Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
DEPARTMENT OF HEALTH: OVERVIEW

INLIGTING OOR DIE DEPARTEMENT

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid bied pasiënte ‘n paslike, bekostigbare gesondheidsorgdiens.

Om die gehalte van gesondheidsorg vir almal in die Wes-Kaap te verbeter, is die Departement van Gesondheid toegewy aan ‘n langtermyn strategiese plan, met die naam Gesondheidsorg 2010. Die doel met die plan is om openbare gesondheidsdienste te hervorm en klem te plaas op dienste op primêre vlak, gemeenskap-gebaseerde sorg en voorkomende sorg.

Die Provinsiale Gesondheiddepartement is een van die grootste departemente in die provinsie en ontvang 27,9% (R5,7-duisend-miljoen) van die provinsiale begroting. Talle inwoners van die Wes-Kaap het nie gesondheidsversekering nie en die meeste mense (66%) woon in die Kaapse Metropool (in en om Kaapstad). Daar is elke jaar ongeveer 12-miljoen besoeke aan Primêre Gesondheidsgeriewe in die provinsie en ongeveer 2,5m binne-pasiënte dae in ons hospitale.

SAKE WAT KOMMER WEK

Die provinsie ondervind tans 'n drieledige siektelas, naamlik

  • Aansteeklike siektes, soos Tuberkulose en MIV en Vigs;
  • Chroniese siektes soos Diabetes Mellitus, Hoë Bloeddruk, Asma en Geestesongesteldheid en;
  • ‘n Hoë trauma- en noodgevallelas.

VLAGSKIPPROJEKTE

Die Voorkoming van Ma-na-Kind Oordrag van MIV (VMNKO) is een van die vlagskipprogramme van die Wes-Kaap. Teen Maart 2003 het die Departement van Gesondheid volle beskikbaarstelling bereik van die program aan al 25 distrikte, en alle swanger vroue wat openbare sektor swangerskapdienste gebruik, het toegang tot die VMNKO-program.

DIENSTE

Dienste word verskaf by ‘n reeks geriewe in al vier streke van die provinsie.

 

rounded corner
GESONDHEIDSGELEENTHEDE
rounded corner
 

Februarie is SonSlimbewustheidsmaand
Diarreefokusmaand, en
Reproduktiewe Gesondheidsmaand

Ander gesondheidsgebeure in Februarie

 
     
   
     
rounded corner
GESONDHEIDSONDERWERPE
 
     
rounded corner
GESONDHEIDSGERIEWE
rounded corner
   
   
   
   
   
     
   
Getal Geriewe

Streek

Tipe Boland Metro S-Kaap Weskus Totaal
Sentrale Hospitaal   3     3
Kliniek 55 88 48 40 231
Gemeenskapsgesondheidsentrum 3 43 9 4 59
Distrikshospitaal 7 3 6 6 22
Vroedvrou-verloskundige Eenheid   12     12
Mobiele Diens 30 6 35 37 108
Provinsiaal-gesteunde Hospitale   7 5 2 14
Psigiatriese Hospitaal   4     4
Streekshospitaal 1 5 1 1 8
Reproduktiewe Gesondheidsdiens   10     10
Satellietkliniek   13 1 34 48
Gespesialiseerde Hospitaal   2     2
TB 1 1   2 4
Groottotaal 97 197 106 126 526
The content on this page was last updated on 2 February 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo