Dowes op Worcester besoek as deel van die regering se Imbizo-program. Tydens hierdie geleentheid het hy 'n tjek van R53 000 aan die Instituut oorhandig vir onder andere die oprigting van kweekhuise en die aanlê van groentetuine.

"In hierdie Provinsie moet ons saam werk om dit 'n tuiste vir almal te maak, en dit sluit mense met gestremdhede in," sê Minister Dowry. "Dit is vir Departement Landbou belangrik dat ook hierdie persone in die breë landbousektor opgeneem moet word."

Die Wes-Kaapse Departement Landbou slaag met sy ondersteuning aan die Instituut om die sowat 60 000 dowes en meervoudig gestremde persone deel te maak van 'n ekonomiese proses waarby hulle voorheen uitgesluit was. "Die waarde van betrokkenheid by landbou en die aanleer van landbouvaardighede vir gestremdes is hulle met hierdie vaardighede 'n werk kan bekom, hulle kan lewe van hul eie produkte en kan boonop daarvan verkoop om finansieel onafhanklik te word," verduidelik Deon de Villiers, hoof van die Instituut.

Deur middel van Departement Landbou se betrokkenheid kan die Instituut nou sy eie groente kweek wat in sy voedselverwekingsaanleg verwerk en dan bemark sal word. Verder kan die Instituut addisionele fondse bekom deur saailinge te kweek en te verkoop.

Department van Landbou
 
NEWS ARCHIVE
2008:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2007:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2006:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2005:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2004:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2003:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
The content on this page was last updated on 17 October 2005
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo