Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
DEPARTMENT OF COMMUNITY SAFETY: OVERVIEW

Die Departement van Gemeenskapsveiligheid voorsien 'n toekoms waarin die inwoners van die Wes-Kaap verlos is van die vrees vir misdaad.

Sommige bedrywighede waarby die Departement betrokke is, is:

VERKEERSBESTUUR

Die Departement van Gemeenskapsveiligheid het Verkeersbestuur by die Departement van Vervoer oorgeneem. Deur middel van hierdie wetstoepassingsagentskap kan die Departement misdaad op ons paaie bestry en streef na die skepping van 'n veiliger omgewing. Die Departement is daartoe verbind om padveiligheid en bewussyn van verkeersveiligheid te verhoog.

MISDAADVOORKOMING

Hands off our children campaign
Verskeie instellings het al erkenning verleen aan ie Departement se pogings om gemeenskappe teen die euwel van kindermishandeling te mobiliseer en om misdaadvoorkomingstrukture wat hiermee te make het, te koördineer.

BEDRYFSTEUN

Die Departement verleen ook bedryfsteun deur middel van opleiding aan munisipale polisiebeamptes, bystand aan die skema vir gemeenskapspatrolliebeamptes en die akkreditering en opleiding van buurtwagte.

BURGERLIKE TOESIG

Photograph of police officers attending a workshop
Die Departement se funksie van burgerlike toesig om die verbetering van dienslewering in die SA Polisiediens te verseker en om die Provinsie se polisiëringsbehoeftes en -prioriteite te bepaal geniet hoë voorrang en pogings om die betrokke direktoraat te versterk, is reeds goedgekeur.

INLIGTINGSENTRUM OOR GEMEENSKAPSVEILIGHEID

Die Departement het ook 'n Inligtingsentrum oor Gemeenskapsveiligheid tot stand gebring om inligting oor misdaad en padongelukke in te samel en te ontleed ten einde te help met die opstel van bedryfsplanne. Hierdie planne gaan uitgevoer word om 'n veiliger omgewing mee te bring.

The content on this page was last updated on 15 September 2008
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo