Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Kuns in Ondernemingsprojek
OBJECTIVE:
Om die kulturele bedrywe in die Wes-Kaap te bevorder deur plaaslike kunstenaars te steun.
START:
2005
END:
2006
DESCRIPTION:
  rounded corner
DIE WêRELD VAN WERK IN DIE WES-KAAP
Kliek op elke beeld vir fyner besonderhede
rounded corner
    Bock   Erasmus  
    Ernest_200.jpg   Hlati_200.jpg  
    January_200.jpg   Kohli_200.jpg  
    Lupuwana_200.jpg   Magunya_200.jpg  
    Mukhvane_200.jpg   Murtz_200.jpg  
    Mzinzi_200.jpg   Peerboom_200.jpg  
    Peters_200.jpg   Price_200.jpg  
    Raymond_200.jpg   Rhode_200.jpg  
    Siwangaza_200.jpg   Soha_200.jpg  
    Thaysen_200.jpg   Tkawu_200.jpg  
    Vanyaza_200.jpg   Visser_200.jpg  
    Wyngaard_200.jpg  
Besoek vir meer kunswerke deur dié en ander Suid-Afrikaanse kunstenaars www.saart.co.za.
 
Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het die KunsDécor Projek ook bekend as Kuns in Ondernemings, van stapel gestuur om kunstenaars in die Wes-Kaap 'n platform te gee om hulle produkte in 2005 te bemark. Die projek word beskou as 'n belangrike inisiatief in die ontwikkeling van die skeppende kunste en kulturele bedrywe op 'n baie praktiese manier.

Kunstenaars uit die Wes-Kaap moes "Die Wêreld van Werk in die Wes-Kaap" vasvang. Tonele wat oorlewingsondernemings, kleinsake en mense wat in formele organisasies werk uitbeeld, is ingedien.

Die skilderye moes in akriel- of olieverf wees op veselbord of doek en moes 60 cm wyd en 40 cm diep wees. Aansoekers op die kortlys het 'n keuringsproses ondergaan. Die skilderye moes binne twee weke van die datum van aanstelling af voltooi wees.

Die Departement beoog om 'n versameling skilderye oor 'n tydperk op te bou. Besonderhede van die kunstenaars word beskikbaar gemaak om potensiële kopers in staat te stel om die kunstenaars direk te skakel.

Lede van die groep kunstenaars het uitgestal by die Toerismeskou (2005), Kleinsakeweek (2005) en in die KunsteKaap Marmervoorportaal, KunsteKaap, Kaapstad in Maart 2006 tydens die Kaapstadfees. Die Departement het die werke van 20 kunstenaars uit die Wes-Kaap ingeskryf vir POSITIEF 2006.

 

Kommentaar van die Kunstenaars

Velile Soha het van jongs af in kuns belanggestel. Hy het teken, beeldhou, fotografie, skilder, grafiese kuns en kunsgeskiedenis bestudeer. As 'n voltydse kunstenaar is Velile se werk uitgestal op verskeie solo- en groepuitstallings in Suid-Afrika, Namibië, Amerika en Europa. "My doel is om ander gemeenskappe te wys hoe my mense lewe," sê Velile.

Robert Thembinkosi van Zwelethemba in Worcester het in 1980 die skone kunste bestudeer. Hy het plaaslik en internasionaal uitgestal. Robert skryf ook poësie en kortverhale. "Ek skilder muurpanele, baniere en kennisgewingsborde en leer die kinders van Zwelethemba (die geheime) van die skone kunste," sê Robert.

Raymond Lawrence is van Arniston. Hy is nie gevorm deur formele kunsopleiding nie en het plaaslike tonele begin teken terwyl hy nog op skool was. "Ek skilder Kassiesbaai en ander tonele net uit geheue, eerder as om op die toneel te wees," sê hy.

SPONSORED BY:
Department of Economic Development and Tourism (Provincial Government of the Western Cape)
The content on this page was last updated on 12 June 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo