Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
OVERBERG DISTRICT MUNICIPALITY: OVERVIEW
rounded corner
BEGROTING
rounded corner
 
     
rounded corner
OOP VIR KOMMENTAAR
rounded corner
 



     

OVERBERG DISTRIKSMUNISIPALITEIT

Die Overberg Distriksmunisipaliteit dek:

  • Theewaterskloof
  • Overstrand
  • Kaap Agulhas
  • Swellendam

WAT IS A DISTRIKSMUNISIPALITEIT?

Distriksmunisipaliteite administreer en lê reëls neer vir 'n distrik wat meer as een plaaslike munisipaliteit insluit. Die doel daarmee dat distriksmunisipaliteite en plaaslike munisipaliteite die verantwoordelikheid vir plaaslike bestuur in hul gebiede deel, is om seker te maak dat alle gemeenskappe, veral benadeelde gemeenskappe, gelyke toegang tot hulpbronne en dienste het. Dit sal sommige plaaslike munisipaliteite help wat nie oor die vermoë (finansies, geriewe, personeel of kennis) beskik om dienste aan hul gemeenskappe te lewer nie. Die koste van die bestuur van 'n munisipaliteit word besnoei deur hulpbronne met ander rade te deel. Die 'ryker' gebiede sal die 'armer' gebiede help.

FUNKSIES EN BEVOEGDHEDE

Van die funksies en bevoegdhede van distriksmunisipaliteite behels:

  • beplanning vir ontwikkeling van die hele distriksmunisipaliteit
  • grootmaatvoorsiening van water wat 'n groot aantal munisipaliteite in die distrik raak
  • grootmaatvoorsiening van krag wat 'n groot aantal munisipaliteite in die distrik raak
  • grootmaat-rioolsuiweringswerke en hoofrioolverwydering
  • afvalstortingsterreine vir die hele distriksraadgebied
  • munisipale paaie vir die hele distriksraadgebied
  • regulering van passassiersvervoerdienste
  • munisipale gesondheidsdienste vir die hele gebied
  • brandweerdienste vir die hele gebied
  • beheer van varsproduktemarkte
  • beheer van begraafplase
  • bevordering van plaaslike toerisme vir die hele gebied
  • munisipale openbare werke
The content on this page was last updated on 4 March 2008
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo