Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Energiebesparingswenke
20 November 2003
Department of Minerals and Energy (The Government of South Africa)
AUTHOR: Departement van Minerale en Energie
SUMMARY
Die publikasie gee verbruikers wenke oor hoe om krag en energie te bespaar.

WENK 1

Verlaag die temperatuur van jou warmwatertoestel tot ongeveer 55 grade sodat jy nie te veel koue water hoef by te voeg wanneer jy stort of skottelgoed was nie.

geyser

WENK 2

Onthou om die deksel op die pot te sit wanneer jy kook om hitte en energie te bespaar.

Die grootte van die pot behoort ooreen te stem met die grootte van die stoofplaat - dit kan jou tot 25% bespaar op die elektrisiteit wat jy gebruik terwyl jy kook.

cooking

 

WENK 3

Maak die vensters en deure toe wanneer die verwarmer aan is en spaar geld!

heaters

 

WENK 4

Maak die deur toe elke keer wanneer jy iets uit die yskas haal en maak ook seker dat dit behoorlik verseël is.

fridge

 

WENK 5

Week bone, stampmielies en ander soortgelyke droë kos oornag. Dit sal tyd, geld en ure se kookwerk bespaar.

food overnight

 

WENK 6

Probeer net die water kook wat jy nodig het, in plaas daarvan om elke keer 'n vol pot of ketel te kook.

kettle

 

WENK 7

Isoleer jou warmwatertoestel deur koerante, ou komberse of ander isoleermateriaal om dit en die warmwaterpype te draai.

insulate

 

WENK 8

Skakel ligte, waaiers, rekenaars en ander kragtoestelle af wanneer jy die kamer verlaat. Dit sal jou geld spaar.

lights

 

WENK 9

Probeer altyd die gepaste kombuisgoed gebruik wanneer jy kook, byvoorbeeld potte en panne met plat bodems, hulle gebruik tot 50% minder krag. Wees bewus daarvan dat elektriese stowe baie krag verbruik en gebruik dus die plate en oond so min as moontlik.

utensils

 

WENK 10

Gebruik die regte energie vir die regte doel, byvoorbeeld verwarmers om 'n ruimte te verhit eerder as warmplate, gebruik 'n elektriese ketel om water te kook eerder as 'n gewone pot op die stoof. Jy sal omtrent 50% minder krag gebruik.

Nota: Elektrisiteit is goed vir elektroniese toestelle maar gas is meer doeltreffend vir verwarming en kook.

heaters

 

WENK 11

Geniet in die somer en winter 'n gemaklike klimaat binnenshuis deur jou kamer daagliks behoorlik lug te gee. Onthou om jou verwarmer, waaier of lugversorger af te skakel terwyl jy die kamer lug gee.

ventilation

 

WENK 12

Verminder jou kragrekening deur die wasmasjien se voor-was siklus oor te slaan as jou klere nie baie vuil is nie. Dit sal tot 20% minder elektrisiteit gebruik.

WENK 13

Bespaar water en krag deur jou lakens teen 60 grade, in plaas van 90 grade te was. Dit sal nog skoon wees!

laundry

 

WENK 14

Verlaag die temperatuur van die verwarmer van volle hitte tot 'n gemaklike vlak.

moderate temperature

 

WENK 15

Skakel alle bystandsmodusse af elke keer wat jy die huis verlaat of voor jy bed toe gaan.

appliances

 

WENK 16

Gebruik kragbesparingsgloeilampe. Hulle hou baie langer en gebruik minder krag en spaar oor die lang termyn geld.

bulbs

 

WENK 17

Verminder jou kragrekening deur al jou strykwerk op een slag te doen.

ironing

 

WENK 18

Gaan jou elektrisiteits- en gasmeter gereeld na en stel aktief belang in jou energieverbruikvlak.

check meter

 

WENK 19

Deel jou energieverbruikinligting met jou bure - bespreek julle elektrisiteitsrekenings!

share with neighbours

BRANDSTOFBESPARINGSWENKE
  • Stig indien moontlik saamryklubs.
  • Skakel oor na straalbande omdat hulle minder rollende weerstand bied en langer hou as die kruislaag soort.
  • Moenie ry met bande wat nie styf genoeg gepomp is nie, want banddruk wat te laag is vermeerder nie net verbruik nie, dit laat die band ook aansienlik gouer verweer.
  • Vermy 'n stilhou-en-ry manier van bestuur
  • Trek stadig weg
  • Moenie jaag nie. Hoe vinniger jy ry, hoe meer brandstof gebruik jy.

Bron: Departement van Minerale en Energie

The content on this page was last updated on 6 February 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo