| English | | | Afrikaans | | | Malunga | | | Qhagamshelana | | | Uncedo | | | Funa nzulu | |
INKCAZELO: |
![]() Jy kan jou laat registreer as jy nuut is in die bedryf of as jy 'n gids is wie se registrasie verval het. Voor jy jou kan laat registreer, moet jy toergidsopleiding ondergaan deur 'n geakkrediteerde opleidingsorganisasie. As jy 'n ongeregistreerde gids of 'n voormalige SATOER-gids is wat jou nog nie onder die nuwe stelsel laat registreer het nie, moet jy met een van die amptelike opleiers/assessors in verbinding tree, wat jou sal beoordeel. Jy kan dan die Toergidsregistrasiekantoor van die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Wes-Kaap, skakel om jou registrasie as 'n amptelike toergids te voltooi. |
|
IMIYALELO: |
Basiese stappe vir registrasie as 'n toergids in die Wes-Kaap: Kry opleiding as 'n toergids van enige geakkrediteerde opleier. 'n Volle lys Opleiders en Assessors is beskikbaar op die THETA (Toerisme, Gasvryheid en Sportonderwys en -Opleidinggesag-webwerf www.theta.org.za of jy kan navraag doen by die Toergidsregistrasiekantoor. Wanneer die opleiding voltooi is, moet jy jou laat registreer by die Toergidsregistrasiekantoor van die Wes-Kaapse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, waar 'n unieke toergidsnommer (WK-nommer), toergidskenteken en ID-kaart aan jou uitgereik sal word.
Kassierskantoor: Nadat jy opgelei, beoordeel en geregistreer is, sal jy jouself as toergids moet bemark deur toeroperateurs vir werk te nader.
Noxolo Ntenetya (Waarnemende Registrateur: Toergidse) Navrae oor ID-kaarte of -kentekens - Anne Pedrito Navrae oor die herregistrasieproses en kennisgewing van adresverandering of kontakbesonderhede - Linah Maqashu Navrae of kommentaar op die nuusbrief - Ferhaana Allie |
|
ICANDELO LIKARHULUMENTE:
|
Tourist Guide Registration (Department of Economic Development and Tourism, Provincial Government of the Western Cape) |
