DEPARTMENT OF ARTS AND CULTURE: OVERVIEW
|
OVERVIEW
|
Die rol van die Departement Kuns en Kultuur is om die volgende te verrig:
- om internasionale samewerkingsooreenkomste oor kuns en kultuur te fasiliteer, inisieer en implementeer
- om verteenwoordiging van Suid-Afrikaanse kuns en kultuur in die internasionale arena te verseker
- om erfenis en filmverwante kwessies in die land te bestuur
- om kuns-, kultuur- en erfenisinstellings te bestuur en te administreer
- om kuns-, kultuur- en erfenisfeeste te bevorder
- om informele kunsopvoeding en -opleiding te ondersteun
- om ontwikkeling van en toegang tot die kunste te ondersteun
- om uitnemendheid en volhoubaarheid in die kunste te ondersteun
- om samewerking en netwerke binne die diverse erfenis van Suid-Afrika aan te moedig
- om nasionale argieferfenis te versamel en te bewaar en om toepaslike bestuur en versorging van regeringsrekords te verseker
- om heraldiese dienste te onderneem
- om kulturele nywerhede in vennootskap met die privaatsektor te ontwikkel
- om vertalings- en redigeringsdienste aan nasionale departemente te voorsien
- om inheemse tale te bevorder
- om taalbeplannings- en terminologiedienste te voorsien
- om standaardisering te verseker en advies te gee oor die gepaste gebruik van geografiese name
- om nasionale biblioteke en meta-inligting te bestuur en te beheer.
WEBSITE: www.dac.gov.za |
The content on this page was last updated on 28 November 2005
|
|
Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government |
 |