POLLUTION AND WASTE MANAGEMENT: OVERVIEW
|
OVERVIEW
|
Besoedeling- en afvalbestuur is daarop gemik om programme, projekte, samewerkende bestuur en beleidsmeganismes, maatreëls en besluitondersteuningstelsels te fasiliteer en te ontwikkel met die oog op geïntegreerde besoedeling- en afvalbestuur. Kliënte en bevoordeeldes: - provinsiale regeringsdepartemente
- plaaslike owerhede in die provinsie
- besighede en nywerhede
- nieregeringsorganisasies
- gemeenskapsgebaseerde organisasies
- onderwys: skole en tersiêre inrigtings
- die publiek/gemeenskappe
- nasionale departemente
- georganiseerde arbeid.
Kerndienste aan hierdie kliënte gelewer: - Ontwikkel en implementeer beleid, wetgewing, strategied, standaarde en riglyne oor besoedeling- en afvalbestuur.
- Ondersteun provinsiale en plaaslike owerhede se besoedeling- en afvalbestuurprojekte.
- Ontwikkel bestuursmaatredls om besoedeling- en afvalbestuur in provinsiale en plaaslike regering se beleid, wetgewing, planne, standaarde en riglyne te integreer en daarop uit te brei.
- Vestig inligtingstelsels om die toestand van die omgewing wat betref besoedeling en afval aan te spreek en daarop uit te brei.
- Verskaf inligting aan nasionale departemente om besluitneming te verbeter en om by te dra tot omgewingsverslagdoening.
- Verskaf inligting aan die publiek oor besoedeling- en afvalbestuur.
- Verskaf omgewingsonderrig en -bewusmaking en help met vermoëbou met die oog op besoedeling- en afvalbestuur.
|
The content on this page was last updated on 20 May 2004
|
|
Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government |
 |