| English | | | Afrikaans | | | Malunga | | | Qhagamshelana | | | Uncedo | | | Funa nzulu | |
INKCAZELO: |
![]() DIE BESKERMING VAN ONS MARIENE BRONNE Die Wet op Mariene Lewende Bronne lê klem daarop dat al die natuurlike mariene lewende bronne van Suid-Afrika en die omgewing waarin hulle leef, 'n nasionale bate en die erfenis van al Suid-Afrika se mense is. Die wet beheer visvangste en help so ons mariene bronne beskerm. Die Wet probeer ook beheer wie toegang tot mariene bronne het om te verseker dat dié bronne regverdig versprei word. Kragtens die wet moet jy betaal vir die reg om mariene bronne te ontgin. Die geld wat met lisensies en permitte ingesamel word, word gebruik vir navorsing oor en die beskerming van die bronne. Kragtens die wet geld verskillende beheermaatreëls:
HANDELS-LYNVISVANGREGTE In 2000 was daar 'n noodtoestand in die lynvisbedryf omdat daar bepaal is dat 'n aantal lynvisbronne ineengestort het. Die Minister van Omgewingsake en Toerisme het bepaal dat die aantal vaartuie en bemanning beperk sou word tot hoogstens 450 vaartuie en 3 450 bemanningslede. Handelsvisvangregte is aan voltydse lynvissers toegeken wat vir hulle voortbestaan van lynvisvang afhanklik is. As gevolg daarvan is 376 visvangregte (2 148 bemanningslede) toegeken. In totaal sal visvangregte aan 450 vaartuie toegeken word. Die Departement se toekenning van regte sal die werksgeleenthede van 3 450 bemanningslede verseker. Werkgewers in die lynvisbedryf moet nou aan arbeidswette voldoen en sekuriteit vir lynvissers verskaf. Mense aan wie regte toegeken is kan sonder beperking snoek en talle ander lynvisspesies vang, waarvan die meeste onderworpe is aan streng sakbeperkings. Na nog ondersoeke en samesprekings, sal vrystellings om lynvis te vang aan vaartuie wat in die verlede met tradisionele visdorpies verbind is, toegeken word. ONTSPANNINGS-VISVANGPERMITTE Ontspannings- en kus-lynvisvang word tans deur streng sakbeperkings beheer, wat ons lynvisbronne beskerm deur te keer dat mense te veel vis vang. Dié soort visvangste sal in die toekoms streng volgens die sakbeperkings beheer word. Alle kategorië van ontspanningsvissers moet kragtens die Wet op Mariene Lewende Bronne van 1998 (Wet 18 van 1998) ontspanning-visvangpermitte hê. Dié permitte kan landwyd by Poskatore verkry word en kos R50 vir hengelpermitte en R65 vir perlemoen, kreef, visjag en ander permitte. Permitte is 'n jaar lank van die dag van uitreiking geldig, behalwe as die permitte vir spesies is wat net binne die seisoen gevang kan word. Dié tipe permitte verval aan die einde van die seisoen. Jou permit en identiteitsdokument moet wanneer jy visvang altyd by jou wees. Jy mag nie vis wat jy met 'n ontspanningspermit gevang het, verkoop nie. |
IMIYALELO: |
Vir verdere inligting kontak 021 402 3911. |
|
ICANDELO LIKARHULUMENTE:
|
Isebe Lemicimbi Yendalo Nocwangciso Lophuhliso (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa) |
