|
|
Die doel van die Departement van Openbare Ondernemings is om die versnelde herstrukturering van ondernemings in staatsbesit te lei en te bestuur om die waarde vir aandeelhouers te optimaliseer. Die Departement het ses programme: Program 1: Bestuur en Administrasie Hierdie program is verantwoordelik vir die oorkoepelende leiding en bestuur van die Departement en die Ministerie. Dit omvat die Ministerie, die Kantoor van die Direkteur-Generaal, Kommunikasie, die Interne Ouditeenheid, Finansiële Bestuur en die Hoofdirektoraat Korporatiewe Dienste. Program 2(a): Herstrukturering van Ondernemings in Staatsbesit Die program ontwikkel en implementeer die herstruktureringsprogram om die Regering se ekonomiese en maatskaplike doelwitte te bereik. Dit bevat die eenhede Energie en Telekommunikasie, Vervoer, Finansiële Modellering en Risiko-analise, Verdediging en Regsdienste. Program 2(b): AOA-Kantoor Die kantoor van die Aanvanklike Openbare Aanbod is verantwoordelik vir die formulering en bestuur van die implementering en uitvoer van regeringsbesluite betreffende die notering van ondernemings in staatsbesit op die binnelandse en internasionale aandelebeurse. Program 3(a): Prestasiemonitering en Normbepaling Hierdie program is verantwoordelik vir die monitering en evaluering van die finansiële, sosio-ekonomiese en nie-finansiële prestasie van ondernemings in staatsbesit, sowel as vir die bevordering van die beste prestasiebestuurspraktyke om die aandeelhouer se waarde deur verbeterde korporatiewe staatsbestuurstrukture te verhoog. Program 3(b): Strategiese Analise Die doel van hierdie program is om strategiese beleidsraamwerke te ontwikkel en sektorstrategieë en ekonomiese kwessies te analiseer ten einde versnelde herstrukturering van ondernemings in staatsbesit moontlik te maak. Program 4: Alternatiewe Dienslewering Die doel van hierdie program is om die dienslewering in die versnelde herstrukturering van ondernemings in staatsbesit deur alternatiewe diensleweringstrategieë te optimaliseer. Die Departement is verantwoordelik vir ses ondernemings in staatsbesit, naamlik:
WEBSITE: www.dpe.gov.za |