Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
DEPARTMENT OF ARTS AND CULTURE: OVERVIEW

Die rol van die Departement Kuns en Kultuur is om die volgende te verrig:

  • om internasionale samewerkingsooreenkomste oor kuns en kultuur te fasiliteer, inisieer en implementeer
  • om verteenwoordiging van Suid-Afrikaanse kuns en kultuur in die internasionale arena te verseker
  • om erfenis en filmverwante kwessies in die land te bestuur
  • om kuns-, kultuur- en erfenisinstellings te bestuur en te administreer
  • om kuns-, kultuur- en erfenisfeeste te bevorder
  • om informele kunsopvoeding en -opleiding te ondersteun
  • om ontwikkeling van en toegang tot die kunste te ondersteun
  • om uitnemendheid en volhoubaarheid in die kunste te ondersteun
  • om samewerking en netwerke binne die diverse erfenis van Suid-Afrika aan te moedig
  • om nasionale argieferfenis te versamel en te bewaar en om toepaslike bestuur en versorging van regeringsrekords te verseker
  • om heraldiese dienste te onderneem
  • om kulturele nywerhede in vennootskap met die privaatsektor te ontwikkel
  • om vertalings- en redigeringsdienste aan nasionale departemente te voorsien
  • om inheemse tale te bevorder
  • om taalbeplannings- en terminologiedienste te voorsien
  • om standaardisering te verseker en advies te gee oor die gepaste gebruik van geografiese name
  • om nasionale biblioteke en meta-inligting te bestuur en te beheer.


WEBSITE: www.dac.gov.za
The content on this page was last updated on 28 November 2005
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo