| |
 |
HOOGTEPUNTE |
|
| |
|
|
|
| |
|
|
|
| |
|
| |
|
|
|
| |
 |
BLITSSKAKELS |
|
| |
|
|
|
| |
|
|
|
VISIE
Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling se visie word bevat in die visie van die Nasionale Groei- en Ontwikkelingstrategie en die visie van iKapa eliHlumayo.
Die Nasionale Groei- en Ontwikkelingstrategie se Visie is een van 'n Suid-Afrika wat:
- Die leidende opkomende mark en bestemming van keuse vir beleggers is terwyl maatskaplike gelykheid en regverdige arbeidstandaarde behou en uitgebrei word
- 'n Produktiewe ekonomie het met hoë vlakke van diens, 'n hoogs-geskoolde werksmag en moderne stelsels van werksorganisasie en -bestuur.
- 'n Samelewing het waarin daar ekonomiese geleenthede is vir almal, armoede uitgeroei is, ongelykhede in inkomste verminder is en basiese dienste beskikbaar is vir almal.
- 'n Samelewing het waarin ons mense, ons kosbaarste bron, die geleentheid en steun gegee word om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.
- 'n Samelewing het wat die waardes bevorder van maatskaplike billikheid, regverdigheid en menslike waardigheid in die wêreldekonomie.
iKapa eliHlumayo se visie is een van 'n Wes-Kaap wat waardigheid, billikheid en voorspoed bied vir almal wat daar 'n tuiste vind.
In wese is ons Visie een van 'n gedeelde, volhoubare, groeiende, arbeidsabsorberende en wêreldmededingende ekonomie .
Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling het in die lig van die Visie, nasionale beleide, strategië, mandate, die uitkomste van Kabinetslekgotla en toesprake van die President en Nasionale Ministers ondersoek, en dit gekombineer met die Provinsiale politieke imperatiewe van iKapa eliHlumayo.
Hieruit het ons ons begrip van die Departement se opdrag soos volg saamgevat:
- Om die ekonomie op 'n volhoubare manier te laat groei, tot voordeel van almal wat die Wes-Kaap hulle tuiste maak.
- Om werk te skep, veral vir dié wat op die oomblik werkloos is.
- Om eienaarskap van die ekonomie verteenwoordigend te maak van die bevolkingsamestelling van die Provinsie.
- Om die vlakke van deelname aan die ekonomie deur almal te verhoog, veral deur diegene wat voorheen uitgesluit en op die oomblik uitgeskuif is.
- Om inwoners en hulle ondernemings doeltreffende deelnemers aan die wêreldekonomie te maak.
- Om 'n regverdige, doeltreffende en bevorderlike sakeomgewing te skep vir ondernemings en verbruikers.
HOE ONS DIT KAN BEREIK
Om die oogmerke te bereik van iKapa eliHlumayo, moet ons:
- Die staat se bronne gebruik tot voordeel van almal, veral armes.
- Ons ontwikkelingsvennote saambind om 'n enkele stel doelwitte te bereik.
- Die begrotings en planne van al drie vlakke van Regering [binne die vlakke en oor die vlakke] koördineer.
- Alle maatskaplike vennote laat ooreenstem in die werk om 'n Provinsiale Groei- en Ontwikkelingsplan te ontwikkel en in te stel.
- Skeppendheid, toewyding en durf in die Regering koester om die visie tot uitvoer te bring.
Ons Primêre Verantwoordelikheid as 'n Provinsiale Departement is om:
- die Mikro-ekonomiese Ontwikkelingstrategie te ontwikkel, gedurig te verfyn en uit te brei.
- ander Provinsiale Strategië in te lig.
- in die Ekonomie in te gryp om die oogmerke van iKapa eliHlumayo te bereik.
|