Die doel van die beurse is om dit moontlik vir voorheen benadeelde munisipale amptenare te maak vir tersiëre studies in Ontwikkelingsbestuur.
Dit is met trots dat ek kan aankondig dat die eerste beurs vir deeltydse studie in MPHIL in Volhoubare Ontwikkeling toegeken is aan mnr Ralph Links van die Sentraal Karoo Distriksmunisipaliteit. Mnr Links het reeds sy beurs opgeneem en met studies gedurende Februarie 2004 begin. Hierdie inisiatief is deel van 'n departementele program om vaardighede te kweek in ontwikkelingsgerigte studies in die sfeer van plaaslike regering.
Dit is in ons gesamentlike belang dat voorheen benadeelde munisipale amptenare die nodige opleiding kry en om hulle toe te rus met die nodige vaardighede tot voordeel van plaaslike regering in die Wes-Kaap. Met hierdie tipe van intervensies om demografiese verteenwoordiging te bereik, soos beurse vir verdere tersiëre studies en uitgebreide sertifikaat opleidingskursusse, spesifiek gemik op senior bestuur by munisipaliteite, met 'n fokus op vroue amptenare op middel/senior vlak, munisipale bestuur leerlingbeamptes, en potensiële munisipale leerlingbeamptes, het die Departement van Plaaslike Regering die verantwoordelikheid geneem om te verseker dat die doel bereik word.
Dit is deel van ons gesamentlike pogings en word ook gereflekteer in my Ministerie en die Departement se visie, naamlik, "Ontwikkelingsgerigte plaaslike regering deur Vennootskappe en mede-verantwoordelikheid."

Navrae:
Jan Bosman083-7755-312