Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
INDEPENDENT COMPLAINTS DIRECTORATE: OVERVIEW

Die doel van die Onafhanklike Klagtedirektoraat is om klagtes oor wangedrag en kriminaliteit na bewering gepleeg deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Munisipale Polisiedienste te ondersoek, en om hervorming voor te stel ten einde die voorkoms van gedrag wat aanleiding gee tot sulke klagtes te verminder.

Die Direktoraat is verantwoordelik vir die bevordering van behoorlike polisiegedrag om sodoende 'n Suid-Afrikaanse Polisiediens te ontwikkel na die letter en na die gees van die Grondwet. Die OKD wil openbare vertroue in die pogings van die SAPD en die OKD ontwikkel om ongepaste polisieoptrede te verhoed, en wil ook die kriminele vervolging van daardie lede wat by kriminele optrede betrokke was, fasiliteer.

Die OKD hanteer klagtes of bewerings wat verband hou met die volgende:

  • sterftes in polisiebewaring of wat die gevolg van polisieoptrede is
  • polisiebetrokkenheid in kriminele aktiwiteite soos roof, diefstal van motorvoertuie en aanranding
  • polisieoptrede of gedrag wat deur die Polisieregulasies verbied word, soos pligsversuim


WEBSITE: www.icd.gov.za
The content on this page was last updated on 23 October 2003
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo