CITY OF CAPE TOWN
SIMON'S TOWN MUSEUM
CLARKE Peter Dr Peter E Clarke first joined amateur artists while attending Technical College in Cape Town. He attended Michaelis School of Art at the University of Cape Town. Studying art in Amsterdam, The Netherlands, further enhanced his talents. The Oslo Atelier Nord offered him a position in the graphic art workshop. Clarke's work has been exhibited across the world. His awards include the CP Hoogenhout Award for his illustration of Snoek Alleen, the Drum International Short Stories Award, and a special honor was awarded for his achievements in Italy.
THOMAS Albert Albert Thomas and Gladys Thomas worked together as poets and writers. Albert Thomas currently serves as the ANC party chairperson of the Two Oceans region, as chairperson of the Return to Simon's Town Committee and as the artistic director of the Community Theatre. He also works for Statistics South Africa and the Independent Electoral Commission. He was awarded the Molteno Gold Medal for lifetime services to his community.
THOMAS Gladys Originally from Simon's Town, Gladys Thomas has written poems reflecting the history of South Africa. Her work has been widely published. Among her work is the first piece of poetry ever to be banned by the apartheid regime. The Time is Now, a play staged in the Cape Flats, was admitted to the National Festival for the Arts in Grahamstown in 1992. Children of Crossroads is a children's collection of short stories about their experiences during apartheid. Thomas has been honoured as one of the writers who led the struggle for liberation.
WEST COAST
WHEAT INDUSTRY MUSEUM, MOORREESBURG
COETZEE Marion Marion Coetzee het 16 jaar gelede onder leiding van die Diakonale Diens die Koringblaar Bejaardeklub begin. Fondse is deur middel van funksies ingesamel en die dames het self vir die bejaardes etes gemaak en afgelewer, en die bejaardes se huise is ook gereeld skoongemaak. Gedurende 1994 het die Koringblaar Bejaardeklub ’n satelliet van die Moorreesburgse ACVV geword. Coetzee is tans ’n bestuurslid van die ACVV. Dié groep kom drie dae per week bymekaar om handwerk te doen en organiseer ook gereelde uitstappies vir die bejaardes . Die groep besoek die Koringbedryf-museum elke ses weke vir die optekening van hulle lewensgeskiedenis.
FARMER Caroline Caroline Farmer was in 1995 een van die stigterslede van die Moorreesburg Onderrigsentrum vir Volwassenes en het as kursusleier opgetree. Die sentrum leer studente om te lees en skryf, en die sukses het gesorg dat die skool reeds na die omliggende dorpe en plase, soos Riebeeck- Kasteel, Hermon, Vlakkerheuwel, Waterbron, Swartdam en Hopefield, uitgebrei het Farmer is gedurende 1999 as die sentrumbestuurder aangestel en die skool spog tans met 208 leerders en 23 onderwysers. Die skool se ideaal is om ongeletterdheid in Suid-Afrika hok te slaan.
GURAH Nigel Nigel Gurah doen sedert Januarie 1999 vrywillige werk vir Nicro waar jong jeugoortreders oor ’n tydperk van agt weke elke Saterdag aan ’n program deelneem. Sekere programme word ook in samewerking met die Koringbedryfmuseum aangebied. Gurah het vir ’n jaar vrywillig by Laurie Hugo Primêr met geestelike berading gehelp. Sedert Januarie 2002 is hy die voorsitter van die Moorreesburg Gemeenskapsjeug. Dié organisasie beywer hulle vir die opheffing van die gemeenskap en die verbetering van lewenstandaarde. Daar word ook na kerke en bejaardes uitgereik. Gurah is hierbenewens ook by geletterdheidsklasse vir volwassenes betrokke.
KITSHOFF Rene (HC) Gedurende 2000 is Rene Kitshoff deur die gemeenskap van Moorreesburg tot raadslid vir die Swartland Munisipale Raad verkies en sy is tans die speaker. Die grootste struikelblok in die pad van ontwikkeling is die gebrek aan fondse maar volgens haar het elkeen in Suid-Afrika nou die geleentheid om te help bou aan ’n nuwe demokrasie en sodoende kan hulle hul menswaardigheid terugkry. Haar grootste begeerte is volhoubare werkskepping in haar gemeenskap en daarom is haar ingesteldheid teenoor haar gemeenskap een van deernis en hulpvaardigheid.
MALHERBE Kitty Kitty Malherbe – tans die oudste persoon in Moorreesburg – het op 21 Oktober 2003 haar honderdste verjaarsdag gevier. Sy het in Koringberg grootgeword en was ’n koringboer van die plaas Platvlei. Haar man is vroeg oorlede en dus het sy alleen die boerdery behartig tot hul seun by Elsenburg klaar gestudeer het. Haar seun is intussen ook reeds oorlede.
SPENCER Ellen Ellen Spencer en haar man het hulle gedurende 2000 in Moorreesburg gevestig en ’n supermark begin. Die hawelose kinders het by hulle winkel in die vullisdromme vir kos gesoek, en Spencer het besef dat daar ’n behoefte vir ’n sopkombuis bestaan. Sy het begin om elke Donderdag sop vir die honger kinders uit te deel en die NGK het die bestanddele vir die sop voorsien. Die sopkombuis is later verskuif na die AGS Kerk in Rosenhof. Tans word 300 kinders elke Donderdag van sop en brood voorsien. Verskeie organisasies soos die Lions en supermarkte voorsien die sopkombuis van bestanddele en dit stel hulle in staat om 300 kinders elke Donderdag van sop en brood te voorsien. Die sopkombuis bestaan tans uit 10 bedieningspunte.
VAN DER HORST Freddy Die gesin het hulle gedurende 1999 in Moorreesburg gevestig. Freddy van der Horst het spoedig by die plaaslike leraarsforum en arbeidsbediening ingeskakel, asook by die Swartland Munisipaliteit se aktiwiteite.
Die Moorreesburg Ontwikkelingsinisiatief (M.O.I.), ’n artikel 21-maatskappy, is hierdeur gestig, en Van der Horst is tans die voorsitter. Hierdie organisasie het gesorg vir die ontstaan van ’n sopkombuis, speelgroep, geletterdheidsklasse, straatkindprojek en ’n geakkrediteerde Bybelskool. Van der Horst het veral onder die eienaars van sjebeens gewerk en die kerkgebou (voorheen ook ’n sjebeen) huisves tans hawelose kinders, waar hulle opvoedkundige programme volg om hul vertroue te wen en hul menswaardigheid te herstel.
VAN DER HORST Rochelle Rochelle van der Horst is by ’n wye verskeidenheid gemeenskapsprojekte, wat gemik is op die bevordering van gemeenskapsontwikkeling, betrokke. Sy is onder andere by ’n interkerklike 44 gebedsgroep, die Abet-geletterdsheidsklasse en die sopkombuis betrokke, en dien as ’n dosent by die Bybelskool, ’n berader by die trauma-eenheid, hoof van die Sonneblom Speelgroep vir minderbevoorregte kinders en lid van die Gesondheidskomitee. Laasgenoemde komitee het dit ten doel om die voorkoms van TB en MIV/VIGS in die gemeenskap te laat afneem.
VAN DER MERWE Charl Charl van der Merwe is in 1974 in Hopetown gebore, matrikuleer in 1992 en studeer landbou aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is in 2000 as landboukundige vir die Moorreesburgse koringboere aangestel en is tans Bestuurder: Graandienste. Van der Merwe is baie nou betrokke by sendingwerk en uitreike in Afrika. Hy help opkomende boere in die Moorreesburg omgewing, asook in Afrika. Van Der Merwe glo vas dat “jy maai wat jy saai” en bou sy lewe op die volgende pilare: (a) Christus as Verlosser, (b) sy gesin en familie, (c) toewyding, (d) lojaliteit, (e) vertroue en (f) harde werk.
MALMESBURY MUSEUM
BOCKS MJ M.J. Bocks is in 1946 in Malmesbury gebore en voltooi sy skoolopleiding aan Schoonspruit Sekondêr (vroeër was dit ’n hoër- en laerskool). Hy behaal ’n Onderwysdiploma aan die Onderwyserskollege Oudtshoorn, en studeer ook aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Na 17 jaar in die onderwys op Malmesbury besluit hy in 1993 om ’n bouer te word. Hierna was hy gedurende 1996-97 betrokke by die oprigting van die Nuwe Tronk, sowel as die Linge Lethoaanleg. Vanaf 1997 tot 2000 was hy burgemeester van Malmesbury waar hy onder andere gehelp het met die skep van nuwe werksgeleenthede.
BREDELL Anton Anton Wilhelm Bredell matrikuleer in 1983 aan Paul Roos Gimnasium en word in 1986 genomineer as Bemarker van die Jaar. Gedurende 1995 word hy verkies tot die Darling Oorgangsraad en ook as onderburgemeester. In dié tyd verteenwoordig hy die raad in die Museumkomitee en tree op as voorsitter van verskeie ander komitees. Hy word later ook aangewys as sekretaris van die Plaaslike Bestuurskomitee en as burgemeester van Darling. In 2002 is hy verkies tot die Swartland Munisipale Raad en dien vanaf Desember in hierdie raad as onderburgemeester. In Junie 2003 word hy aangewys as uitvoerende burgemeester van die Swartland Munisipaliteit.
GOLIATH Chrisjan Chrisjan Goliath is op 4 Junie 1938 in Wesbank, Malmesbury, gebore en het sy skoolopleiding aan die St. Thomas Primêre en Schoonspruit Sekondêre skole voltooi. Hy behaal ’n Onderwysdiploma aan die Athlone Opleidingsentrum in die Paarl en sy liefde vir musiek lei hom ook na Battswood in Wynberg en Zonnebloem. In 1973 keer hy terug na St. Thomas Primêr as onderwyser. Gedurende die laat tagtigerjare van die 20ste eeu tree hy weens gesondheidsredes af en spits hom toe op gemeenskapsontwikkeling. In Desember 2000 is hy verkies as die eerste burgemeester van die nuutgestigte Swartland Munisipaliteit. Hy sterf egter in 2003.
JORDAAN Gary Gary Lawrence Jordaan was born in 1950 in Pietermaritzburg and attended the South African College School (SACS) in Cape Town. He studied at the University of Cape Town from 1969 to 1973 where he obtained a B.Sc in 1972 and a Higher Education Diploma in 1973. He also obtained a B.Ed degree from the University of South Africa (UNISA) in 1984. He taught at Bergvliet High School (1974 - 1976), Paul Roos Gymnasium (1977 - 1981), Vredenburg High School (1982 - 1989) and Gill College (1990 - 1994) before he became headmaster of Swartland High School in 1995.
NZONGANA Moses Moses Tembilizwe Nzongana was born in 1947 at Sterkspruit in the Eastern Cape. Without much education, he began working at an early age. He started in the mining industry before moving to Malmesbury in 1991. In 1996 he became the leader of a group of parents who agitated for a school for yellow learners. Under his leadership a hall was acquired and 45 neighbouring schools offered the necessary equipment. A high school was opened in 1998 while a new primary school was inaugurated in 2003. Nzongana played a major role as chairman of the governing body.
RUST NGA Klasie Rust is op Malmesbury gebore en het ook hier sy skoolopleiding ontvang. Hierna verwerf hy ’n Landbougraad aan die Universiteit van Stellenbosch en B.Com-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika. Na voltooiing van sy graadkursusse aanvaar hy ’n betrekking by Bokomo in Malmesbury. Daar was hy betrokke by die beplanning en oprigting van Bokomo Voere. Met die aanbreek van ’n nuwe demokratiese bestel in Suid-Afrika in 1994 was hy burgemeester van Malmesbury. Hy was toe reeds sedert 1989 raadslid van die Weskus Distriksmunisipaliteit. In Maart 1995 het hy afgetree as senior hoofbestuurder van Bokomo.
VAN DER MERWE CP C.P. van der Merwe is vanaf Julie 2001 hoof van Schoonspruit Sekondêr. Onder sy leiding bereik die skool ’n hele paar hoogtepunte – in 2001 voer die skool sy eerste musiekblyspel, Grease, op en die skool ontvang in 2004 ’n loteryskenking van R820 000. Voor sy koms het dié skool egter reeds sy eerste Springbokrugbyspeler, McNeil Hendricks, in 1997 opgelewer.
WEIDEMAN HS H.S. Weideman was skoolhoof van die Laerskool Worcester- Oos vanaf 1990 tot 1992 voor hy in 1993 skoolhoof van die Laerskool Swartland geword het. Hy het sy opleiding aan die Onderwyserskollege Oudtshoorn, die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Suid-Afrika ontvang. Onder sy leiding het die skool begin met ’n “Sonskynklas” vir multigestremde leerders, terwyl die koor ’n hele paar CDs uitgereik het en ’n hele paar geslaagde konserte aangebied het. Verskeie van die skool se oudleerlinge het oor die afgelope 10 jaar as provinsiale sportsterre uitgeblink.
PIKETBERG MUSEUM
DU TOIT Gareth Gareth du Toit matriculated at Steynville Secondary in 1989. He passed the Elementary, Intermediate, Advanced and Associate examinations (Teachers qualification with distinction) of the Imperial Society of Teachers of Dancing. In 1994 he began teaching ballet at the Amy Gould Ballet School where he had trained. In 1998 he also started teaching Ballet and Creative Movement for the Western Cape Education Department. He is a founder member of Dance Crew and in 2003 became chairman of the management committee. He has danced leading roles with Dance Crew since its inception in 1993.
HOUGAARD Dirk Jacobus Derick Hougaard is op 4 Januarie 1983 in Citrusdal gebore en het sy laerskoolopleiding in Piketberg ontvang. Hy matrikuleer aan die Hoër Landbouskool Boland in die Paarl. Gedurende sy hoërskoolloopbaan speel hy vir Boland tennis, krieket en rugby. In 2001 was hy onderkaptein van die S.A. Skolerugbyspan. Hy sluit hom na skool aan by die Blou Bulle (provinsiale rugbyspan) en draf uit as hul onderkaptein tydens hulle Curriebeker kragmetings in 2002. In 2003 is hy tot die Suid-Afrikaanse Springbok Rugbyspan verkies en neem aan internasionale wedstryde deel.
JULIUS Elize Elize Julius het haar skoolopleiding in 1991 in Piketberg voltooi. Sy werk hierna in ’n kruidenierswinkel en by Youth With A Mission. Sy moes egter vir haarself betaal en dit noodsaak haar om by ’n vrugteverpakkingsfabriek te begin werk. Hierna het sy ook vir ’n kort rukkie vir ’n Suid-Afrikaanse gesin in New York au pair-werk gedoen. Sy keer egter weer na Suid-Afrika terug en hervat haar werk by die fabriek. In Januarie 2002 ontvang sy ’n beurs om aan die Teologiese Kweekskool in Stellenbosch te studeer. Hier doen sy onder meer navorsing oor armoede en moontlike oplossings vir dié probleem.
LATEGAN Rosa Rosa Lategan is reeds sedert 1966 lid van die multikulturele Vrouelandbouvereniging van Piketberg en was lank voor 1994 al besig met die 46 opheffing van minderbevoorregtes. Voortvloeiend hieruit het baie van die vroue selfs later hul eie tuisnywerheid begin. Met Lategan as inspirasie, het Ria Fredericks dan ook ’n uiters suksesvolle vroueklub vir bruin dames tot stand gebring. Nadat Lategan as sekretaresse van dié VLV gedien het, is sy later ook tot voorsitter verkies, en daarna ook as president van die VLV-Sirkel: Weskus. Gedurende 2003 is sy tot Leefstyl Sameroeper van die VLV van Kaapland verkies.
LIEBENBERG Andries Wolf Liebenberg is in 1945 in Piketberg gebore en matrikuleer aan Piketberg Hoërskool in 1963. In 1969 behaal hy ’n B.A.-graad in Handel aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy begin dieselfde jaar nog by die Liebenberg-Slagtery in Piketberg werk. In 1980 is hy verkies as raadslid van die Piketberg Munisipaliteit en dien as burgemeester vanaf 1990 – 1992. Hy help ook om die familie-vleissaak, Liebco Vleishandelaars (vanaf 1983), op te bou tot ’n florerende bedryf wat sedert 2002 al twee keer uitbreidings aan hul verkoopslokaal moes aanbring. As gemeenskapsmens bied hy gereeld finansiële ondersteuning aan sy gemeenskap.
LIEBENBERG Elbeth Elbeth Liebenberg is reeds 25 jaar aktief besig met blommekuns. As kind het sy haar liefde vir blomme by haar ma geleer. Sy is tans visepresident van die Suid-Afrikaanse Flora Unie, president van die Wes- Kaapse Blomrangskikkersvereniging, asook voorsitter en stigterslid van Piketberg se Tuinbouklub. Hierbenewens is sy ook lid van die Wes-Kaapse Demonstrasiepaneel en Onderrigpaneel. Sy is ook oudpresident van die Wes- Kaapse Beoordelaarspaneel. Saam met Brenda Eksteen doen sy ook ’n ereuitstalling vir die Wes-Kaap by die Wêreldblommeskou in Durban in 1999. Gedurende 2002 het sy ook die 2de prys verower in die klas, Sea Ghost, tydens die Wêreldblommeskou in Glasgow, Skotland.
MOORE John John Joseph Moore is in 1942 in Piketberg gebore. In 1995 is hy vir die eerste maal tot burgemeester verkies. Hy maak geskiedenis deur vir ’n verdere vyf opeenvolgende termyne as burgemeester verkies te word (1995-1999). Gedurende sy termyn is die volgende projekte suksesvol afgehandel: (a) Opgradering van die watervoorsieningskema by Piketberg, Eendekuil en Elandsbaai, (b) die opgradering van die interne dienste van die Sea-Breeze Park by Elandsbaai, (c) die bou van 150 laekoste-behuisingseenhede in Piketberg en Elandsbaai en (d) die bou van ’n meerdoelige sportveld in Elandsbaai. Transformasie in dié munisipaliteit het ook ver gevorder en 10 regstellende poste is sedert 1994 gevul.
SMIT Jerome Jerome Smit het op 16-jarige ouderdom jeugwerk begin doen. Op 20-jarige leeftyd het hy ook met gemeenskapsprojekte begin en in 2000 het hy ’n kultuurgroep gestig. Hy is ook die stigter van die Togetherness Koor en rig kinders van sover as Winkelshoek in sang af. Gedurende naweke organiseer hy ontspannings- en voorligtingsessies. Gedurende 2003 het hy ook aan M-Net se landswye Idols-kompetisie deelgeneem.
DARLING MUSEUM
BASSON Nico Nico Basson farms on Alexanderfontein with sheep and wheat. He also runs a dairy. In 1991 he founded the Darling Creamery. He created a significant number of jobs for local people and assisted some of them in obtaining loans to buy their own houses. He also sponsors various institutions, individuals, sport clubs, as well as a crèche. He has served on a number of committees and was Deputy Mayor of the first democratically-elected Town Council after 1994. In 2000 he also founded Ormonde Vineyards and Darling Olives.
BEZUIDENHOUT Evita (alias Pieter-Dirk Uys) is the most famous creation of satirist Pieter-Dirk Uys. “She” has been part of the South African political and social scene since the late 1970s. In 1996 Uys took over the former Darling Station and Evita se Perron (platform) was established as a theatre, restaurant and art centre. Since then it has grown financially through box office income 47 and the result of hard work and reinvention. After seven years a strong bond has been formed with the local community. In August 2003 the Darling Trust was established to focus on the community of Darling.
BOTHA David Petrus Ds. David Botha is in 1954 in Kaapstad gebore. Hy voltooi sy skoolopleiding aan die Hoërskool Bellville en studeer daarna Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy bedien hierna die gemeentes Keetmanshoop en Karasburg in Namibië. In 1985 aanvaar word hy beroep na die Verenigde Gereformeerde Kerk (VGK) gemeente in Darling. In sy bediening hou ds. Botha nooit op om plaasmense, plattelandse mense, ou mense en ongeletterdes uit te daag om te glo in hul intrinsieke waarde, en daarom ook hulle begaafdheid as mens nie. Gemeentelede word ook aangemoedig om vir mekaar verantwoordelikheid te neem.
PETERSEN Martin Martin Eric Petersen is in 1954 in Goedverwacht gebore. Hy voltooi sy skoolopleiding aan die Goedverwacht Morawies Primêre Skool en Schoonspruit Sekondêr in Malmesbury in 1972. Vanaf 1973 tot 1975 sit hy sy onderwysopleiding voort aan die Hewitt Training College. In 1976 begin hy in Mamre skoolhou en aan die begin van 1984 word hy aangestel as departementshoof aan die Vooruitsig Primêre Skool en vorder tot adjunkhoof in 1990. Na die 1994-verkiesing is hy as die eerste demokraties-verkose burgemeester van Darling gekies. Hy dien as bestuurslid in verskeie komitees. In 2000 tree hy uit as burgemeester en af as adjunkhoof weens gesondheidsredes.
BOLAND
HUGUENOT MEMORIAL MUSEUM, FRANSCHHOEK
ARENDSE Frank In 1992 is Frank Arendse as burgemeester van die Munisipaliteit van Franschhoek verkies. Hy was die eerste gekleurde in Suid- Afrika wat tot dié amp verkies is.
BARTLETT Janey Born in 1956, Janey Bartlett is at present the headmaster of Kabouterland Educare in Franschhoek with 15 years service. Her educational goals for young children are to help them be healthy and physically fit, to help them learn about themselves and the world in which they live, to help them develop their thinking skills, and to help them communicate their thoughts and feelings to others.
DE VILLIERS Yolanda Yolanda Esra du Plessis is op 14 Februarie 1940 in Bulawayo, die destydse Suid-Rhodesië, gebore. Na die dood van haar eerste man het sy met Hein de Villiers, ’n boer van Franschhoek, getrou. De Villiers is ’n onderwyseres, maar behalwe vir haar liefde vir kinders, is sy ook baie lief vir diere en sal uit haar pad gaan om haar medemens en hul diere by te staan in tye van nood. Sy het vir jare as onderwyser/inligtingsbeampte vir die Dierebeskermingsvereniging in omliggende skole opgetree om kinders bewus te maak van hul verantwoordelikheid teenoor troeteldiere.
DE VLIEGER Ilse Born in Belgium on April 21 1973, lawyer Ilse de Vlieger founded the Franschhoek Legal Advice Centre (FLAC) in December 1999 with Jeroen Seynhaeve, which they ran on a voluntary basis without any funding for a year. Since the end of 2000, FLAC received funding from the Belgian Provincie West-Vlaanderen. FLAC focuses on the legal needs of the poor and previously disadvantaged people of the community.
JEFTHAS Vivien Vivien O’Conner is op 23 Junie 1941 in Springs gebore. Haar pa was ’n skoolhoof en haar ma ’n kleremaakster. Sy trou in 1974 met Floris Jefthas, ’n boorling van Franschhoek. Sedert 1984 wy sy al haar tyd aan vrywillige gemeenskapsdiens – vanaf 1989 as lid van die Hospice Tuisverpleging, as ’n vrywillige werker vir KANSA en as werker vir die ACVV-sopkombuis. Sy reël 48 jaarliks ’n Kersete vir straatkinders, dien vanaf 1994 in die Biblioteekkomitee, die komitee van die Belastingbetalersvereniging en is ’n trustee van die Belgiese Trust wat opleiding en werkskepping vir inwoners van Franschhoek bied.
MORGAN Ruth Ruth Morgan is een van tien kinders, gebore uit die huwelik van Ben Morgan en Susan Hans. Sedert 1991 is sy aktief betrokke in die gemeenskap van Franschhoek. Sy is ’n onderwyseres, dien in die kerkraad, die CAB en die jeugdiensorganisasies van die VGK. Morgan was in 1993 een van die stigterslede van die aandskool, die Franschhoek Gemeenskapsleersentrum, wat geletterdheid onder volwassenes aanmoedig en verhoog. Sy is ook stigterslid van Ukukhanya, ’n jeuggroep wat die onderwyspeil onder leerders probeer verhoog. Morgan is aktief betrokke by die politiek en lid van die ANC waar sy die jeug verteenwoordig.
MOSES Wilfred Born in Calitzdorp in May 15 1963, Wilford Moses became involved in student politics while studying theology at the University of the Western Cape. He was appointed in 1985 to participate in a delegation investigating options for bringing about political changes in South Africa. In 1996 he was elected chairperson of the Reconstruction and Development Programme (RDP) in Franschhoek. He was one of the signatories of the Social Accord of February 16 1998. He was an executive member of the Winelands Development Council, a member of the Provincial Development Council, chairperson of the District Transformation Committee in the Department of Social Development and a member of the Ministerial Advisory Committee.
ROUX Jan Jan Roux is op 22 Maart 1930 op die geskiedkundige plaas, Goede Hoop, in Franschhoek gebore. Hy was die dertiende kind van Joppie Roux, ’n bekende bouer van Franschhoek. Roux het sy kennis van bouwerk by sy pa geleer. Roux en sy onderneming, Franschhoek Meesterbouers, het die meeste van die belangrike geboue in die Franschhoekvallei gerestoureer en/of gebou. Dit sluit die Hugenote- Gedenkmuseum, die Nederduitse Gereformeede Kerk, La Dauphiné, La Provence, La Motte, Klein Cabrière, Bien Donne, die poskantoor, Fredericksburg en die La Cotte- en La Motte-meule in. Roux is op 19 Februarie 2003 onverwags oorlede.
SEYNHAEVE Jeroen Born in Belgium on June 11 1973, Jeroen Seynhaeve obtained a law degree, and he and Ilse de Vlieger founded the Franschhoek Legal Advice Centre (FLAC) in December 1999, which they ran on a voluntary basis without funding for a year. Since the end of 2000, FLAC received funding from the Belgian Provincie West-Vlaanderen. FLAC focuses on the legal needs of the poor and previously disadvantaged people of the community.
WINDVOGEL Denver and ADONIS Denver Denver Windvogel and Denver Adonis, owners of Huguenot Fine Chocolates, produce high quality Belgian chocolates. The business began as part of a training programme by the Belgian Government when both men were sent to Belgium for a year to train as chocolatiers in top establishments. The jobs their business creates are a big asset to tourism in Franschhoek.
STELLENBOSCH
BOOYENS Bun Bun Booyens het ’n waardevolle bydrae tot kultuurbewaring in Suid-Afrika gelewer. Hy was ’n stigterslid van die Departement van Kultuurgeskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch en was jare lank die hoof van die departement. Booyens het talle eretoekennings ontvang van onder meer die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Die Genootskap vir Volkskunde, die ATKV, die FAK, die Afrikaanse Taalfonds en die Departement van Onderwys en Kultuur.
BOTHA Elize Elize Botha,’n bekende letterkundige, is die kanselier van die Universiteit van Stellenbosch.
BRINK Chris Chris Brink is op 19 Mei 2001 aangestel as rektor van die Universiteit van Stellenbosch (US). Voor hierdie aanstelling het hy die posisie van viserektor (navorsing) beklee aan die Universiteit van Wollongong, Australië. Hy is betrokke by verskeie gemeenskapsdiversiteitsaksies en beklemtoon veral die rol wat die US in die plaaslike gemeenskap kan speel.
CUPIDO Aaron Hy is afkomstig van Idasvallei, Stellenbosch. Aaron Cupido is ’n afgetrede onderwyser en gemeenskapsmens – hy het onder andere in die Bestuurskomitee en in die Trusteeraad van die Stellenbosch Museum gedien en was ook betrokke by die Hospice, Nagskuiling en die Stellenbosch Gemeenskapswelsynsraad.
DEHAECK Ben Dr. Ben Dehaeck is sedert 1965 ’n lektor by die Drama Departement van die Universiteit van Stellenbosch. Hy het ’n sleutelrol gespeel in die ontstaan en uitbreiding van die Breughel Teater in Cloetesville. Die Teater is in 1986 opgerig en die finansiering is hoofsaaklik deur hom gedra. Die ideaal was om ’n groot gemeenskapsentrum in Cloetesville op te rig om mense daardeur na die teater te lok. Dit het in ’n groot mate geslaag, want die breër gemeenskap van Cloetesville het gevoel dat daar vir hulle behoeftes voorsiening gemaak word.
FERNANDEZ Valerie Valerie Fernandez is die areaforumvoorsitter van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), gemeenskapsleier en kampvegter vir vroueregte. As ’n bekende gemeenskapsleier het sy haar volle steun toegesê aan die Breughel Teater in Cloetesville, ten einde gemeenskapsteater te bevorder. Sy fokus verder veral op uitreikingsprojekte.
HENRY Omar Omar Henry is ’n toegewyde sportman en sportadministrateur vir wie transformasie in sport baie belangrik is. Henry het sy krieketloopbaan aan Lückhoff Skool begin. In 1992 het hy sy krieketdebuut vir Suid-Afrika gemaak in ’n toets teen Indië in Durban. Hy was die eerste gekleurde speler wat Suid-Afrika in ’n internasionale wedstryd verteenwoordig het. Hy is in 2002 aangestel as die sameroeper van die Verenigde Krieketraad se keurkomitee.
KALAZANA William Mbuyi Hy is in 1998 as die eerste swart burgemeester van Stellenbosch ingehuldig.
KOTZE Johann Johann Kotze is sedert 1991 betrokke by die plaaslike musiekhandel. Hy is ’n mede-vennoot van Classix on CD en in 1999 stig hy die Afrimusik-platemaatskappy en bevorder ’n verskeidenheid plaaslike kunstenaars se loopbane. In 2001 is hy die organiseerder van die Freedom Day Concert in Kayamandi waar nouer betrokkenheid tussen die blanke en swart gemeenskappe bevorder word. In 2003 word ’n CD-opname en boekie vrygestel in samewerking met Ensemble Refugium en tradisionele swart musikante. Kotze is ook aktief betrokke by natuurbewaring, veral sover dit fynbos raak.
LUBBE Willem Hy was tot einde 2001 die eienaar van ’n plaaslike skoenfabriek, en is sedertdien steeds aktief betrokke by gemeenskapswerk en behoort aan 35 gemeenskapsorganisasies. Hy was onder andere voorsitter van die Hospice-tak, beskermheer van Huis Horison, voorsitter van Stellenbosch Museum se Trusteeraad, ’n stigterslid van die Molenhof-ouetehuis, erepresident van die Van der Stel Sportklub en is al 53 jaar lid van die Rotariërklub. Die meeste Stellenbossers sal hom egter onthou as goewerneur Simon van der Stel wat vir ’n dekade lank tydens die Van der Stel-fees met ’n swierige hoed vir die skare gewaai het.
MEYER Elana Sy is die wêreldrekordhouer in die halfmarathon en 15 km vir vroue. Meyer het ’n silwermedalje in die 10 000m afdeling tydens die 1992 Olimpiese Spele in Barcelona verower.
ORTELL Willie Gedurende September 1996 het Willie Ortell Stellenbosch Munisipaliteit se eerste bruin burgemeester geword. Hy het tot standerd agt aan die Hoërskool Lückhoff studeer en aan die Hoërskool Trafalgar gematrikuleer. Daarna het hy hom as onderwyser bekwaam en op Stellenbosch en later ook in Zambië skoolgehou. Ortell is in 2002 as burgemeester herkies. Sy betrokkenheid in die gemeenskap berus onder andere op die ANC/NNP-alliansie. Volgens hom bewerkstellig dit politieke samewerking oor kwessies soos misdaad en werkloosheid.
RETIEF Pietman Pieter Jakobus Retief is op 7 Desember 1942 in Stellenbosch gebore. Hy is ondervoorsitter van die Boland Krieketraad en was nou betrokke by die eenwording. Hy is voorsitter van Stellenbosch Toerisme en Inligting en het gehelp om die Ontwikkelingsubkomitee se struktuur te hersien om groter deelname van voorheen benadeeldes te bewerkstellig. Retief is ook spesiale adviseur vir die Soweto Sjebeenroete. Retief is voorsitter van die Idasvallei Erfenistrust wat poog om restourasiewerk te doen om sodoende toerisme na Idasvallei te bevorder. Hy is lid van die Wes-Kaapse Toerismeraad se Subkomitee: Ontwikkeling wat ontwikkelingsprojekte in Franschhoek, Swellendam, Stellenbosch en die Kaapse Vlakte ondersteun.
RUPERT Anton Hy is voorsitter van die Rembrandt Groep van maatskappye, asook voorsitter, beskermheer, genoot en erelid van bykans agtien ander instansies. Hy is ook ondervoorsitter van die Wêreldnatuurfonds. Rupert het in 1984 die ereburgerskap van Stellenbosch ontvang. In 1999 word die oorgrensprojek aangekondig om oorgrensparke te skep sodat die toerismepotensiaal van Suider- Afrika tot voordeel van al sy mense ontwikkel kon word. Rupert ontvang in 2002 erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
SWART Valiant Valiant Swart is ’n bekende Afrikaanse sanger-musikant, digter en akteur. Hy verwerf bekendheid met liedere soos Sonvanger en Die Skoene Moet Jy Dra wat deur Laurika Rauch opgeneem is. Hy maak sy debuut as akteur in die TV-reeks, Song vir Katryn. Swart is deel van ’n nuwe geslag Suid-Afrikaanse rockmusikante wat hulle invloed laat geld in die nuwe Suid-Afrika.
VAN DYK Ernst Hy is ’n internasionaal bekende rolstoelatleet van Stellenbosch en was die eerste rolstoelatleet ter wêreld wat die 19 minute-grens oor 10 km kon verbeter. Hy is die houer van drie wêreldrekords in rolstoelatletiek. Van Dyk het in 2000 sy honneursgraad in Menslike Bewegingskunde aan die Universiteit van Stellenbosch (US) voltooi. Hy werk tans as ’n operasionele bestuurder by die US-gimnasium.
VERWOERD Melanie Sy is gebore op 18 April 1967 in Pretoria as die dogter van Philippus du Toit Fourie en Helena Brandt. Melanie Fourie trou in 1987 op Stellenbosch met Wilhelm Verwoerd, ’n kleinseun van dr. H. F. Verwoerd. Verwoerd is ’n bekende in ANC-kringe en is tans Suid-Afrika se ambassadeur in Ierland. Sy het in 2002 die opening van die konferensie Memory, History and the Future in Suid-Afrika bygewoon. Hierdie konferensie is deur die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing in samewerking met die Instituut vir Geregtigheid en Versoening aangebied.
PAARL ABRAHAMS Elizabeth Born in Paarl in 1926, financial difficulties prevented Elizabeth Abrahams from completing her schooling. She worked with her mother at the Langeberg factory and joined the Food and Canning Workers Union, becoming General Secretary in 1954. After having worked for eight years, she was banned for five years. After returning to union work, she was detained a number of times but continued working underground. She became an ANC candidate in the 1994 General Elections and became a Member of Parliament, while continuing to work for the rights of women and workers.
ALEXANDER Ray Ray Alexander was born in Latvia in 1913 and joined the communist movement at the age of 14. Alexander immigrated to South Africa at 51 the age of 16 and joined the South African Communist Party. She worked in a dress shop, where she became involved in union activities. She was particularly interested in developing leadership among women, and helped Paarl union organisers, Elizabeth Mafekeng and Elizabeth Abrahams to establish the Paarl branch of the Food and Canning Workers Union. Alexander died on Sunday 12 September 2004.
CLOETE Harlan Harlan Cloete is in die Paarl gebore en het sy laerskoolloopbaan aan William Lloyd Primêr voltooi. Hy het matriek geskryf aan die Spes Bona Seunskool in Athlone. Hy het ’n BA-graad, onderwysdiploma en honneursgraad in Geskiedenis aan Universiteit van Wes-Kaapland behaal en ’n meestersgraad in Publieke Administrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1991 het hy begin klas gee in Engels en Geskiedenis by Charleston Hill Sekondêr in die Paarl. Hy het Koinonia, ’n Bybelstudiegroep en gemeenskapsentrum begin en het ook ’n aandeel gehad in die totstandkoming van Radio KC, ’n gemeenskapsradiostasie met ’n Christelike inslag.
GILFELLAN Calvyn Calvyn Gilfellan is ’n gebore Paarliet, die seun van Anthony en Patricia Gilfellan. Sy pa is oorspronklik ’n messelaar van Walvisbaai. Gilfellan het gematrikuleer aan Paulus Joubert Sekondêr waarna hy aan die Universiteit van die Wes-Kaapland in Geografie studeer het. Hy het baie navorsing gedoen oor plakkery in die Bo-Bergriviervallei en die metropolitaanse herstrukturering in die Wes-Kaap. As stigterslid en voorsitter van die Paarl Studentevereniging is hy destyds verskeie kere deur die Veiligheidspolisie toegesluit. Hy was ’n uitvoerende lid van die Paarl Stadsraad en die Wynlandse Streekdiensteraad in 1995, asook voorsitter van die Paarl HOP Forum.
JOHNSON Nellie Born in Paarl East Nellie Johnson worked at the Langeberg factory for many years and also as a messenger at Girls High School. At Langeberg she was elected secretary of the Food and Canning Workers Union where she fought for the rights of the workers and for increased wages. Founder member of the Mbekweni Women’s Association and the Vukukhanye Creché, she started a soup kitchen at the Methodist Church for streetchildren and the unemployed. She also started a South African National Tuberculosis Association (SANTA) care group to support the families of TB patients with food parcels.
MAFEKENG Elizabeth Born in Mafekeng in 1921 in Tarkastad, Elizabeth Mafekeng moved to Paarl as a child with her mother, a migrant farm worker. While working at the Langeberg factory she became a trade union organiser, later becoming president of the Food and Canning Workers’ Union. Raising 11 children, she understood the difficulties a woman faces when combining a career and motherhood. After attending an international conference on trade unionism and worker rights, she was ordered by the state to live in Southey. She managed to flee to Lesotho, remaining there until 1990. She moved back to Mbekweni, remaining committed to the empowerment of workers and women.
MGAJO Mike Mike Mgajo was born in Mbekweni in 1963 and matriculated at the Simon Hebe Secondary School (now known as Desmond Tutu). After acquiring a teaching degree, he started his career at Mbekweni Higher Primary as a maths teacher. He is married to Nomawonga and has two children. In 1996 he became the first Xhosa-speaking mayor of Paarl.
PATEL Yusuf Hy het standaard 8 aan die Noorder-Paarl Sekondêre Skool geslaag en gematrikuleer aan die Hoërskool Bellville-Suid. Hy word ’n sakeman in die Paarl en in 1975 trou hy met Badrunisha, waarna ’n dogter gebore is. Sy politieke oortuigings het hom vir vyf jaar in die tronk laat beland, maar hierdie tydperk het hom gedwing tot diepe nadenke oor sy eie en sy land se toekoms. In 1993 word hy bevorder tot koördineerder van die Wes-Kaapse Platteland en daarna tot gebiedsbestuurder van die Grassroots Educare Trustorganisasie wat voorskoolse onderwys bevorder en ontwikkel. Verder was hy ook voorsitter van die Paarlse HOP Forum.
OUDEKERK VOLKSMUSEUM, TULBAGH
BERESFORD Rochelle Rochelle Beresford is in 1954 in die Paarl gebore, maar word in Tulbagh groot. Haar eerste kunsonderrig ontvang sy van Philip Terblanche en na matriek in 1973 studeer sy verder by ’n kunsskool in Kaapstad. Na ’n jaar verander sy haar studierigting na verpleging en behaal haar diploma in 1976. In 1984 voltooi sy haar kunsstudie aan die Ruth Prowse Kunsskool en ontvang die Erik Laubscher-prys vir skilder. In 1999 word sy die organiseerder van die Tulbagh Kunstefees en die Tulbagh word weer Hollands-fees. Sy sien die behoefte aan kunsonderrig en organiseer verskeie kompetisies en is behulpsaam met ontwikkelingsprojekte vir werkloses.
DOWRY Cobus Cobus Dowry is op 7 Desember 1946 in Touwsrivier gebore, maar het in Klapmuts grootgeword. Sy matriek het hy deur Sukses Kollege voltooi en daarna ’n B.A.-graad en ’n Bybelskooldiploma verwerf om sodoende ’n predikant van die Volle Evangeliekerk te word. In 1983 is hy as omroeper by die SAUK aangestel en verwerf sy B.Th.-, Honneurs- en Meestersgrade in Teologie. In 1994 word hy verkies as LP vir die Nasionale Party en in 1999 herkies. In 2002 word hy minister van Plaaslike Regering in die Wes-Kaapse Provinsiale Kabinet. Hy woon tans in Tulbagh.
LOUW Porchia Porchia Angelique Ursula Lee-Ann Louw is op 17 Julie 1983 in Tulbagh gebore en ontvang haar skoolopleiding aan Waveren Primêr en die Hoërskool Tulbagh. Verder verteenwoordig sy Swartland en Boland in landloop, maar op dertienjarige ouderdom moes sy ’n keuse maak tussen netbal en landloop, en sy het netbal gekies. Louw presteer op netbalgebied en verteenwoordig Boland vanaf onder 16 tot onder 19. Op 20-jarige ouderdom word sy gekies om vir Sentraal-Boland by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te speel.
SIDEGO Conrad Conrad Sidego is op 18 Junie 1946 in Knysna gebore waarna hy sy kinderjare in Tulbagh deurbring. Hy koop later ’n huis in historiese Kerkstraat. In 1969 begin hy sy loopbaan as onderwyser en in 1971 word hy redakteur van Rapport Ekstra. Nadat hy vir Anglo-American gewerk het, was hy in 1991 benoem as die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Denemarke. Sidego is tans die Senior Algemene Bestuurder: Korporatiewe Aangeleenthede by Naspers. Gedurende 1991 ontvang hy die ereburgerskap van Tulbagh vir sy bydrae op politieke en ekonomiese gebied.
ROBERTSON MUSEUM
DU PLESSIS Riana Riana du Plessis is deur P. Mhobo, J. Ngonyama, B. Gqabi en S. Burwana genader om behulpsaam te wees met die vestiging van ’n hoërskool. Die Departement van Onderwys het toestemming verleen om ’n leersentrum in te rig en die eerste st. 8-klas is in 1992 geregistreer en in die NGK Nkqubela aangebied. In 1993 het die Onafhanklike Ontwikkelingstrust geld geskenk vir klaskamers, ’n heining, administrasiegebou en ablusieblok. Die leersentrum en die Masakheke Intermediêre Skool het in 1996 saamgesmelt en sou voortaan as die Masakheke Combined School bekend staan. In 2003 het die matriekklas ’n 100% slaagsyfer behaal.
LE KAY Rachel Rachel le Kay maak ’n groot verskil in die lewens van siekes, bejaardes en eensames. Na die voltooiing van ’n kursus in tuisversorging het sy en vyf ander dames dadelik aan die werk gespring. Hulle help families met ’n bedlêende gesinslid en ondersteun ook die ander gesinslede. Verder bring hulle soms ’n bossie blomme vir ’n eensame bejaarde. Daar word ook toesig gehou oor teringpasiënte en hulle sien toe dat hierdie mense gereeld hulle medikasie gebruik. Hulle is ook betrokke by vroueklubs waar hulle leiding neem in onder andere naaldwerkklasse en handwerk. Gedurende die wintermaande bedryf hulle ook ’n sopkombuis.
MHOBO Elizabeth When Elizabeth Mhobo found an elderly man alone and near death because of hunger, she had to help. Through her efforts and with the help of a few women in the community of Nkqubela, an old age home was started in 1988, only receiving a government subsidy in 1996. The Department of Social Services provides approximately R2000 a month. She also started a soup kitchen. At present this group is working hard to see the opening of a daycare centre for children as well as after-school care facilities.
TOGRYERS MUSEUM, CERES
BASSI Tanya Tanya Bassi became involved with the Roselight Foundation early in 2003. She is now a counsellor for the foundation and is responsible for the hospital programme. In a farming community it is not always possible for parents to visit children in hospital because of the distances involved. Bassi visits children on a regular basis providing support, stimulation and counselling when necessary. She is trained in abuse and trauma counselling and is on standby for cases of rape and sexual abuse that are reported to the police and hospital.
MAZETTI Rozelle Rozelle Mazetti had many years of experience working in townships and among disadvantaged people. In 1986 she founded the Swartland and West Coast branch of the Society for the Prevention of Cruelty to Animals (SPCA), which she managed for nine years. During this time she established mobile clinics and converted a disused abattoir into an Animal Care Centre. Staff members were trained and counselled by her. She attended many courses at the Child Guidance Clinic at the University of Cape Town (UCT). She also served on the Ceres Protocol Committee against Child Abuse and was a member of the Ceres and Prince Alfred Hamlet Police Forum. Sadly, she passed away in 2005.
RIDING Letty Letty Riding has worked as a counsellor at the Primary Health Care Clinic, was a volunteer in patient care for the SA National Cancer Association (SANCA) and served on the working committee for the Streetchildren Project in Ceres. She completed the National Institute for Crime Prevention and Rehabilitation of Offenders’ (NICRO) youth programme and started working at the Warm Bokkeveld Prison as a spiritual advisor in February 2003. She has already co-facilitated three restorative justice programmes.
SAMPSON Rose Rose Sampson (ook bekend as Antie Rosie) is op 29 Mei 1938 in Port Elizabeth gebore. Gedurende April 2002 het sy betrokke geraak by die Bobby Bear Projek. Tans is sy deel van die Ceres beradingspan wat met kinders werk wat verkragtingslagoffers was. Bobby Bear word aan hulle gegee as vertroosting en praat namens diè wat nie self kan praat nie. Sampson is ook die streeksleier van Women of Destiny, die vroue-organisasie van die ACDP.
WELLINGTON MUSEUM
ABDURAHMAN Abdullah Dr. Abdullah Abdurahman (1870-1940) is op 18 Desember 1870 in Wellington gebore. In 1893 verwerf hy die grade M.B. ChM in Skotland en na sy terugkeer na Suid-Afrika begin hy 'n mediese praktyk in Kaapstad. Hy het ook 'n baie suksesvolle loopbaan gehad as stadsraadslid, verteenwoordiger van Distrik 6, provinsiale raadslid vanaf 1914-1940 en as die president van die African Peoples Organization.
BAILEY Herman (1950-) Herman Bailey bekende Wellingtonner en openbare figuur, word in 1995 verkies tot burgemeester van die eerste volle demokratiesverkose Munisipale Raad van Wellington. Hy beklee die amp tot in 1996. In 2000 is hy as onderburgemeester van die nuwe gealmagameerde Munisipale Raad Drakenstein verkies. Hy is bekend vir sy bydrae tot die openbare lewe, die draaiboek My dagboek loop ver, en sy insette in landelike gemeenskapsontwikkeling.
BREYTENBACH Breyten (1939-) Hierdie bekende skrywer-aktivis en kunstenaar is op 16 September 1939 in Bonnievale gebore, maar het in Wellington skoolgegaan vanaf sy laat-laerskooljare. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hugenote in 1957. Oor die jare het hy ’n verskeidenheid plaaslike en internasionale toekennings ontvang vir sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Hierdie oud- Wellingtonner was ook ’n ywerige teenstander van apartheid.
COATON Horace Hurley (1915-2002) “Flip” Coaton is op die plaas, Weltevrede, in die Wellington-distrik gebore. Gedurende sy 40-jaar lange verbintenis met Naspers verskyn daar verskeie tekeninge uit sy pen, nie net vir Huisgenoot nie, maar ook vir Landbouweekblad, Sarie en Die Jongspan.
CUPIDO Charlotte (1921-) Charlotte Helen Cupido is in 1921 in Pinestraat, Wellington, gebore. Sy was 50 jaar lank in die onderwys – die grootste gedeelte hiervan as onderwyseres in Musiek en Engels aan die Hoërskool Bergrivier. Sy is ’n bekende in die gemeenskap, veral in kerk-en musiekkringe en het ook ’n belangrike rol in die dorpsgeskiedenis-projek gespeel. Sy is die skrywer van die boek getiteld Vra na die ou Paaie.
DAVIDS Francois (1955-) Francois Davids was ’n stigterslid van die Newtons Rugbyklub en self ook ’n kranige rugbyspeler. In 1976 is hy vir die Boland SARUspan gekies en in 1987 het hy kaptein van hierdie span geword. In 1997 het hy Jack Abrahams as voorsitter van die Boland Rugbyunie opgevolg. In 1996 bereik hy ’n verdere hoogtepunt in sy loopbaan toe hy as nasionale keurder aangestel is om die Springbokspan teen die Wallabies en die All reds vir die Drie Nasiesreeks te kies.
JONES Henry (1929-) Henry Jones het boks, ligaamsbou en gewigoptel beoefen. In 1960 het hy die gesogte Meneer Suid-Afrika-liggaamsboutitel in Johannesburg gewen, maar vanweë die apartheidsituasie kon hy in 1963 nie amptelike Springbokstatus geniet nie en moes hy onder die vaandel van die Wellington-Liggaamsbouklub deelneem. Eers nadat hy die Meneer Heelal-titel in 1963 verower het, is Springbokkleure amptelik aan hom toegeken.
NOLTE Pierre Pierre Nolte, oftewel Valiant Swart, is in 1965 in Wellington gebore en hy het ook hier skoolgegaan. Hierdie bekende liriekskrywer, reds en alternatiewe Afrikaanse rocksanger, het op 11-jarige ouderdom sy eerste kitaar gekry en in 1990 met sy musiekloopbaan begin. Vandag is hy welbekend by die Suid-Afrikaanse publiek.
NORTJE PH (1920-) Peter Henry Nortje se verbintenis met Wellington begin in 1954 toe hy as hoof by die Laerskool Hugenote aangestel is. In 1982, met sy aftrede, was hy die rektor van die onderwyskollege. Hy is ’n veelsydige mens – onderwyser, skrywer en gesinsmens wat talle boeke en artikels geskryf het oor sy lewe in die dorp. Hy is dan ook sinoniem met Wellington.
SMALL Adam Adam Small (1936-) is in Terracestraat 13, Wellington gebore. Hy is ’n bekende skrywer, filosoof en maatskaplike werker en ontvang in 1981 ’n eredoktersgraad in die Letterkunde van die Universiteit van Natal. In 1993 ontvang hy die Suid-Afrikaanse Orde vir Voortreflike Diens (Klas Goud). Adam Small is bekend vir sy vernuwende gebruik van Afrikaans en vir sy uitbeelding van die invloed wat apartheid gehad het op mense se lewens. Van sy bekende werke is Kanna Hy Ko Hystoe, Heidesee en The Orange Earth.
WALTERS Matthys Matthys Michiel Walters (1930-) is ook een van Wellington se bekende digters en skrywers, en het die Eugene Marais-prys, die Ingrid Jonker-prys en die W.A. Hofmeyr-prys ontvang. Sy toneelwerk het begin toe apartheid, uitsettings en verskuiwings alledaags was. Sy werke, Die Vroue van Kores en Miskien Woon Julle Onder Ons, het as agtergrond die verskuiwing van bruin mense uit Distrik Ses.
WORCESTER MUSEUM
AUCAMP Connie Connie Aucamp was the first visually-impaired student to study full-time at a university. She obtained a masters and teaching degree, both cum laude, at the University of Stellenbosch. In the United States she was able to obtain a diploma for the education of the visually-impaired after being awarded the Queen Victoria Memorial Scholarship. She taught at the Pionierskool vir Blindes for 33 years. Aucamp strongly supports the use of Braille and continues to strive for improving living conditions of visually-impaired people. She has received numerous awards acknowledging her achievements and services.
BERGH Shaheen Shaheen Bergh is in 1956 in Touwsrivier gebore. Hy is betrokke by ’n gemeenskapsradiostasie – Voice of the Cape Boland 95.8FM – as streekkoördineerder. Verder is hy ’n uitstekende onderhoudvoerder en dit sluit onderhoude met musikante, digters, beraders en politieke figure in. Shaheen is ook ’n brugbouer deurdat hy probeer om die verhoudinge tussen rasse te verbeter en op godsdienstige vlak sorg hy dat daar ’n gesonde interaksie tussen Moslems en Christene is. Tans is hy besig om politieke figure oor te haal om nader aan grondvlak te beweeg sodat die behoeftes van die minderbevoorregtes direk aangespreek kan word.
BEUKES Charles Peter Charles Beukes was born in Cape Town in 1953. He has dedicated 30 years to helping rural and disadvantaged sports people in the Western Cape and South Africa. In the days of apartheid sport when non-racial sports as practiced by the South African Council of Sport (SACOS) received little media exposure, he took it upon himself to contact the South African Broadcasting Corporation (SABC) and arranged for telephonic reports of worthwhile national tournaments that were held in Worcester once a year. He was appointed as the Director for Development at the Development Foundation of ASA to bring opportunities to rural sportsmen and women in the early nineties.
BROWN Floris Floris Abraham Brown is in 1948 in Worcester gebore. Hy verwerf goueplaatstatus met die popgroep Restless Children, eindig 1ste in die International Correspondence Chess Federation World Tournament en is die SACOS-Sportman van die Jaar vir die kode Skaak. Hy word ook bekroon as die Worcesteriet van die Jaar. Minister Patrick McKenzie het hom bedank vir sy bydrae om kultuur in die Wes-Kaap te bevorder. Verder is hy aangewys as bestuurder vir die SA Braille Skaakspan wat na Spanje gaan. Hierbenewens is hy ondervoorsitter van die Worcester Vigsaksiekomitee, lid van die Breedevallei Dichters en betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte.
DAVIDS James James Davids was born in Ashton in 1958. Pastor Davids’s dedicated his life to Christ in 1978 at the age of 20 years and has ministered in almost every part of South Africa. His testimony was recorded on audiotape and brought salvation for many people, including some of the most feared gangsters. Even now he plays a major role within his local community, involving himself in peace processes between the most feared gang leaders and the local police.
FRANSMAN Willem Willem Fransman is alombekend as storieverteller, digter, dramaturg, akteur en kranige stapper. Hy het ook in talle ampte diens gedoen in die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK). Hy is tans die grafiese kunstenaar van die VGK se amptelike lyfblad, Ligdraer. Hy het verskeie boeke geïllustreer en 'n magdom embleme ontwerp. In 1997 word hy as wenner aangewys in die Radiosondergrense en Sanlamkompetisie vir radiodramaskrywers met sy drama Om te Bedel is ’n Kuns. Sy jongste radiodrama wat handel oor Sarah Bartmann, Die Belofte in ’n Skilpaddop, is op 9 Augustus 2002 op Bush Radio uitgesaai.
GODLA Elliot Elliot Mtutuzeli Godla was born in Worcester in 1968. He spent six months in detention in 1985 under PW Botha’s State of Emergency. Godla was elected to the ANC Zweletemba Executive Committee as treasurer. In his two 56 years in office, Godla has built up credibility in the regional, provincial and national political arena. He was elected to the Worcester Reconstruction and Development Programme (RDP) as deputy chairperson. He joined the First Rand Group in 1993 until 2003. He is also chairman of Valley FM community radio station.
KOOPMAN Jacobus (Kosie) Koopman is in 1947 gebore in die Hexriviervallei, naby Worcester. Vanaf 1964 tot 1967 wen hy elke jaar die myl en die 880 treë. Op 25 Maart 1973 wen hy die 10 000m wedloop by die WP Kampioenskappe in 29 minute 58 sekondes. In September 1973 wen hy die marathon in Kaapstad in 2 uur 19 sekondes en sy Boland SACOS-rekord staan vir 30 jaar. Vir die afgelope 30 jaar neem Kosie aan die WP en Boland se provinsiale marathons, landlope, halfmarathons en tien kilometers deel. Hy is tans ondervoorsitter van die Worcester Atletiekklub, ontwikkelingsbeampte en afrigter.
LOUW Marius was born in 1967 with cerebral palsy but became an accomplished athlete. He excelled in athletics, winning gold medals in the 1500m, 800m and 400m track events. At the World Championships in 1997 he managed to win one silver and two bronze medals, followed by one bronze and two silver medals a year later in Colorado Springs. Cycling became his passion during the early 1990s, winning medals at the Paralympics in Sydney 2000 and the World Cycling Championships in 2000. He officially retired from professional cycling in 2003.
LOUW Rebecca Rebecca Sophia Louw is in 1943 gebore op De Wet, naby Worcester. Sy het ’n hart vir die haweloses en is vandag die bestuurder van Nuwe Begin Skuiling vir haweloses in Worcester. Sy is direk betrokke by die rehabilitering van die haweloses en hereniging met hul families. Sop word bedien vanaf die Skuiling vir die minderbevoorregtes in Worcester, Zweletemba en Avianpark. Daar is ook MIV/vigs-, kanker- en ander terminale siektelyers na wie sy omsien omdat hulle families nie opgespoor kan word nie. Op 31 Augustus 2003 het sy die voorreg gehad om die staatspresident, mnr. Thabo Mbeki, te ontmoet.
MEYER Nathan Born in 1987, Nathan Meyer was educated at the Pionierskool vir Blindes and Boland Kollege in Worcester. At the age of 19 he qualified for the South African paralympic team and went on to win gold medals in the 100m and 200m events at the Paralympic Games in Sydney. In 2002 he also represented South Africa at the World Championships in France.
MOSES James Jimmy Moses is in 1945 in Worcester gebore. In 1962 begin hy senior rugby en krieket speel. Hy word gekies vir die 1963-64 Boland krieketspan. In 1964 word hy gekies vir die Worcester en Distrikte rugbyspan. In 1965 kry hy Boland Rugby-uniekleure en Westelike Provinsie krieketkleure. In 1967-1969-1971 verteenwoordig hy Boland in die Rhodes-toernooie. Hy verteenwoordig SARU vir drie agtereenvolgende jare (1967-1970) en Boland in die SA-Bekerkompetisie (1973-1977). Hy word gekies as Bolandkeurder vir rugby en krieket (1980-1990). Vir vandag se jeug bly Moses ’n toonbeeld van uitstekende sportmanskap.
O’ SHEA Con Con O’ Shea is in 1936 in Fairview, Port Elizabeth gebore. As foto-joernalis werk hy vanaf 1956 tot 2000 vir die Golden City Post, Die Burger, Rapport, Cape Herald, Worcester Standard en Karet. Hy begin sing op 4-jarige ouderdom en stig later verskeie orkeste en sanggroepe. Hy debuteer in 2000 met sy Afrikaanse album, Mis Jou. Hy tree op in TV-programme soos “Maak ’n Las”, “Fokus” en “Sakkie Langarm”. Verder skryf hy TV-programme vir “Ons Nasie in Kleur” (SAUK 2) . So is “Excelsior Brass Band” verfilm en uitgesaai op 19 Februarie 2004. Sy gemeenskapsbetrokkenheid in die Breederiviervallei is prysenswaardig.
PETERSEN David David Petersen was born in Worcester in 1937. From an early age he was an activist who participated in ANC politics. These activities were conducted under strenuous conditions of bannings and constant harassment by the security police. He was also an executive member of the United Democratic Front since its inception in 1983 until its dissolution in 1991. From 1995 he served as a councillor 57 on the then Worcester Transitional Council, and retired in 1999. He is no longer actively involved in politics but is a member of the South African Communist Party.
SEPTEMBER Rapsetse John (Biza) Rapsetse September is in Worcester gebore. In 1954 het gedwonge verskuiwings uit die middedorp na Zweletemba plaasgevind en hierna het hy by gemeenskapsake betrokke geraak. In 1960 stig hy ’n sanggroep African Memoirs wat in Worcester en die Paarl opgetree het. Hulle het by MhloboWenene-radiostasie opnames gemaak wat landwyd uitgesaai is. Biza het ook alleen opgetree en het die titel “Mr Entertainment” verower. As rugbygeesdriftige het hy 13 jaar vir Olympics Zweletemba, 8 jaar vir Swart Boland en vir die Swart Bokke teen Federasie, SA Kleurlinge, gespeel. Hy was keurder vir SARA en Craven Board SARB, asook vir die Breërivier Rugbyunie.
VAN DE VENTER Erena Community involvement for Erena van der Venter started in 1983 with the Nuwe Lewe Bende-project in Worcester. The programme brought together warring gangs and took four years to complete. A similar intensive programme to assist street children led to the establishment of Moria House for Street children in 1990. Three years later, Van de Venter founded the Kibbutz El-Shammah in Roodewal. This programme encourages people to discover their hidden talents. The people of Roodewal have since taken ownership of the kibbutz. Today Van de Venter offers support to House of Hope for abused women, and is involved in setting up a training school for community counsellors.
VAN ROOY JS J.S. van Rooy is gebore in Wupperthal en bedien sedert 1968 die volgende VGK-gemeentes: Carnarvon, Oos-Londen, Middelburg (KP), Willowmore, Marydale en Oudtshoorn. Sedert 1994 is hy verbonde aan die Toevlug Rehabilitasiesentrum in Worcester en beklee tans die amp as Direkteur van die Horisonprojek. Daar is 180 000 kinders by die projek ingeskakel. Hy is ook Direkteur van die Nasorgprogramme van die Christelike Afhanklikheidsbediening wat ongeveer 6 000 gerehabiliteerdes en hulle afhanklikes insluit. Hierbenewens skryf hy boekies en gee opleiding oor alkohol- en dwelmmisbruik. Sedert Januarie 2002 is hy ook Direkteur van Toevlug.
WILLEMSE Hein Hein Willemse was born in 1957 in Ladismith in the Little Karoo. He was awarded the Kanna Award at the Klein Karoo National Arts Festival in 2002 for his “innovative and enriching contribution to Afrikaans”. As a literary critic and a person interested in language, he served on the Language Commission of the African National Congress (prior to 1994) and post-1994 on sub-committees of the Pan South African Language Board. He has received a Merit Award for More than Brothers from the Western Cape Department of Arts and Culture.
MONTAGU MUSEUM
ALSTON Melanie Melanie Alston is in Montagu gebore en gaan in die Paarl (Girls High) en Montagu (Montagu Hoërskool) skool. Sy studeer aan die Universiteit van Port Elizabeth en word in 1999 aangewys as die Corobrick Argitekstudent van die Jaar. Sy bekommer haar oor die vervalle toestand van kunssentrums in voorheen benadeelde gebiede en stel daarom ’n model van ’n mobiele teater wat in vragmotors na verskeie plekke in die land vervoer kan word, voor. Melanie is tans dosent aan die Universiteit van Kaapstad.
BENJAMIN Edwina Edwina Benjamin is in Montagu gebore en ontvang haar skoolopleiding aan W.A. Rossouw Primêr en Montagu Hoërskool. Sy het van kleins af ’n groot liefde vir sport, veral netbal en atletiek, gehad, en was al deel van die 0/17 en 0/19 Boland-netbalspanne wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het. Gedurende 2001 het sy ’n beurs ontvang om vanaf 2002 vir twee jaar aan die Stellenbosch Netbalinstituut te kan gaan studeer deur ’n akademies-gerigte kursus te volg. Sy hoop om in die toekoms vir die Suid-Afrikaanse netbalspan te speel.
CUPIDO Eloïse Eloïse Cupido voltooi haar skoolopleiding aan W.A. Rossouw Primêr, Belgravia Hoër (in Kaapstad) en die Montagu Hoërskool. Gedurende 1997 kry sy ’n rol in die TV-produksie, Vetkoekpaleis. In 1999 speel sy in Generations en tree op as TV-aanbieder vir Atletiek S.A. In 2001 speel sy die hoofrol in It Rained Last Night, asook ’n rol in Blinkwater op Radiosondergrense. Vanaf Januarie 2002 verwerf sy bekendheid as die aanbieder van die TVproduksie, Belboks. Sy is tans besig om haar Frans en Duits op te knap, omdat sy “graag met mense in hul eie taal wil praat.” DE WET Flip Flip de Wet is in Indwe gebore waar hy ook matrikuleer. Hy bekwaam homself as onderwyser en behaal uiteindelik sy doktorsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch. As hoogleraar beklee hy die leerstoel in Onderwysadministrasie/Onderwysbestuur. Na sy aftrede vestig hy hom in Montagu waar hy in 2000 verkies word tot burgemeester van die Montagu Munisipaliteit. Na die Munisipaliteit se ontbinding en herstruktuering, word hy die eerste burgemeester van die Breërivier/Wynland Munisipaliteit. Baie aandag word aan toerisme in Montagu bestee en in 2003 word Montagu dan ook as die “Village of the Year” aangewys.
DU TOIT Gwendeleé Suster Gwendeleé du Toit is in Montagu gebore en na moeilike jare as ’n sieklike kind, begin sy in 1987 met haar verpleegopleiding in Kaapstad by die Nico Malan Verpleegkollege waar sy Verloskunde as spesialiteitsrigting kies. Vanaf 1 Maart 1994 tot 1999 werk sy by die Mitchell’s Plein Kraameenheid. In 1999 begin sy egter as verpleegkundige in Montagu werk. In haar 17de verplegingsjaar is sy as die eerste bruin verpleegdiensbestuurder by die Montagu Hospitaal aangestel.
JANTJIES Regina Regina Ngonyama Rosey Jantjies grew up in a most disadvantaged rural area in the Eastern Cape, but despite her circumstances, she matriculated and obtained her Nursing Diploma. While working as a nursing sister for the Ashton Municipality, she started several community projects. In 1999 she noted HIV/Aids patients being discharged from hospital were being ill treated and not fully accepted. With help, the old clinic was converted into a small hospital for such patients. She won the 2000/2001 Bona/Spar Star Award.
LOMBARD Kenwin Kenwin Lombaard is in Montagu gebore en gaan ook daar skool. Tans is hy besig met ’n LLB-graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Op 14-jarige ouderdom is hy vir die Boland Hoërskole Atletiekspan gekies. Tydens die Nasionale Hoërskole Kampioenskappe in Pretoria, verower hy die 4de plek in beide die hoog- en verspring-items. In 2000 verower hy ook ’n bronsmedalje in driesprong en, ten spyte van ’n enkelbesering, drie bronsmedaljes in 2001. Gedurende 2002 word hy aangewys as een van Maties se Top 20-atlete. Gedurende 2003 verteenwoordig hy die SASSU Wes-Kaap-span tydens die SA Studente Kampioenskappe in Durban.
LUBBE Gert Gert Lubbe is in Schweizer-Reneke gebore en voltooi sy skoolopleiding aan die Paarl Gimnasium. Hy verwerf hierna ’n Diploma in Hotelbestuur aan die Johannesburgse Hotelskool. Hy koop Arcadia in Kerkstraat, Stellenbosch, en verander die naam na d’ Ouwe Werf. Sedert 1981 omskep hy dit in ’n koffietuin en volwaardige hotel. Hy help ook om Stellenbosch internasionaal te bemark. Aan die einde van Oktober 2000 tree hy na 11 jaar uit as Raadslid van die Stellenbosch Munisipaliteit en verhuis gedurende April 1999 na Montagu waar hy die meesterbrein agter die “Roete 62”-handelsnaam word. Tans dien hy ook in twee provinsiale toerismekomitees.
PEKEUR Ivan Ivan Pekeur is in Montagu gebore en voltooi sy skoolloopbaan in Montagu, Robertson en Genadendal. Na matriek studeer hy aan die Opleidingskollege Suid-Kaapland in Oudtshoorn. Hierna gee hy skoolonderrig by die W.A. Rossouw Primêre Skool (Montagu), B.F. Primêre Skool (Barrydale), Vergesig Primêre Skool (Robertson), Ashton Sekondêre Skool (Ashton) en 59 Ashbury Primêre Skool (Montagu) waarna hy uit die onderwys tree. Hy dien as voorsitter van die Villagers Rugbyvoetbalklub, lei skeidsregters op vir die Boland Rugbyunie en tree ook self by twee geleenthede as skeidsregter vir SARU op. Op politieke gebied dien hy die Civics in die plaaslike raad en dien ook as onderburgemeester.
SWANEPOEL Juan Renaldo O’Donnovan Juan Swanepoel is in 1968 in Worcester gebore, beleef die onstuimige jare van skoolboikotte en weerstand teen apartheid. Hy voltooi sy skoolopleiding aan die W.A. Rossouw Primêre Skool en Esselenpark Senior Sekondêre Skool. Hierna studeer hy aan die Söhnge Onderwyskollege en begin in 1989 as onderwyser in Montagu. Hier vorder hy van ’n “gewone” onderwyser tot skoolhoof en van entrepreneur tot suksesvolle sakeman. In 2000 is hy as raadslid verkies.
OVERBERG
CALEDON MUSEUM
ARENDSEN Richard Eerw. Richard Andrew Arendsen, ’n boorling van Kimberley, het in 1976 die hoof van die Swartberg Primêre Skool in Caledon geword, ’n posisie wat hy beklee tot met sy aftrede in 1992. Arendsen het hom ook as predikant in die Anglikaanse Kerk bekwaam waar hy tot in 1999 betrokke was. As skoolhoof en predikant het hy ’n groot bydrae gelewer ten o p s i g t e v a n g e m e e n s k a p s w e r k . H y h e t o o k i n v e r s k i l l e n d e gemeenskapsorganisasies gedien waaronder die Heidehof Raad, die Museumtrusteeraad en die Overberg Gemeenskapstrust.
BOSMAN Martha Martha Wilhelmina Bosman is in 1952 in die Riviersonderend-distrik gebore. Sy matrikuleer aan die Swartberg Sekondêre Skool in Caledon en verwerf daarna haar Onderwyssertifikaat aan die Athlone Opleidingskollege. In 1997 begin sy ’n geletterdheidsprogram in die gemeenskap waarmee sy ’n groot verskil aan mense se lewens gemaak het.
MZINYATI Patrick Patrick Mzinyati is in Robertson gebore en hy matrikuleer in 1982 aan die Wusisizwe Hoërskool in Worcester. Daarna sluit hy by die Departement van Korrektiewe Dienste aan. Hy vestig hom in Caledon en raak betrokke by uitreikaksies vir die jeug. Patrick is’n stigterslid van die Uitsig Gemeenskapskomitee, dien in die toerismeraad en is lid van die Trusteeraad van die Caledon Museum. Hy het sedert sy vestiging in Caledon ’n waardevolle bydrae tot die uitbou van die gemeenskap gelewer.
ROUX Erica Erica Roux is in 1947 gebore, matrikuleer in 1964 en studeer daarna aan ’n onderwyskollege. Sy werk as ’n vryskutverslaggewer en later in haar lewe raak sy betrokke by die alternatiewe pers. Tydens haar verblyf in Beaufort-Wes in die 1980s word sy bewus van die knellende armoede en die oorlewingstryd van talle mense. Roux verhuis in 1993 na Caledon en word in 1995 tot stadsraadslid verkies. In 1999 tree sy uit die politiek en is tans ’n erelid van die Suid-Afrikaanse Korps Oudgediendes Legioen.
SWARTZ Wallace Wallace Aubrey Swartz is in 1994 in die eerste demokratiese verkiesing as wykskandidaat verkies. In 1995-96 was hy die Caledon Raad se afgevaardigde in die Overberg Distriksraad en in 2000-01 tree hy op as gemeenskapskakelbeampte tydens die konstruksie van die Caledon Casino. Hy sluit hom in 2002 aan as dosent by die Boland Kollege se Caledon Kampus. In dieselfde jaar word hy ook die hoof van die Boland Kollege se Vaardigheidsentrum op die Caledon Kampus. Dit is vanweë sy deursettingsvermoë dat ’n kollege in die platteland tot stand gekom het.
DROSTDY MUSEUM, SWELLENDAM
ARENDSE Rhodes Reverend Rhodes Eugene Lyle Arendse started his career as a priest in Elsies River and after serving in Pacaltsdorp and Oukiep, moved to Swellendam in 1987. He participated in the community’s protest against the political order of the day and joined the civic organisation in peaceful marches in Swellendam. Protest marches continued until 1993 when the Swellendam transitional committee was formed. Arendse was elected mayor from 1994 until 1995. During his term as mayor, President Mandela was presented with the Freedom of Swellendam.
MATTHYSEN Hanli Hanli Matthysen, ’n boorling van die Overberg, is as die eerste vroulike bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Vloot se Spysenieringskool aangestel. Met haar terugkeer na Swellendam in 1984 het sy binnenshuis- versiering en modeontwerp beoefen en ook haar eie restaurant bestuur. Haar belangstelling in musiek en die uitvoerende kunste het gelei tot musiekkonserte en opvoerings in haar teater-restaurant. Matthysen was die voorsitter en lid van die Swellendam Assessore-komitee, sy was betrokke by die Drostdy Museum en het gedien in die Belastingbetalersvereniging. Sy was ook ’n stigterslid van Swellendam Alive en was nou betrokke by gemeenskapsprojekte. Sy is in 2002 oorlede.
MOCKE Adriaan Adriaan Mocke and a friend decided to open a remedial school in 1964 which developed into the Olyfkrans College in Swellendam. Before that he taught at the Camphill School for handicapped children. He played an important role in forming partnerships between the community and overseas countries. In 1995 he arranged a meeting between 1000 learners and Professor Bengu, who awarded local teachers for their services. Mocke also launched a big clean-up project in Queen Street in 1999, thereby improving the life of the local community.
TOBIAS Cynthia Cynthia Tobias, known for her volunteer community work, was born in Swellendam to the Lemmetjies family. She retired from her nursing career in 1992, after which she took up community work. Tobias was elected the Afrikaanse Christelike Vroue-vereniging (ACVV) chairperson in 2003, and has received awards such as the Recognition of Excellence in Voluntary Service, Patient Care and the Rotary Merit Award. She joined the Cancer Society, the Police Forum, the Hospital Board and is a member of the Board of Trustees of the Drostdy Museum. Her dream is community co-operation and economic development.
TREU Paul Paul Treu is one of the most talented people to come from the South African Rugby Football Union’s development programme. He made his South Western Districts (SWD) debut in 1991, represented South Africa at the students’ World Cup in Italy in 1992, and played for the Development XV team against France in 1993. He also took part in the All Africa Games in 1995. Treu was one of the finalists in the 2001 Sevens Player of the Year event, and he captained the South African Sevens team in the Emirates Air Dubai tournament. He was appointed as national team’s coach for the IRB series in 2003/2004.
VAN ZYL Maréne Maréne van Zyl graduated from the University of Stellenbosch, majoring in languages. She was also a skilled musician. She moved to Swellendam in 1991 where she joined various councils and unions and was elected as a town councillor in 1995 and as deputy mayor in 1996. In 1997 Van Zyl became the first woman to be elected mayor of Swellendam. Her goal was to promote democracy and the role of women in society. She worked tirelessly to serve the community by concentrating on social issues such as housing, skills development and the aged.
ZASS Melinda Melinda (Linties) Zass is in Swellendam gebore en tydens die 1976-opstande ontwikkel sy ’n belangstelling in politiek wat tydens haar studies aan die Universiteit van Wes-Kaapland uitgebrei word. Sy was betrokke by die Swellendam Youth Congress en is tydens die “struggle”-jare vir 14 dae in die 61 plaaslike polisieselle aangehou. Sy was ook betrokke by die stigting van die United Democratic Front (UDF) in 1985. In 1989-90 het sy by die vakbondaktiwiteite van die Grabouw-Overberg Professionele Vereniging ingeskakel, taksekretaris van die Langebergtak en later streeksekretaris van die Bolandstreek geword. Vandag is sy betrokke by die SA Democratic Teachers’ Union.
OLD HARBOUR MUSEUM, HERMANUS
BOTHA MC Gedurende 2003 het M.C. Botha, redakteur van die Hermanus Times, Operasie Mooimaak geloods. Die Mt Pleasant-woonbuurt by die ingang van Hermanus is verfraai. As redakteur van die plaaslike koerant het Botha deur die nodige publisiteit gesorg dat die projek suksesvol verloop het. Hy het verskeie Sanlam Gemeenskapspers-toekennings ingepalm waaronder Joernalis van die Jaar (1995 ), Naaswenner – Joernalis van die Jaar (1999), Wenner van Stemmingsfoto (2000); Naaswenner – Redaksionele kommentaar (2001); en Wenner – Omgewing en Gesondheid in 2003.
BRICE Kari In 1996 the unkempt and littered state of one of Hermanus’s unique assets, the Cliff Path, spurred Kari Brice into organising regular clean-ups. Some of her keenest helpers, young boys from 8 to 12 years of age, came from Zwelihle. This led to her participation in the Cliff Path Management Board, which is busy upgrading the area. She is chairman of the Coast Care’s steering committee and was instrumental in the Overstrand entering the Cleanest Town of the Year competition – which it won in 2003.
ERASMUS Geraldine Geraldene Erasmus se werksaamhede behels gemeenskapsprojekte in Hawston en Zwelihle. Sy is ’n stigterslid van die Sisonke Komitee en is steeds daarby betrokke. Gedurende die Walvisfees is sy verantwoordelik vir minderbevoorregte kinders se uitstappies na sportbyeenkomste en opvoerings. Haar vrye tyd bestee sy aan jeugprogramme en aan die stigting van ’n tweede bewaarskool in Mt Pleasant aangesien die bestaande een slegs 30 kinders kan akkommodeer.
ESTERHUYSEN Tilla Tilla Esterhuysen started working for the Reconstruction and Development Programme (RDP) in 1997. The plight of the poor and the jobless touched her heart and ever since she has tried to restore the dignity of the poor and marginalised by channelling resources and activities towards the needy. That was the main reason for her becoming involved with the Whale Festival, concentrating on community involvement.
HORWOOD Ingrid In 2003 Ingrid Horwood successfully promoted recycling and was instrumental in winning the Cleanest Town award for Hermanus. She campaigned for a poverty relief “Fynbos Working for Water’ clearing of alien vegetation and job opportunities along the shores of the Bot River estuary, and clearing of alien vegetation among the milkwood forest at Paddavlei, Hawston. She serves on many committees and is the chairman of the Friends of the Bot River Estuary & Environs, the Karwyderskraal regional landfill site and is a member of the Ward 8 Committee, Overstrand.
KLAAS Elizabeth Elizabeth Klaas started the first crèche in Zwelihle from a shack in 1996. She obtained certificates from the Early Learning Resource Unit (ELRU) and Grassroots in Cape Town. Noticing that Coca Cola sponsored numerous crèches in Khayelitsha, she hitch-hiked to the factory in Worcester to ask for sponsorship. The result is a building equipped with toilets and a kitchen, which accommodates 88 children. She is assisted by five teachers and a cook.
KOTZE Koos en Lisma Lisma en Koos Kotze het in 1995 besluit om ’n Passiespel op Goeie Vrydag in die ou hawe aan te bied. Hierdie Passiespel word jaarliks uitgevoer en is ’n groot toeriste-attraksie. Ongeveer 100 spelers uit die gemeenskap neem deel terwyl plaaslike en internasionale toeriste met lof daarvan praat. Lisma het in 1999 die Persoon van die Jaar-toekenning van die Handel- en Toerismeraad vir die Passiespel ontvang.
MAREE Doris, GILLION Gladys en FEBRUARIE Pamela In 1997 het dié drie vroue die Hawston Vrouebemagtigingsgroep gestig en vroue opgelei in sierhandwerk. Dié vroue verkoop hul ware aan winkels in die area. Hulle wou ook graag ’n museum in Hawston begin, maar kon nie die nodige fondse vir dié projek kry nie. Wat hulle wel reggekry het, is om ’n boek, Hawston, Tussen Berg en See, die lig te laat sien. Dit het in 2003 verskyn.
MULLER Sheryl Sheryl Muller, in diens van Hermanus Kindersorg, is sedert 1994 in beheer van ’n veiligheidshuis (Rotary Haven) in Mt Pleasant. Sy is ook betrokke by ’n sopkombuis- en vigsprojek. Die afgelope 10 jaar het sy 350–400 kinders versorg. Aangesien die veiligheidshuis net 6 kinders kan akkommodeer, moes sy al per geleentheid 19 kinders inneem. Vroeër is kinders vir 6 maande by haar geplaas, maar dit is verkort na 6 weke. As pleegouers of geskikte kinderhuise nie gevind kan word nie, bly hulle langer. Die kinders se ouderdomme wissel van pasgebore tot 17 jaar. Sy versorg ook MIV-positiewe kinders.
SALUKUZANA Wilson At a meeting of the Business Support Group in the 1990s, it was suggested that something unique about Hermanus be found that would attract people to the town. They decided on a whale crier with a special hat and a seaweed horn. The first whale crier was Pieter Claasen. After his retirement Salukuzana took over. Salukuzana has appeared in television programmes. The whale crier has become a big attraction for foreigners.
SPANDIEL Linda Linda Spandiel is ’n kampvegter vir sosio-ekonomiese ontwikkeling. Na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 is sy verkies as raadslid en onderburgemeester van Grootbrakrivier. Sy was ook ’n assessor by die polisiestasie en het die belange van gevangenes op die hart gedra. Spandiel dien in die welsynskomitee, sportkomitee, gemeenskapspolisiëringsforum en kliniekkomitee. Sy besig met verskeie projekte vir die Vrouebemagtigingsgroep in Mt Pleasant.
TEBELE Nellie Nellie “Mama Africa” Tebele of Zwelihle, manages Siyazama Old Age Day Care Centre. Started for 15 people, today more than 80 people are fed daily. One of the founders of Nompuckoo, the first baby care créche in the township, her concern for the sick and frail has led to the formation of the Uncedo Home Care. She is also the chairperson of Qhayiya Secondary School, Zwelihle Community Development Trust, Zwelihle Representative Committee and the Zwelihle Créche Forum and member of Hermanus Provincial Hospital Board. Tebele is also treasurer for the Rainbow Trust Disaster Fund and emergency supplies from Red Cross.
VAN ROOYEN Glynis As chairman of the Hermanus Whale Festival committee Glynis van Rooyen watched the steady reaching out between the communities in the Hermanus area, and growth of real bonds of friendship. Some of the projects which have contributed to this growth and were made possible by the festival include the Learning Centre in Zwelihle and the Street Singers Project. In the past decade Van Rooyen has served on the executive of the Hermanus Business Chamber, and as a member of the Overberg Tourism task team.
SHIPWRECK MUSEUM, BREDASDORP
BOGENHAGEN Dennis Dennis Bogenhagen is ’n derde dan swartgordelhouer en ’n Suid-Afrikaanse karate- en skopbokskampioen. In 1994 stig hy ’n karateskool wat vandag een van die grootste gemengde klubs in Bredasdorp is, en wat hy as ’n spieëlbeeld van die reënboognasie beskryf. In 1996 wen hy ’n bronsmedalje by die Wêreldbrandweerspele in Durban. In 2000 volg hy dit op met ’n silwermedalje in Parys en in 2002 word hy tot wêreldkampioen gekroon in Nieu-Seeland. In 2003 verwerf hy sy Proteakleure in skopboks.
ENGEL Cecilia Die Elim-tehuis is ’n oase vir kinders en volwassenes met ernstige intellektuele en fisieke gestremdhede. Hierdie tehuis is in 1963 gestig om te voorsien in die behoeftes van gestremdes en is deur die Morawiese Kerk in Suid-Afrika ondersteun. Cecilia Engel het ’n lang verbintenis met die tehuis en het in 1978 as matrone hier begin werk. In 2000 is sy as die Direkteur van Die Elim-tehuis aangestel. Die werk wat hier onder moeilike omstandighede verrig word, getuig van ’n merkwaardige persoon.
EUROPA Simon, Simon Europa, die stigter van die Bredasdorp Boksklub en ook die Kultuurklub, is op 8 Julie 1932 in Bredasdorp gebore. Europa, soos wat hy alom bekend staan, is nou betrokke by die jeug van die dorp. Vanaf 1994 bied hy ’n vergifnistoer aan waar hy aan belangstellendes uitwys wat die invloed van die Groepsgebiedewet en gedwonge verskuiwings in Bredasdorp was. Hy is ’n kampvegter vir oudsoldate wat in die Tweede Wêreldoorlog geveg het en Operasie Duine, wat mense motiveer om hul omgewing te bewaar en te verfraai.
JANTJIES Dirk Dirk Jantjies is op 29 Desember 1952 in Hopleystraat, Bredasdorp, gebore. Na sy skooljare op Elim het hy gaan werk en sy sakevernuf opgebou. Hy is bekend as sportman, raadslid, kerkraadslid, gemeenskapsleier en sakeman. Hy is veral bekend vir sy bydrae as rugbyspeler (hy het reeds op 18-jarige ouderdom vir Standards Rugbyvoetbalklub begin speel), maar ook as Boland en provinsiale skeidsregter vir 13 jaar. Jantjies is verbonde aan die Morawiese Broederkerk en is nou betrokke by die jeug. Hy dien in verskeie skole se beheerliggame en is ook betrokke by bemagtigingsprojekte.
CENTRAL KAROO
BEAUFORT WEST MUSEUM
ABRAHAMS Hendry Hendry Abrahams kom in 1952 na Beaufort-Wes en is tot in 1991 werksaam by die destydse SA Spoorweë en Hawens. Sedert 1963 beywer Hendry hom vir die maatskaplike opheffing van sy mense. As jarelange lid en ook voorsitter van die Beaufort-Wes Bestuurskomitee bly hy betrokke by onderhandelinge om ’n gelyke bedeling vir almal te bewerkstellig. Hy besoek ook die mense in die klein dorpies in die omgewing om hulle in te lig oor die verwikkelinge op munisipale vlak. Tans, as lid van die leraarsforum, beywer hy hom vir samewerking oor gemeentegrense heen.
BARNARD Chris Christiaan Neethling Barnard was born on November 8 1922 in Beaufort West. After qualifying as a doctor at the University of Cape Town in 1953, he joined a small practice in Ceres, taking with him his wife, Alletta “Loutjie” Louw, whom he had married in 1948 while still a student. He studied further at the University of Minnesota, USA. He returned to a post as a cardiothoracic surgeon at Cape Town’s Groote Schuur Hospital, and in 1967, made medical history by performing the world’s first heart transplant. He retired from the profession in 1983 after living a glamorous life and marrying three times. On September 2 2001, while on holiday in Cyprus, he suffered an acute asthma attack and died.
BROWN Henry As onderwysman en gemeenskapsmens trap Henry Brown diep spore in Beaufort-Wes. Hy is vir jare die voorsitter van die Prinsipale-vereniging en lid van die Uitvoerende Bestuur van die Kaaplandse Professionele Onderwysersunie. Ook in gemeenskapskomitees lewer hy ’n groot bydrae. Gedurende die 1980’s het Brown as hoof van Teske Gedenk Primêre Skool die Departement van Onderwyste oorreed om die beleid om nie koshuise vir bruin leerders by primêre skole op rig nie, te wysig. Op grond hiervan is ’n koshuis by Teske Gedenk Primêr opgerig. Op soortgelyke wyse is die eerste pre-primêre klas in die Karoo by Teske Primêr ingestel.
DE VILLIERS Michael Michael de Villiers is ’n boorling van Beaufort-Wes en oudskoolhoof van die A.H. Barnard Primêre Skool op die dorp. Hy was as voorsitter van die nie-statutêre groep, bestaande uit die gemeenskapsverenigings van Beaufort-Wes en Kwamandlenkosi en Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysunie, betrokke by die onderhandelings wat gedurende 1992–1993 met die statutêre komponent, naamlik die Beaufort-Wes Munisipale Raad en die Bestuurskomitee, gevoer is om te besluit watter model vir die totstandkoming van die nuwe Beaufort-Wes Oorgangsraad aanvaarbaar sou wees. In 1994 word De Villiers die eerste voorsitter van die Beaufort-Wes Oorgangsraad en in 1995 word hy amptelik die eerste demokraties -verkose burgemeester van Beaufort-Wes.
DE WITT Herman Herman de Witt was bekend daarvoor dat hy die belange van al die mense in die Karoo op die hart gedra het. Hy gee vir meer as een persoon uit die voorheen agtergeblewe gemeenskappe die geleentheid om te studeer en in 1979 stel hy ’n “anderskleurige” as bestuurder van een van sy besighede aan. De Witt dien vanaf 1989 in die Munisipale Raad van Beaufort- Wes en was ook tot met sy dood in 2001 voorsitter van die Sentrale Karoo Distriksraad. Hy speel ’n groot rol om wedersydse vertroue te bewerkstellig tydens onderhandelinge om ’n demokratiese regering vir Beaufort-Wes daar te stel.
DERCKSEN Rufus In sy termyn as burgemeester van Beaufort-Wes het Rufus Dercksen gepoog om die gemeenskap saam te snoer en het hy die inisiatief geneem om alle sektore van die gemeenskap te betrek. Hy het ’n spesiale dag en onthaal vir alle senior burgers gereël, deur ’n burgemeestersbal fondse ingesamel vir maatskaplike opheffing en ook gesorg dat ’n Sportman van die Jaar uit alle sportlui aangewys word. Hartlike samewerking is tussen die verskillende kultuur- en welsynsorganisasies bewerkstellig. Dercksen het die inisiatief geneem om die munisipale raad en die destydse bruin bestuurskomitee maandeliks gesamentlik te laat vergader.
ESSOP Solly Born in 1927 in Beaufort West, Solly Essop lived and worked there until his death in 1984. A dedicated fighter for the rights of the underprivileged and known for his campaigning for labour rights for farm workers and domestic servants, he scored significant victory in the late 1970s when the Master & Servants Act was repealed after his almost solitary struggle.
FORTUIN Freddie Freddie Fortuin raak op 15-jarige ouderdom betrokke in die stryd teen apartheid toe hy in opstand kom teen die destydse regering se Bantoe Onderwysstelsel. In 1980 is hy een van die stigterslede van die Zanokhanyo Youth Organization. As lid van die United Democratic Front beywer hy hom vir die ontbanning van die ANC. Die verbanning van hierdie organisasies en die noodtoestand wat daarop volg, lei daartoe dat Fortuin op 13 Julie 1985 gevange geneem word. Na sy vrylating bly Fortuin steeds betrokke by die werksaamhede van die ANC.
GRANT Magnus Magnus Grant, gebore in Beaufort-Wes, was ’n jarelange lid van die Munisipale Raad van Beaufort-Wes en ook die laaste burgemeester (1988- 1994) van die vorige bedeling. As lid van die Munisipale Raad dra hy die belange van sy geliefde Beaufort-Wes op die hart en was hy nou betrokke by onderhandelinge om demokrasie in die dorp te vestig. Dit het gelei tot die totstandkoming van die Beaufort-Wes Oorgangsraad in 1994. Hy dien in die Oorgangsraad en ook tot 1998 in die demokraties-verkose Munisipale Raad van Beaufort-Wes. Grant is op 9 Junie 2001 oorlede.
HANABE Temba Richard As skoolhoof van Beaufort-Wes Primêre Skool was Richard Hanabe lid en streekvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (SADOU). Sedert die ontstaan van die Mandlenkosi Gemeenskapsraad was Hanabe deel van hierdie klompie mense wat hard gewerk het om omstandighede vir die mense van Kwamandlenkosi te verbeter. Hy was ook ’n stigterslid en voorsitter van die Mandlenkosi Gemeenskapsvereniging en as verteenwoordiger van hierdie liggaam neem hy deel aan die onderhandelinge om ’n demokratiese plaaslike owerheid in Beaufort-Wes tot stand te bring. Hanabe, wat ook sy mense as lekeprediker in die Anglikaanse Kerk gedien het, is op 12 Augustus 1999 oorlede.
HAWKER Thembilizwe Thembilizwe Gilbert Hawker became treasurer of the Beaufort West branch of the ANC in 1991 and was elected chairperson of the branch in 1993. Between 1993 to 1994 he served as treasurer of the ANC Karoo Sub Region. As an executive member of the Mandlenkosi Civic Association (1991 – 1996) he was a member of the negotiating team for a democratic local authority. He became a member of the transitional local authority in 1994, and in 1995 he became a council member of the first democratic local authority of Beaufort West.
HERSELMAN Sollie Sollie Herselman dien vir ongeveer 20 jaar in die munisipale raad van Beaufort-Wes – vir vier termyne as burgemeester. Sy insette speel ’n belangrike rol in die verbetering van geriewe in Beaufort-Wes en omstandighede van die hele gemeenskap. Gedurende 1992-1993 is Herselman as voorsitter van die statutêre komponent betrokke by onderhandelinge om ’n demokratiese bestel vir Beaufort-Wes daar te stel. Hierdie onderhandelinge het daartoe gelei dat deelnemers wat aanvanklik skepties teenoor mekaar gestaan het, mekaar gevind het en hegte vriendskappe gesluit is. Die gevolg was dat die beste model vir ’n nuwe demokratiese regering vir Beaufort-Wes uitgewerk kon word.
PITI Simphiwo Amos Born in Beaufort West on August 17 1968, Amos Piti became involved in the struggle at the age of 15. He later joined the struggle in Beaufort West under the Zanokhayo Youth Organisation. Piti joined the ANC in 1991 and was elected its first political education officer. He also joined the Mandlenkosi Civic Association and was nominated in 1993 to the local government negotiation forum negotiating for one municipality. That same year he served on the first non-racial council for Beaufort West, called the Local Transitional Council. In 1995 he was elected to serve on the council.
PRINCE Trueman Trueman Prince is a son of Beaufort West. His unwavering principles of human rights have brought great respect to all in South Africa. As prophet of a democratic South Africa he became a leader in reconciliation, hope, love and non-racialism. Prince was elected mayor of Beaufort West in 1997 and again in 1999. In 2003 he became the first executive mayor of the Beaufort West Municipality.
RENENE Kolekile Joseph Born in Qamata, Transkei, Joseph Renene grew up and matriculated in Beaufort West. He qualified as a schoolteacher and taught at the Bastiaanse Secondary School. After obtaining a masters degree from Harvard University, USA, he was appointed professor at the Faculty of Law at the University of Transkei. In 1994 he became the first blue South African to be appointed judge of the Supreme Court of Transkei and South Africa. Renene participated in writing the constitution for the Transitional Executive Council of SA and was a delegate to the CODESA negotiations in Kempton Park. He died on October 16 1997.
VAN DER MERWE Bertus Bertus van der Merwe dien die gemeenskap van Beaufort-Wes as raadslid en burgemeester, as voorsitter van die Sentraal-Karoo Ontwikkelingsvereniging en as bestuurslid van die Karoo Landbou-unie. Ten spyte van teenkanting nooi hy ds. Chris April om ’n streeksontwikkelingskongres te open – ’n stap wat rassegesindhede positief beïnvloed het en ’n belangrike stap in die rigting van demokrasie op die platteland was. Van der Merwe en sy raad kry dit reg om die sogenaamde kleurlingadvieskomitees te wettig en as volwaardige deel van die munisipale raad te laat funksioneer – voordat dìt volgens wet gemagtig is.
VISSER Elize Elize Visser se betrokkenheid by die verkryging van demokrasie begin in 1976. Sy raak betrokke by vakbondaktiwiteite en is deel van die totstandkoming van Cosatu en die UDF. Op Beaufort-Wes help Visser met die stigting van die eerste ANC-tak, werk as administratiewe beampte in die streekskantoor en dien sy as verteenwoordiger in die provinsiale bestuur van hierdie organisasie. Visser was ook deel van die onderhandelinge om demokrasie op plaaslike vlak te vestig. In 2000 word sy ingehuldig as die speaker van die Beaufort- Wes Munisipaliteit. Tans is sy die speaker van die Sentraal-Karoo Distriksmunisipaliteit.
VUMAZONKE Jeffrey Born in Beaufort West in 1928, Vumazonke matriculated at Karoo High School in town and obtained his diploma in Theology. As chairperson of the Beaufort West Bantu Community Council he was deeply involved in negotiations with the local government to better conditions for his people. He was a member of the school committee in Mandlenkosi for 12 years and also a councillor on the then Advisory Board for five years. After a few years with Communication Services in George, he returned to Beaufort West to resume his duties as pastor. Vumazonke died in February 2001.
EDEN
BARTOLOMEU DIAS MUSEUM, MOSSEL BAY
CAMPHER Johnnie Johnnie Campher is die president van die New Life Teatergroep wat in 1989 gestig is. Noël Philander is die voorsitter. Die groep se doel is om teater na die gemeenskap te bring en tot die opheffing van gemeenskappe by te dra. Die ongeveer 15 professionele lede doen deeltyds teater en het al baie optredes in verskeie plekke in Suid-Afrika gehad. Hulle het al by byna 300 skole opvoedkundige teater (voorgeskrewe werke, asook optredes wat sosiale kwessies aanspreek) aangebied in samewerking met die Departement van Onderwys en Kultuur. New Life het al baie pryse na 'n trotse Mosselbaai teruggebring.
CROTZ Leslie Hierdie geliefde dominee van die Volkskerk van Afrika was die eerste burgemeester van die Mosselbaai Oorgangsraad. Hy is beskou as die ideale vredemaker tydens hierdie sensitiewe, maar belangrike tydperk. Die verskillende kultuurgroepe in Mosselbaai het hom aanvaar en respekteer. Crotz se uitgangspunt was dat alle Mosselbaaiers moet saamstaan en saamwerk vir vrede en vooruitgang. Hy was die medevoorsitter van die Mosselbaai Vredeskomitee, asook uitvoerende lid van die Wes-Kaap Vredeskomitee (Suid- Kaap Streek: 1993-1994). Hy was gereeld in voorsitterposisies, o.a. die Suid- Kaap Raad vir Kerke.
GELDERBLOEM Abraham Abraham Gelderbloem (Oom Annie) was vir baie jare 'n aktivis en onverskrokke kampvegter in die vryheidstryd van sy gemeenskap. Hy was 'n stigterslid en later bestuurslid van die plaaslike ANC en die D'Almeida Civic Association. Hy het hom met oorgawe vir o.a. gemeenskapsveiligheid, arbeidsregte, tronktoestande, grondeise, grondregte vir plaaswerkers, asook welsyn- en gesondheidskwessies beywer. Gelderbloem was ook 'n kranige rugbyspeler op sy dag en 'n talentvolle saxofoonspeler. Die gemeenskap bewonder oorlede "Oom Annie" en beskou hom steeds as 'n inspirasie, veral omdat hy nie rykdom en roem nagejaag het nie.
GILDENHUYS Karen Karen Gildenhuys het in 1998 'n "Burger van die Jaar"- toekenning van die plaaslike Rotariërs ontvang vir haar jarelange toegewydheid en harde werk vir CEF (voorheen FAMSA). Sy was en is steeds instrumenteel, om in samewerking met verskeie instansies, verskeie sisteme ter ondersteuning van mishandelde vroue en kinders, slagoffers van misdaad, MIV-positiewe mense en vigs-lyers te vestig. Gildenhuys oorsien ook MIV/vigs-programme by klinieke in Groot Brak, Riversdal en Heidelberg. Sy dien ook in die plaaslike raad.
KOEKEMOER Pieter Hierdie gelowige, positiewe, energieke, gestremde atleet is met sy onverskrokke deursettingsvermoë en 'n magdom medaljes vir sy sportprestasies, 'n inspirasie vir almal. Hy neem deel aan 'n groot verskeidenheid sportsoorte (dikwels nasionaal) en oorwin soms niegestremdes! Hy verbeter gereeld SA-rekords en is in 1997 aangewys as die SAP Servamus Gestremde van die Jaar. Pieter is 'n SAP-inspekteur en -duiker en staan ook bekend as Captain Crime Stop in Mosselbaai. Hy trek gereeld sy spesiale mondering vir sy misdaadbekampingprogramme by laerskole aan. Hy gee lesings en voorligting oor drank-en dwelmmisbruik by hoërskole. Hy bied ook selfverdedigingklasse aan.
MAHLALO Mama Agnes Agnes Mahlalo en haar medewerkers bestuur Siphathisiwe Educare in KwaNonqaba. Sy is ook by opheffings-en werkverskaffingsprojekte vir gestremdes en 'n naaldwerkgroep wat tradisionele uitrustings vervaardig, betrokke. Mahlalo het al verskeie toekennings ontvang - sy was 'n finalis vir die tydskrif Fair Lady se "Mees Dinamiese vrou van die Jaar"- toekenning (2001) en is ook genomineer vir die City Press/Naspers "Presteerder van die Jaar vir onderskeidende gemeenskapsdiens". Siphathisiwe sentrum het ook die Koringtrust se jaarlikse toekenning in 2003 ontvang.
MATTHEE Dalene Mosselbaai is trots om die tuiste te wees van een van Suid- Afrika se gewildste en mees suksesvolle skryfsters! Die koningin van die bosroman het aanvanklik radio-, tydskrif- en kortverhale geskryf. Haar eerste boek, 'n kinderverhaal, is gepubliseer in 1970 en haar eerste bosroman, die welbekende Kringe in 'n Bos, in 1984. Dié boek is in 15 tale vertaal. 'n Engelse film, gebaseer op die boek, is vervaardig. Daarna het Fiela se Kind, Moerbeibos, Pieternella van die Kaap en verskeie ander boeke gevolg. Matthee het al verskeie nasionale en internasionale literatuurpryse ontvang.
MPUMELO Thobile Thobile Mountain Mpumelo was een van Mosselbaai se voorste stryders teen apartheid. Deesdae wentel sy lewe om sy kerk, kwessies soos grondeise en die opheffingsprojekte van die jeug en volwassenes. Hy is ook betrokke by skakeling tussen groot maatskappye en die gemeenskappe in Mosselbaai.
MPELA Rosie Rosie Mpela is 'n toegewyde gemeenskapswerker in KwaNonqaba. Sy het al baie jare van haar lewe bestee aan die opheffing van haar gemeenskap. Sy was vir geruime tyd die voorsitster van die Masincedisane welsynsprojek. Mpela neem gereeld straatkinders in pleegsorg en was ook die eerste persoon om dagsorgsentrums gedurende die vroeë 1980's in die gemeenskap op die been te bring. Deur haar toedoen het daar sedertdien nog verskeie crèches in die gemeenskap tot stand gekom. Tans bedryf sy die Imizamu Yethu Educare Centre vanuit haar agterplaas. In 1999 was sy 'n finalis vir die Sowetan/ESKOM Vrou van die Jaar- toekenning.
MPUMLO Lovlyness Lovlyness Mpumlo dien in die bestuur van verskeie gemeenskapsorganisasies en beywer haar vir die opheffing van die gemeenskap en die uitwissing van armoede. Mpumlo se huis is aan die begin van 2003 omskep in Emgolweni Kamama, die eerste nie-alkoholiese sjebeen in Suid- Afrika. Die naam beteken "my ma se rug", want hierdie sjebeen is 'n veilige plek - veral vir kinders. Buite die huis is 'n speelgrond en die kinders word ook lewensvaardighede op 'n informele wyse geleer. Selfs oorsese toeriste besoek met 'n afspraak graag hierdie sjebeen. Muriel Komani en nog 'n paar ander vriendinne help Mpumlo gereeld.
NIEDER-HEITMANN Norman Hierdie pionier in onderwys vir dowes het die laaste 23 jaar van sy lewe in Mosselbaai gewoon. Gedurende die 1950's was hy skoolhoof van die eerste skool vir swart dowe kinders (Khutlanong) in Roodepoort. Hy het hom beywer vir die erkenning van die regte van dowe mense en gebaretaal. Nieder-Heitmann het die steeds noodsaaklike Talking to the Deaf - a Dictionary of Sign Language for South Africa saamgestel. Hy het verskeie toekennings ontvang vir die werk wat hy vir die dowe gemeenskap verrig het.
ROBERTS Jocelyn Vrolike Jocelyn Roberts geniet haar werk by die Departement van Gesondheid, want dis vir haar lekker om met mense oor die kleurgrens heen te werk en om hulle te help om hul lewenstandaard te verbeter. Hierdie dinamiese vrou is verantwoordelik vir die area vanaf Groot-Brak tot Slangrivier en skakel onder andere met hoofde van klinieke, hospitale, skole en MIV/vigs-organisasies. Saam met die verskillende rolspelers in die gemeenskap werk sy aan probleme soos tuberkulose, tienerswangerskappe, verhoudings, fetale alkoholsindroom en ouer-kindverhoudings. Roberts bestee ook baie van haar vrye tyd aan haar werk - sy gee gereeld praatjies op versoek, veral by kerke op Sondae.
SEPTEMBER Fred Tydens sy afsterwe in 2003 was Fred September sedert 1992 'n onderwyser by Diaz Primêre Skool en besig met sy meestersgraad in Onderwysbestuur. Musiek was sy lewe - hy het die skoolkoor by Diaz Primêr begin, vyf skole se skoolliedere geskryf en getoonset, jaarliks 'n Lentekoorfees gereël, kerkkore begelei en afgerig, begelei by troues en begrafnisse, musieklesse na-ure aangebied en saam met sy vrou, Leona, aan musiekoptredes op verskeie plekke in Suid-Afrika deelgeneem. September was ook 'n toegewyde sportman - hy het aan 4 Comrades, asook verskeie ander wedlope deelgeneem en was ook 'n bofbalafrigter en skeidsregter waarvoor hy baie lof ontvang het. USSASSA het besluit om die nasionale bofbaltoernooi gedurende April 2004 in George aan hom op te dra.
SIJAJI Wilson Wilson Sijaji was een van die beste sokkerspelers in Mosselbaai, maar destyds was daar nie geleentheid om dit te ontwikkel nie. Hy was ook die eerste swart sokkerafrigter in Mosselbaai. Gedurende die 1980's en 1990's het hy 'n hele paar jaar gedien as voorsitter van die Gemeenskapsraad. Sedert die 1990's is sy kerk egter sy hoofprioriteit en tree hy op as evangelis en ouderling. Wilson se broer, Monde, is die skoolhoof van Isalithiso. Monde was ook 'n uitblinkersportman in sy jeug. 'n Straat in KwaNonqaba is vernoem na Sijaji.
THEYS Ruth Die vaardige Ruth Theys het in 1958 die Flower and Homecraft Association in Mosselbaai gestig. Hulle het elke jaar 'n baie suksesvolle skou aangebied. Theys was vir 17 jaar die president van die Benevolent Vereniging wat in 1882 gestig is. Sy is steeds die erepresident. Die primêre doel van hierdie vereniging is om na bejaardes en gestremdes om te sien deur kospakkies te voorsien, hulp met huisskoonmaak te verleen en Kerspartytjies te reël. Theys het haar beywer vir die bou van 'n ouetehuis en sy en 'n groepie toegewyde dames het fondse ingesamel, met die gevolg dat Benevolent Park in 1991 geopen is.
VENTER Paulus Paulus Venter doen voltyds gratis berading oor die kerk- en kultuurgrense heen. Hy doen vir baie jare al sendingwerk en werk ook baie nou saam met Korrektiewe Dienste deur elke weeksoggend vrywillige werk by die tronk te doen. Venter skryf gereeld geestelike artikels vir die Mossel Bay Advertiser en is die Suid- en Wes-Kaapse verspreider van die Erdekruik, 'n interkerklike koerant. Rita Ferreira het onlangs oorlede Miss Joss se pragtige historiese huis gekoop en beskikbaar gestel vir Venter om as 'n beradingsentrum te bestuur. Hy het onlangs op die SABC2 program, Hosanna, verskyn.
WILLIAMS Nonkolo Virginia Kinders is die jong Williams se passie. Sy beskou dit as haar roeping om hulle lief te hê en 'n goeie omgewing te voorsien. Williams bestuur 'n kleuterskool, Eloxolweni Educare Centre, in Elangeni, KwaNonqaba. Eloxolweni beteken Vrede. Die vier personeellede kry geen salaris nie en die skooltjie met 60 kinders kry ook geen subsidies nie. Die vrouens samel self fondse in om die skool aan die gang te hou. MIV-positiewe kinders word ook geakkommodeer. Williams is 'n opgeleide MIV/vigs-raadgewer.
ZIETSMAN Juletha Juletha Zietsman is sedert haar studentedae lid van die Stigting Simon van der Stel. Vanaf 1979 tot 2002 was sy die dryfkrag agter die Suid-Kaapse tak. Sy is ook al baie jare op die bestuur van die Erfenisvereniging en die Bartolomeus Dias Museum, en dien ook die gemeenskap in verskeie ander komitees. Verskeie toekennings vir haar bydraes ten opsigte van ons kultuurerfenis is al aan haar oorhandig. Zietsman is ook 'n ywerige voetslaner en het al Kilimandjaro geklim! Op 61 het sy haar eerste Comrades gehardloop - hierdie kalm, vriendelike dame is voorwaar 'n inspirasie.
CP NEL MUSEUM
COERECIUS Anthony Antoon Coerecius, a versatile sportsman, was born in Oudtshoorn in 1924. He was a teacher before he became one of the most wellknown sports personalities in the Southern Cape. He captained the South Western Districts rugby and cricket teams and scored 230 not-out against Border in 1963. This still remains the highest first class cricket score for Blacks/Coloureds in South Africa. He also became the first Coloured resident in Oudtshoorn to be chosen for the SA Rugby Federation (Coloured Springbok) side in 1952.
COERECIUS Winston Born in Oudtshoorn in 1951, Winston Coerecius started his career as a teacher of Accounting and Economics. He represented the SWD in both rugby and cricket. As a member of the Black Consciousness Movement, he was instrumental in initiating the student revolt of 1976 in the SWD. He was jailed for 12 weeks and had a court case that lasted for three years ending in the Appeal Court division in Cape Town. He was defended by Percy Sonn. Currently he is a lecturer in Tourism at the Southern Cape College after retiring from SATOUR in Zimbabwe.
DE KLERK John John de Klerk was born in the Eastern Cape. His parents later moved to Steytlerville and then to Môrester, Oudtshoorn, where he matriculated in 1959. He attended the University of Fort Hare and Lovedale Bible College in 1960 and completed his Diploma in Theology and practical training at both institutions in 1963. He started his ministry in Jeffrey's Bay in 1967 and moved to Port Elizabeth in 1967. In 1973 he settled in Oudtshoorn as the longest serving minister of the Independent Church. He became actively involved in the struggle and was detained as a political prisoner in 1986.
KROMO Sipho Sipho Kromo was born in Oudtshoorn in 1968, but matriculated in George. He was instrumental in the formation of the Oudtshoorn Student Organisation. Later he became deputy chairperson of the Southern Cape Youth Congress and served on their national, political, educational and training committee. In 1996, after the first local government elections, he was elected as the first black mayor of Oudtshoorn. He also became secretary and later chairperson of the ANC in Oudtshoorn and regional chairperson in the Karoo region. Currently he is the regional secretary of the ANC in the Southern Cape/Little Karoo region.
MULLER Harold Harold Muller was born in Oudtshoorn but currently resides in Mossel Bay. He became the youngest matriculant in South Africa (only 15 years old, but was declined a place at the University of Cape Town because of his age. He entered UCT at the age of 17 and received his degree with distinctions in German and English. He later became the principal of Morgenster High and retired as Inspector of Schools. He is regarded as one of the brilliant minds of his era.
OLIPHANT Reginald Reginald Oliphant was born in Oudtshoorn in 1948 and obtained his Senior Certificate from Riverdale High School. In 1968 he obtained a Higher Education Teaching Diploma from the Oudtshoorn Teachers' Training College. He started off as a teacher and eventually became a lecturer at Oudtshoorn Teachers' Training College. In 1981 Oliphant became involved in the struggle and joined Juta's Book Publishing Company. Hereafter he joined Amnesty International, Southern Life and was elected to the National Assembly where he was appointed to various committees. After the 1999 elections, Oliphant withdrew from Parliament and became a consultant.
PIEDT David Arthur David Arthur Piedt het 'n M.Ed.-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy was vir 35 jaar in die onderwys en het van onderwyser tot skoolhoof tot kringbestuurder van Onderwys gevorder. Na sy aftrede in 1996 het hy aktief betrokke geraak by verskeie instansies en vandag is hy die voorsitter van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, lid van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie, raadslid van die Universiteit van Stellenbosch, direkteur van die Open Plan Mediese Fonds en raadslid van die Suid-Kaap Kollege vir Beroepsonderwys.
THEORDORE John Born in Oudtshoorn, John Theordore gave his first performance as pianist at the age of five. He also performed as organist in the local Independent Church. In 1973 the school choir, with Theodore as pianist, released a recording. Theordore passed his matriculation with distinction in Music. As a student, he received numerous prizes and awards. He played with the Cape Town Symphony Orchestra and the National Symphony Orchestra of the SABC. In 1982 he obtained his Masters Degree. Since 1994 he has served on various adjudicating panels for both choral and piano events and as examiner for the Univeristy of South Africa (UNISA) music examinations.
GEORGE MUSEUM
CARELSE Lenie Lenie Carelse is op 16 Junie 1932 gebore en was vir 41 jaar 'n onderwyseres waarvan die laaste 39 jaar in diens van die Laerskool Pacaltsdorp was. Sy het 'n gemeenskapskoor op die been gebring om sosiale verval hok te slaan. Sy het veral klem gelê daarop dat die koorlede note moes lees. Die stigting van die Jeugsustersvereniging was ook te danke aan die gemeenskapskoor. Hier het sy die kinders geleer om te bid en om liefde aan hul naaste te betoon. Die vereniging het ook kospakkies aan behoeftiges uitgedeel.
CARELSE Lionel Lionel Carelse is op 31 Maart 1955 in Pacaltsdorp gebore en speel 'n groot rol in sportkringe. As onderwyser het hy hom toegespits op die ontwikkeling van sport in die agtergeblewe gemeenskappe. Van die atlete wat Carelse afgerig het, is vandag SA-atlete, gekwalifiseerde afrigters en amptenare. Carelse se ideaal is verwesenlik met die stigting van 'n krieket- en sportakademie in Pacaltsdorp. Kultuur en musiek lê hom ook na aan die hart. Hy het Mass Action, wat op die jong mense in George fokus, tot stand gebring. Mass Action bestaan uit 85 lede (massakoor), 18 lede (drama) en verskillende dansgroepe.
ESAU Lionel Lionel Esau is op 23 September 1947 in Middelburg gebore en verhuis in 1978 na George. Esau was betrokke by 'n ontwikkelingskomitee waar hulle insette gelewer het oor die beplanning van Blanco. Hy is 'n oudonderwyser wat hom deesdae op skolesport toespits. Alhoewel hy die voorsitter van SWDUSA is, is hy ook verantwoordelik vir die afrigting van atletiekbeamptes. Hy was ook by SANTA, FAMSA en die Rosemoor Dienssentrum betrokke.
GELDERBLOEM Jonathan Jonathan Gelderbloem is op19 September 1968 in George gebore en is die afgelope 4 jaar die koördineerder van Kidstop, 'n afdeling van Youth for Christ. Hulle werk met straatkinders en hulle onderskeie families. Kidstop word deur die Departement van Maatskaplike Dienste, Onderwys en Gemeenskapsveiligheid ondersteun. Die kinders neem aan 'n rehabilitasieprogram deel waarna hulle by hul ouers en skool teruggeplaas word.
HARTMAN Daniel Daniel Hartman is op 9 Maart 1925 in die distrik van Calitzdorp gebore en woon die afgelope 51 jaar op George. Hy het al die veranderinge wat in George plaasgevind het, beleef. Hy was deel van die verskuiwing van die NGK en skool uit Hiberniastraat. Alhoewel hy 'n polisieman was, het boerdery hom na aan die hart gelê. Nadat hy in1959 as polisieman bedank het, het hy hom op boerdery toegespits. Dit is met hierdie boerdery en melkery dat hy in die minderbevoorregtes se behoeftes voorsien het. Hy was ook een van die eerstes in George wat 'n motor besit het en het ook sy motor beskikbaar gestel aan die wat nie vervoer gehad het nie.
HECTOR Valerie Valerie Hector is op 13 Julie 1969 in George gebore en is betrokke by die Rooibooitjie Kleuterskool wat deur Shirley Damons gestig is. Die kleuterskool wat in die Suiwerfontein plakkerskamp (Pacaltsdorp) geleë is, word deur vrywilligers bestuur. Die meeste ouers is werkloos en afhanklik van die stortingsterrein vir kos. Hulle kan dus geen fondse bydra nie en Hector en die res van die personeel moet uit hulle eie sak maaltye aan die kleuters voorsien.
HENDRICKS Audy Audy Hendricks is op 9 Augustus 1961 gebore en is 'n geestelike gemeenskapswerker wat glo dat hy sy inspirasie van die Almagtige ontvang. Hy het 'n visie om 'n kibboets in George te ontwikkel. Hy glo aan werkskepping en wil graag sien dat mindervoorregtes nie moet bakhand staan vir dit wat hulle wil hê nie, maar moet werk daarvoor ten einde hul menswaardigheid te behou. Hy is veral betrokke by die opheffing van die Gwaing plakkerskamp se mense. 'n Paar van dié inwoners is al suksesvol by 'n landbouprojek betrek.
JACOBS Sydney Sydney Jacobs is op 17 September 1938 in Hartenbos gebore, maar woon vanaf 1963 in Pacaltsdorp. Die 66-jarige Jacobs dien in die Pacaltsdorpse Gemeenskapsforum waar hulle hoofsaaklik teen drank- en dwelmmisbruik veg. Hy werk nou saam met die polisie om hierdie euwels hok te slaan. Hy is ook jare lank 'n lid van die Independent Order of True Templars wie se hooffunksie dit is om drank- en dwelmmisbruik te bestry. Hy is ook 'n vrywilliger by die plaaslike kliniek en bearbei die pasiënte op geestelike gebied.
KAFFOEN Aldred Aldred Kaffoen is op 5 April 1969 in Blanco gebore en het alreeds op 'n baie vroeë ouderdom die Rastafariese leefwyse aangeneem. Hy vorm deel van sowat vyftig Rastafariërs wat 'n kommune in Blanco deel. Kaffoen is 'n kampvegter vir sosiale geregtigheid - nie net vir sy groep nie, maar vir almal. Hy is vasbeslote dat hulle 'n rol kan speel om George se ekonomie 'n hupstoot te gee. Sy voorkoms is inheems-Afrika en geensins beïnvloed deur ander faktore nie.
KAPTEIN Ben en Magdalena Ben en Magdalena Kaptein is onderskeidelik op 12 April 1952 en 29 Mei 1954 gebore. Die geestelike paartjie werk daaraan om Pacaltsdorp te laat terugkeer na sy oorspronklike funksionering as 'n sendingstasie. Ben is 'n geestelike leier en Magdalena 'n geestelike arbeider. Sy spits haar veral toe op jeugdiges in die gevangenis en probeer om hulle sosiaal aanvaarbaar vir die gemeenskap te maak. Sy is 'n kindersorgberader en lê gereeld besoek by die plaaslike hospitaal af. Sy bearbei hulle nie net op geestelike gebied nie, maar gaan byvoorbeeld ook vir hulle inkopies doen.
MARKS David David Marks is op 2 Februarie 1926 in George gebore. Musiek lê vir "Oom Davey", soos hy in Pacaltsdorp bekend staan, baie na aan die hart. Hy het die Christmas Koor-blaasorkes in 1957 begin. Dié koor was uitsluitlik vir gemeenskapsopheffing en tree veral by partytjies, troues en sangaande op as die plaaslike gemeenskap hulle nooi. Hulle is ook 'n interkerklike groep en tree gratis op, maar maak van donasies gebruik vir die instandhouding van hulle musiekinstrumente. "Oom Davey" en sy groep is wêreldbekend.
MULLER Monica Monica Muller is op 15 Desember 1925 in Groot Brakrivier gebore en word bestempel as die moeder Theresa van Borcherds. Sy is die afgelope 55 jaar betrokke by gemeenskapswerk en voorsien daagliks 'n maaltyd aan behoeftige kinders in Borcherds. Sy is ook betrokke by SANTA, die gesondheidsforum en kinder-en gesinsorg. Sy is hoofsaaklik van donasies afhanklik om haar sopkombuis te bedryf.
NDIWA Susan Susan Ndiwa is op 10 September 1936 in George gebore en vorm deel van 'n groep vrywillige vroue wat die Lawaaikamp Dienssentrum vir bejaardes bestuur. Die dienssentrum het sy eie groentetuin wat gebruik word om etes aan die bejaardes van Parkdene, Borcherds en Lawaaikampte te voorsien. Sy poog ook om jong mense te betrek by dié projek.
NOBLE Cecilia Cecilia Crafford het oorspronklik in die Tannery Kloof gebly, maar haar familie het na Greenhaven verhuis. Sy het by die "Soptannies" aangesluit om haar deel in die gemeenskap te doen. Sy werk hard om fondse vir die Toktokkies in te samel. In Desembermaand gee die dameskomitee 'n groot partytjie vir omtrent twee honderd arm kinders.
POTTS Maria Maria Potts is op11 Augustus 1969 in George gebore. Sy is 'n huisvrou en 'n ma van drie, maar haar pligte eindig nie daar nie. In 2000 het Potts haar huis oopgestel as 'n tuisskool vir straatkinders. Die tuisskool vorm deel van die Youth for Christ-program om straatkinders te rehabiliteer. Sy het 'n reeks toepaslike kursusse gevolg om haar te help in haar werk met die kinders. Haar huis dien ook as 'n veilige hawe vir mishandelde kinders.
STANDERS Charles Charles Standers is op 4 April 1970 in Borchards, George gebore. Vanweë die feit dat Standers as kind in 'n gebied grootgeword het waar hy aan bendes en misdaad blootgestel was, het hy as volwassene betrokke geraak by die Gemeenskapspolisieforum in Conville. Hy is 'n onderwyser en sien elke dag hoe kinders nog steeds in hierdie omstandighede leef, want die geweldsmisdaadsyfer in Conville is baie hoog. 'n Suksesvolle buurtwag in samewerking met die plaaslike polisie werk daaraan om misdaad tot die minimum te beperk. Standers is vol selfvertroue dat hulle definitief 'n groot verskil in die gemeenskap maak.
STUURMAN Elizabeth Elizabeth Stuurman is op 5 Desember 1940 in Touwsranten (Hoekwil) gebore. Die 64-jarige Stuurman bestee al die tyd tot haar beskikking aan vrywillige werk. Sy is betrokke by die Kankervereniging, Gesondheidskomitee en Tuinbouklub. Sy is veral bekend vir haar sopkombuis wat sy vir skoolkinders het. Sy gebruik haar kennis van kruie om salf te maak vir al wat kwaal is. Aangesien sy ook baie nou by die kerk betrokke is, is geestelike opheffing ook bo-aan haar lysie en alles doen sy net vir die liefde van die saak.
TYIDA Ntandazo Ntandazo Tyida is op 2 Maart 1972 in die Oos-Kaap gebore, maar woon tans in Tembalethu, George. Hy is 'n pastoor wat by 'n skoonmaakprojek in sone 6 en 7 in Tembalethu betrokke is. Die vrywillige skoonmaakgroep bestaan uit veertien persone wat drie keer per week die strate van dié woonbuurt skoonmaak. Hy het gesien dat die inwoners se sosiale omstandighede agteruitgaan en het besef dat so 'n skoonmaakprojek weer hulle menswaardigheid kan terugbring. Sy droom is om die projek uit te brei ten einde werk te skep.
VISAGIE Mary-Lee Mary-Lee Visagie is op 6 Januarie 1950 gebore en as onderwyseres by Heidedal Primêr dien Visagie as die skakel tussen die skool en maatskaplike diens. Sy is betrokke by HOOC (Hands off our Children). Kinders word binne die gemeenskap blootgestel aan mishandeling, verwaarlosing en word ook misbruik deur persone wat onwettige kuierplekke bedryf. Sy werk nou saam met die polisie, Departement van Justisie, en borrel van vreugde omdat hulle al so baie suksesse behaal het. Sy het 'n kreatiewe dansgroep gestig om kinders te laat wegbreek of vergeet van hulle omstandighede.
GREAT BRAK RIVER MUSEUM
BOSHOFF Jeanette Jeanette Boshoff is part of the Great Brak Clinic. She instituted the formation of the crèche Woelwaters in Tergniet to have a place for the local children of the Coloured community. The children were playing on the R102 road and were in danger of being run down by trucks. A local resident contacted the German Red Cross who donated regularly to keep the crèche a viable concern. The first children from the crèche go to the local school. Boshoff also helps Aids sufferers in Great Brak River and Friemersheim with counselling and treatment. The tuberculosis patients are also under her care. Wilmie de Vos also used to help with Aids counselling at the Clinic.
BOSMAN Loekie Loekie Bosman het ongeveer drie jaar gelede begin om sop aan die siekes, bejaardes en mense in rolstoele af te lewer - 'n taak wat eers deur Kathy Silk verrig is. Sy koördineer die dames wat sop kook en Hester Morkel help om dit af te lewer. Die sop word met behulp van groente en vleis wat deur die plaaslike boere geskenk word, gekook. Siegfried Swartz en Jannie Hough help om die beurt om die sop af te lewer. Elke Woensdag word die ongeveer vyftig mense wat hulle te hulp staan, besoek.
BOTHA Fila Fila Botha ran a crèche (1994 - 2000) from her home in Erasmus Street, Greenhaven looking after children of TB patients. With the help of Emma Husky they looked after 35 children, from birth to six years old. Later the crèche took to looking after children and keep them off the streets. They also supplied the street children with soup and bread. Now she spends time growing things in her garden.
BUYS Sheila Sheila Buys is nog 'n ou inwoner van Greenhaven. Sy het gesien hoe mense armer word en dat hulle hulp nodig het om aan die lewe te bly en help ook die dameskomitee op 'n Woensdag. Die ander kerke wat help met sop is die AGS Kerk in Greenhaven op 'n Maandag, die Congregational Kerk op 'n Dinsdag en die Nuwe Apostoliese Kerk op 'n Vrydag.
CRAFFORD Cecilia Cecilia Crafford het oorspronklik in die Tannery Kloof gebly, maar haar familie het na Greenhaven verhuis. Sy het by die "Soptannies" aangesluit om haar deel in die gemeenskap te doen. Sy werk hard om fondse vir die Toktokkies in te samel. In Desembermaand gee die dameskomitee 'n groot partytjie vir omtrent twee honderd arm kinders.
DAVIDS Dolly Die afgelope drie jaar word siek mense, bejaardes en bedlêende persone in Dolly se straat deur haar versorg. Sy help om sop te kook vir die hoërskoolleerders in die VGK-kerk van Greenhaven. Die "Soptannies" soos hulle genoem word, voed ook die kinders wat hul bekertjies na die kombuis toe bring. Sy help ook met die Toktokkiefonds-insameling vir kanker.
FRANS Yvonne Yvonne Frans het onlangs by die "Soptannies" aangesluit om haar deel vir die gemeente te doen. Die dameskomitee werk ook met die mense in Hillcrestlaan, waar daar baie armoede is. Die NGK in Groot- Brakrivier en die Searle Memorial Kerk doen ook op 'n Woensdag diens om sop uit te deel.
GELDERBLOM Dawn Dawn Gelderbloem koördineer die Toktokkies vir die Kankervereniging. Sy het in elke straat mense wat help met die fondsinsameling van die Kankervereniging. Gelderbloem help ook met die versorging van kankerpasiënte en hanteer die uitdeel van medikasie. Sy behoort aan die Bejaardeklub en help met die reël van uitstappies.
KILLEEN Gill Fourteen years ago Gill Killeen arrived on the Island and decided to do her part by giving the "Golden Oldies" exercises and tap dancing classes. She started her classes 10 years ago and is still going strong. She uses a garage on the Island for her classes. The classes are divided according to ability and age. Her senior class pupils have been with her for 10 years.
LOSPER Annie Annie Losper het twee jaar by die hoërskool vir die skoolkinders gekook en nou werk sy saam met die dameskomitee om die sop te kook. Sy is ook 'n Toktokkie wat fondse insamel en woon ook die naaldwerkklas by wat Kathy Silk aanbied.
PARSON Hester Hierdie gewilde verpleegkundige was vir sewe jaar werksaam by die Kankervereniging. Sy het die pasiëntesorg en vrywillige werkers van 'n groot streek in die Suid-Kaap behartig. Tans is sy afgetree, maar het nog steeds kankerpasiënte wat sy versorg. In 2003 het sy die Rotary Citizen of the Year-toekenning ontvang.
SILK Kathy A sewing circle was started by Kathy Silk under a tree in Wolwedans in 1992. They gave lessons on the stoep of Wolwedans farm. When Sophie Witbooi's crèche was built, the group used the building in the afternoon, later the Child and Family Welfare offices, then housed next to the Museum. Later when they moved across the river to the present facilities in the Searle Timber Housing Offices next to the Municipal Workshops, the sewing group moved as well. The group is still going strong after twelve years. Silk also originally started supplying soup to the needy - buying vegetables and meat and then delivering the soup herself. Now Lockie Bosman and Hester Morkel deliver the soup.
STEYN Paulina For the past nine years Paulina Steyn has assisted the Cancer Association in caring for cancer patients three times a week. She hands out medication for patients living in her street and helps to wash them. For the past 16 years she has helped Child Welfare care for foster children.
VOLKWYN Ann Ann Volkwyn is ook een van die "Soptannies" wat help om op 'n Woensdag sop te kook vir die siek mense en die hoërskool in haar kontrei. Sy help ook met die fondsinsameling vir kanker.
VOLKWYN Gwen Gwen Volkwyn is woonagtig in Nantes Greenhaven. Sy help die dameskomitee om op 'n Woensdag sop te kook. Sy lewer ook sop by die siekes, bejaardes en gestremde mense in haar straat af. Sy help met die verfraaing van die tuin rondom die kerk. Sy help ook met Toktokkiefondsinsameling vir kanker.
WITBOOI Sophie Sophie Witbooi started a crèche under a tree at her house in Tannery Kloof. She was shifted to Wolwedans and used to house 60 children in her one room house and later the Gordon Searle Trust helped with funds to build a building to house the crèche. The Women's Association of the Searle Memorial Church help financially where they can. Witbooi attended courses to help the children improve themselves and recently the day care centre received a grant to help themselves financially.