|
|
Die Departement van Openbare Werke is verantwoordelik daarvoor dat die nasionale departemente 'n beboude omgewing het wat voldoen aan hul finansiële, tegniese en maatskaplike vereistes. Die Departement voldoen hieraan deur die verskaffing, ontwikkeling en instandhouding van akkommodasie vir dié departemente. Ook word staatsgrond verkry en vervreem en die Staat se eiendomsportefeulje word bestuur en in stand gehou. Die Departement is ook verantwoordelik vir die implementering van die Nasionale Openbarewerke-program op die volgende wyses:
Deur die Gemeenskapsgebaseerde Openbarewerke-program bevorder die Departement eienaarskap van vaste eiendomme vir voorheen benadeelde persone en bevorder opkomende kontrakteurs deur voorheen benadeelde kontrakteurs geleenthede te bied om te tender vir instandhoudingskontrakte. WEBSITE: www.publicworks.gov.za |