SPORT AND RECREATION SOUTH AFRICA: OVERVIEW
|
OVERVIEW
|
Die doel van Sport en Ontspanning Suid-Afrika is om die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners te verbeter deur die bevordering van deelname aan sport en ontspanning in die land en deur die deelname van Suid-Afrikaanse sportpersone en -spanne aan internasionale sportgeleenthede.
Die Departement se doelwitte is die volgende:
- om die vlak van deelname aan sport en ontspanningsaktiwiteite te vermeerder
- om die sportprofiel te verhoog ten spyte van botsende prioriteite
- om die moontlikheid van sukses by belangrike byeenkomste te optimaliseer
- om sport op die voorgrond as 'n teenvoeter vir misdaad te plaas.
Die Departement se prioriteite is die volgende:
- om rolle te bevestig en die verantwoordelikhede van die onderskeie belanghebbendes in sport en ontspanning so vaartbelyn te maak dat die bereiking van koördinering en skaalbesparings verseker word
- om fondse beskikbaar te stel vir die skep of opgradering van basiese, veeldoelige sportfasiliteite in agtergeblewe gebiede
- om menslike bronnepotensiaal te ontwikkel wat nodig is vir die effektiewe bestuur van sport en ontspanning in Suid-Afrika
- om die gemeenskap te motiveer om aktiewe lewenstyle te ontwikkel en om diegene met talent te kanaliseer na die mededingende sportgebiede
- om 'n hoëprestasieprogram te ontwikkel wat gerig is op die voorbereiding van elite-atlete vir belangrike kompetisies
- om te verseker dat alle sport- en ontspanningsliggame hul regstellende aksiedoelwitte bereik
- om 'n etiese gedragskode vir sport en ontspanning in Suid-Afrika op te stel
- om 'n beleid ten opsigte van internasionale betrekkinge, in oorleg met nasionale regeringsbeleid, op te stel
WEBSITE: www.srsa.gov.za |
The content on this page was last updated on 15 December 2003
|
|
Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government |
 |