|
|
Die Wes-Kaapse Museumdiens verskaf steun en professionele dienste aan 28 geaffilieerde museums in die Wes-Kaap.
INLIGTING OOR ONS
Die Museumdiens se doel is om die erfenis van die Wes-Kaap te bewaar en te bevorder deur die geaffilieerde museums Die Museumdiens bestaan uit drie gesentraliseerde afdelings - Bestuur- en Steundiens, Wetenskaplike Diens en Tegniese Diens - wat steun en professionele dienste verskaf aan die 28 geaffilieerde museums in die Provinsie. Die museums sluit vier provinsiale museums, negetien provinsie-gesteunde museums en vyf plaaslike museums in, en dien net minder as 'n miljoen besoekers per jaar. Dié 28 museums vereis uitgebreide dienste van die Museumdiens-eenheid, veral vir navorsing en nuwe uitstallings om die kwessies van transformasie te hanteer. Die sleutel-fokusgebiede vir die eenheid is vir leierskap en leiding:
Die Eenheid verskaf ook steun met die bemarking van verwante museums. Die verskillende komponente van die eenheid verskaf die volgende dienste: Museumsteundiens
Museum-wetenskaplike Diens
Museum-tegniese Diens
DOKUMENTE
REISENDE UITSTALLINGS
Daar is 'n reeks reisende uitstallings wat bespreek kan word by die Museumdiens, waaronder uitstallings oor die Anglo-Boere-oorlog, die VOC, Andrew Abraham Stockenström le Fleur, slawegeskiedenis in die Wes-Kaap, MIV- en vigsbewustheid en die bou van demokrasie. |
||||||||||||||||||||||||
