DEPARTMENT OF SCIENCE AND TECHNOLOGY: OVERVIEW
|
OVERVIEW
|
Die Departement van Wetenskap en Tegnologie beoog om die ontwikkeling van wetenskap en tegnologie te bevorder deur die bemagtigingsmeganisme van die Nasionale Stelsel van Innovering (NSI). Dit is 'n poging om maatreëIs in te stel wat wetenskap en tegnologie in werking sal stel ten einde 'n impak te hę op volhoubare groei en ontwikkeling op gebiede wat vir al die mense van Suid-Afrika belangrik is.
Die Departement se doelwitte is die volgende:
- om die rol van Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie (WIT)-instellings in die Nasionale Stelsel van Innovering te optimaliseer
- om openbare bewustheid, waardering, kritiese evaluering en begrip vir WIT te bevorder
- om die rol van die privaatsektor in die NSI te versterk
- om die instelling van nuwe institusionele infrastruktuur te bestuur
- om samewerking met die wyer navorsingsgemeenskap te bevorder
- om vennootskappe en samewerking tussen Suid-Afrika se navorsingsgemeenskap en die internasionale wetenskap- en tegnologiegemeenskap te bevorder
- om Suid-Afrika se WIT-bevoegdhede węreldwyd bekend te stel en te bemark
- om die gehalte en diepte van statistiese inligting oor WIT te verbeter
- om toegang tot en benutting van inligting as 'n strategiese bron te bevorder
- om inligtingsgeletterdheid te bevorder om sodoende wetenskapsgeletterdheid in die hand te werk
Die Departement se aktiwiteite sluit programme op die volgende gebiede in:
- wetenskap en die samelewing
- tegnologiese ontwikkeling
- biotegnologie
- bilaterale samewerking
- multilaterale samewerking
- inheemse kennis
- inligtingsgemeenskap
WEBSITE: www.dst.gov.za |
The content on this page was last updated on 4 February 2005
|
|
Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government |
 |