|
|
Die Regering volg 'n voorkeurverkrygingsbeleid. Dit beteken dat die Regering ander faktore buiten prys in ag neem wanneer 'n tender toegeken word. Hierdie faktore word volgens 'n punteformule bereken. Indien u voordeel uit voorkeurpunte wil trek, moet die tersaaklike vorms ingevul word.
Die Wet op die Nasionale Voorkeur-aanskaffingsbeleid omskryf die algemene riglyne wat gevolg moet word wanneer 'n voorkeurbeleid opgestel word. In die Wes-Kaap volg Provinsiale regeringsliggame wat nie 'n voorkeur-aanskaffingsbeleid ontwikkel het nie, die Wes-Kaapse Voorkeur-aanskaffingsbeleid. Die Wet op Openbare Finansiële Bestuur sit die ander algemene reëls uiteen wat die regering moet volg met die uitreik van tenders, en moet gelees word saam met die regulasies. NASIONAAL
Op nasionale vlak sluit voorkeurfaktore die volgende in: PROVINSIAAL
Die punteformule word in WCBD 6.1 beskryf, wat ingevul moet word. (Sien Hoe word tenders toegeken.) Vir tenders onder R500 000, word 'n "80/20"-puntestelsel gebruik. (Dit beteken dat tenders 80% op prys en 20% op punte beoordeel word vir faktore soos histories benadeelde status, eienaarskap deur vroue, ens.) Vir tenders bo R500 000, word 'n "90/10"-stelsel gebruik. Nie al die voorkeurfaktore sal op elke tender van toepassing wees nie. Die tenderdokumente moet aandui watter voorkeurfaktore op jou tender van toepassing is. Hierdie faktore, en hul "WCBD"-vorms, is:
Faktore wat pas ingestel is:
PLAASLIK
Die Stad Kaapstad se Verkrygingsbeleid ishier. |