Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Western Cape Opening of Oudtshoorn Agricultural Training Centre
BY: Cobus Dowry, Provincial Minister of Agriculture
AT: Oudtshoorn
24 February 2006
Ebrahim Rasool and Cobus Dowry at the Opening of the Oudtshoorn Agricultural Training Centre on 24 Feb 2006Premier Rasool and Minister Cobus Dowry at the Outshoorn FET opening on 24 Feb 2006
Geagte Programdirekteur, Premier Rasool, Me Joyene Isaacs waarnemende hoof van die Department van Landbou, ander protokol waargeneem, Dames en Here,

Die aangename taak om u hier by die opening van hierdie wonderlike nuwe fasiliteit welkom te heet, wat aan my opgedra is, doen ek met graagte en met trots.

Met graagte, omdat dit vir ons by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap altyd altyd lekker is om gaste te ontvang en hulle sodoende bloot te stel aan die aktiwiteite van die Departement en omdat mense wat by ons 'n draai maak normaalweg weggaan as ons vriende.

Met trots, omdat ons by Landbou deel is van die Regering van die Wes-Kaap wat daarop ingestel is om n ware tuiste vir al ons mense te skep sodat ons uitvoering kan gee aan die kontrak wat ons met die mense van hierdie provinsie gesluit het om armoede uit te wis en sodoende die kwaliteit van lewe van elke persoon sal verbeter in ons strewe om die ongeregtighede van die verlede uit te wis.

Ons is trots daarop dat ons deel kan wees van 'n regering wat aan mense hoop kan gee vir n beter lewe, hoop kan gee om te breek met die verlede van verknegting, hoop kan gee om ook n eie stukkie grond te besit en hoop kan gee om ook eendag volwaardige boere te wees.

Die ontwikkeling van menslike kapitaal bly een van die sleutel uitdagings in die ontwikkelingsprogram, nie net van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap nie, maar vir die Landbousektor in sy geheel. Die model vir die onwikkeling van Menslike Kapitaal onderskryf die beginsel dat hoe meer opleiding die mens ontvang, hoe meer produktief raak hy en word hy in staat gestel om makliker en vinniger aan te pas by veranderende omstandighede en tegnologiese-ontwikkeling. Dit staan in skrille kontras teenoor diegene wat geen verdere opleiding ontvang nie en gevolglik nie die nodige aanpassings kan maak nie. Dit is dan ook om hierdie rede dat ons as Regering in die Wes-Kaap glo dat die ontwikkeling van ons Menslike Kapitaal 'n beduidende bydrae kan lewer tot die doelwitte van die IKapa Elihlumayo strategie.

Die profiel van die Landbousektor in die Wes-Kaap het vir te lank nog die beeld gehad van stadige verandering en selfs traag om te transformer. Daar is verskeie redes vir die aanvanklike stadige pas van transformasie, wat vir my persoonlik n groot bron van kommer is en waaraan die Ministerie en die Departement die afgelope 22 maande daadweklike aandag gegee het. Van hierdie aspekte is:

  • Onkunde aangaande loopbane in Landbou
  • Wanpersepsies wat op histories diskrimenerende beleid en verhoudinge gebasseer is
  • Beperkte toegang tot Landbougrond met n gepaardgaande hoë risiko faktor en hoë insetkoste en finansiële vereistes.
  • Wanbalans tussen markwaarde en produksievermoë.
  • Aavanklike stadige grondhervormingsproses met beperkte sukses aan die eenkant en hoë verwagtinge en druk vir betekenisvolle volhoubare vestiging van nuwe boere aan die anderkant.
  • Landbou wat by die dag meer tegnolgies gedrewe raak.
  • Mentorskap en die oordrag van vaardighede deur kommersiële boere na nuwe boere.
  • Aanvanklike onvoldoende opleiding vir nuwe toetreders en gevolglike onvermoë om die uitdagings van Landbou te verstaan en te bestuur en dus onafwendbare mislukking tot gevolg het.

To put people on a piece of land and simply leave them with no support is a recipe for disaster. Human capital development and support are therefore key drivers towards transforming farm work to a profession, and agriculture as a sector that will further increase its share in the economy.

It is with this in mind that we have embarked on a program that is aimed at aligning itself with the aspirations of the Freedom Charter in order to give full expression to the wish that the land shall be shared among those who work it!

We all agree that this can only be achieved if we all work together through partnerships that will be of benefit to the people who have suffered for many decades and who are also entitled to share in the wealth of the land

As Minister van Landbou in die provinsie is ek trots daarop om die politieke hoof te wees van 'n span mense wat daartoe verbind is om uitvoering te gee aan die opdrag van die president en die regering om mense bloot te stel aan die seisoen van hoop. Dankie vir u toegewydheid aan hierdie taak.Die opening van hierdie fasiliteit is weereens 'n bewys daarvan.

Daar kan slegs hoop vir die toekoms wees as daar visie vir die toekoms is. Ek glo vir baie jare was daar geen werklike visie wat hoop aan ons mense gegee het nie. Sedert 2004 en onder die leiding van Premier Ebrahim Rasool het die situasie egter drasties verander, want skielik was die ANC regering aan die bewind in die Provinsie en was daar 'n Premier aan die stuur van sake wat 'n visie gehad het om 'n tuiste vir al ons mense in die Wes-Kaap te vestig en wie elke dag daaraan werk om hierdie tuiste uit te bou en te laat groei.

Dit is dan ook daarom, en in die wete dat hy groot waarde heg aan die bydrae wat Landbou in die Wes-Kaap lewer om die tuiste vir almal te bou, dat ons nie gehuiwer he tom hom te vra om hierdie fasiliteit te kom open nie.

Premier ons is dankbaar dat u u weg kon vind om vandag hier te wees en stel u graag nou aan die word .
 
The content on this page was last updated on 7 March 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo