Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
GOVERNMENT COMMUNICATION AND INFORMATION SYSTEM (GCIS): OVERVIEW

Die RKIS voorsien leierskap in regeringskommunikasie en verseker dat die publiek ingelig is oor die regering se uitoefening van sy mandaat.

Die RKIS is gesetel in die Presidensie en is verantwoordelik vir die opstelling van die nuwe Regeringskommunikasiestelsel en die transformering van die kommunikasiefunksies in die regering. Die hoof uitvoerende beampte van die RKIS is die amptelike spreekbuis vir die regering en woon kabinetsvergaderings by met die oog op dienslewering.

Die RKIS is primêr verantwoordelik vir die kommunikasie tussen die regering en die mense. 'n Hoë prys word gestel op die ontwikkeling van kommunikasie wat die klem laat val op direkte dialoog, veral met mense in benadeelde gebiede. Die RKIS is betrokke by die opstel van kommunikasiestrategieë en -programme vir die hele regering op nasionale vlak, asook vir die integrering van die kommunikasiebedrywighede van alle staatsdepartemente.


WEBSITE: www.gcis.gov.za
The content on this page was last updated on 27 January 2005
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo