Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
RED DOOR SMALL BUSINESS ADVICE CENTRES: OVERVIEW
red door logo collage of business images
WARE ONDERNEMINGS-ONTWIKKELINGSINISIATIEF  (RED) 
rounded corner
HOOGTEPUNTE
rounded corner
 


21 - 23 Augustus 2008

Kleinsakeweek


 
     
rounded corner
RED-DEUR-ADVIESSENTRUMS
rounded corner

 
     
rounded corner
AANLYN SAKEGEREEDSKAPSTEL
rounded corner
 
Die RED-deurprojek is 'n inisiatief van die  KMMO-ontwikkelingsubdirektoraat binne die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme. Die subdirektoraat beoog om die ontwikkeling van kein en/of swart-besitte ondernemings te bevorder.  

WAT IS DIE RED-DEUR?

Die RED-deur is 'n eenstop kantoor vir  nuwe en bestaande ondernemings wat soek na bystand en raad, van die mees basiese tot die mees gesofistikeerde. Ons oogmerk is om:

  • Nuwe ondernemings in alle gebiede te help bou;
  • Bestaande besighede te help versterk en te ontwikkel; en
  • Die eienaarskapbasis van swart ondernemings te verbreed.

RED-deursentrums is maklik om by uit te kom in die meeste groot geneemskappe en dorpe in die Wes-Kaap. Ons praat Afrikaans, Engels en Xhosa en ons kundige, vriendelike personeel sal nou met jou saamwerk om jou onderneming se behoefte te ontleed en dan 'n gepasde aksieplan te ontwikkel. 

HOE KAN DIE RED-DEUR JOU HELP ?

 Ons kan jou help om:

  • 'n Sakeplan te skryf
  • Die swakplekke in jou onderneming uit te ken en reg te maak
  • Toegang te kry tot finansiering
  • Bekostigbare steun te kry van ons netwerk van sakediensverskaffers
  • Rekenmeesters en prokureurs in die hande te kry 
  • Jou sakevernuf te verbeter
  • Leer hoe om aansoek te doen vir en regeringstenders te kry  
  • Uit te vind oor regeringsaanmoedigingskemas
  • Uit te vind oor kliëntverhoudings, bemarking en navorsing
  • Leer oor in- en uitvoer

Ons bied ook geriewe soos:

  • Internettoegang
  • Klein konferensiekamers
  • Volgehoue toegang tot mentors
  • Gemeenskapsentrepreneurskap-uitreikprogramme aan die jeug, vroue, ontluikende boere en   mense met gestremdhede.

BRONNE VIR KLEIN ONDERNEMINGS

  1. Stig Jou Eie Besigheid Werkspak
  2. Steun vir Klein Ondernemings
  3. Sakenetwerkorganisasies
  4. Hoe om te Tender vir Regeringskontrakte

DIE STORIE AGTER RED-DEUR

Oor die wêreld is klein ondernemings 'n groot deel van die ekonomie. In ontwikkelde lande dra klein ondernemings tot 60% tot die BBP by; in Suid-Afrika dra klein ondernemings net omtrent 35% tot die BBP by. Deel van die rede daarvoor is dat in vergelyking met soortgelyke ontwikkelende lande soos Brasilië en Indië, die oorlewingskoers van klein ondernemings in Suid-Afrika laag is. Dieselfde geld vir die vlak van entrepreneurskap.

Kleinsakesteundienste is broodnodig; maar in die verlede was dit dikwels gefragmenteerd. In sommige gebiede was daar baie duplikasie van dienste, terwyl daar in ander gebiede, veral op die platteland, hoegenaamd geen steundienste was nie. Die RED-deur adviessentrums is gestig om steundienste te koördineer en seker te maak dat hulle maklik beskikbaar is, wanneer en waar hulle nodig is.

The content on this page was last updated on 12 August 2008
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo